80 ml (1⁄3 k) goeie kitskoffie koffiebone om mee te versier
Instructions
1 Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit. 2 Sif die koekmeel en mielieblom saam in ’n groot mengbak. 3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by. 4 Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n 2 cm-stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat. 5 Druk ’n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas. 6 Voorverhit die oond tot 160 °C. 7 Bak vir 25 min tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.