kategorieë: Sukses en geld

10 Spaarwenke vir die Feesseisoen

Die Feesseisoen is om die draai en dit beteken jy moet Kersgeskenke koop en ekstra (duur) uitgawes aangaan. Jy hoef jouself egter nie in die rooi te koop nie, volg net ons 10 wenke en begin 2013 op die regte, skuldvrye, noot:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

# Moenie toelaat dat advertensie- en bemarkingsveldtogte jou boelie nie. Uitstekende advertensies word spesifiek ontwerp om verbruikers te manipuleer om meer geld tydens die Feesseisoen te spandeer. Pasop daarvoor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

# Vermy dit om by winkels te koop wat ’n beperkte terugkeerbeleid bied. Jy wil in staat wees om produkte terug te gee as jy sou wou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

# Vergelyk winkelpryse voordat jy gaan inkopies doen. Kyk uit vir koerantadvertensies en pryse, en gebruik ook webblaaie soos pricecheck.co.za

# Werk uit wat jou maandelikse paaiement op jou kredietsaldo sal wees. Onthou om rente by te voeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

# Moet nooit geld leen om skuld af te betaal nie.

# Wees eerlik met jouself en jou familie oor hoeveel jy kan bekostig om oor die Feesseisoen te spandeer. Hou hierdie geld eenkant sodat jy nie oorspandeer nie.

# In plaas daarvan om jou bonus op luukshede tydens die vakansie te spandeer, hou dit eenkant om addisionele uitgawes in Januarie te dek.

# As jy besluit om in Desember vir ’n lening aansoek te doen, wees eerlik tydens die bekostigbaarheidassessering. Neem al jou lenings en uitgawes in ag.

# Wees versigtig vir advertensies wat “goedkoop” korttermynversekering met geen kredietwaardigheidstoetse aanbied. Hierdie tipe besighede kan dalk woekeraars wees wat op baie hoë rentekoerse aandring en nie deur die Nasionale Kredietreguleerder gereguleer word nie.

# In plaas daarvan om rente op skuld te betaal, spaar eerder ’n ekstra geldjie en verdien rente. Met verloop van tyd sal die bedrag styg wat sal veroorsaak dat jy in ’n beter finansiële posisie is.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.