Klere
1. Hou net klere in jou kaste en laaie vir die seisoen. Pak die ander weg vir ses maande om ’n warboel te vermy.
2. Gebruik mooi bokse (soos dié wat jy kry in skryfbehoefte- of handwerk-winkels) en verdeel items in jou kaste en laaie: gordels in een, sokkies in ’n ander, sykouse in ’n ander.
3. Skei rakke en hang-spasie deur die klere te verdeel in werk, gemaklik en elegant.
4. Gebruik skoenrakke en sakke wat hang om skoene te organiseer. Dit neem min ruimte.
5. Skroef hakies aan die binnekant van kasdeure vas vir halssnoere en oorbelle.
Lees ook: Maak ’n inventaris van jou klerekas
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Leefareas
6. Hou ’n mandjie op ’n tafel in die sitkamer om jou afstandbeheer-toestelle in te plaas.
7. Hou speelgoed in mandjies in alle leefvertrekke sodat kinders altyd iets het om mee te speel en ’n plek het om dit weg te pak.
8. Koop ’n veeldoelige muurprop en plaas dit in ’n geskikte plek waar alle fone, tablette en kameras gelaai kan word (jy sal nooit na geskikte muurproppe hoef te soek nie).
9. Plaas ’n houer naby die voordeur vir pos tot jy tyd het om dit te sorteer.
10. Plaas ’n krat naby die voordeur waar jou gesin vuil skoene kan sit sodat dit nie matte of teëls beskadig nie.
Lees ook: Maak die meeste van klein leefspasies
Badkamers
11. Belê in ’n stel geweefde mandjie-laaie vir jou badkamer – een vir elke gesinslid se toiletware. Hou een laai oop vir toiletpapier en lug-verfrissers.
12. Plak ’n magnetiese strook in jou badkamerkassie of teen die muur vir skêre en knyptangetjies.
13. As jy nie genoeg ruimte het nie, rol handdoeke op en plaas dit in ’n mandjie in die hoek van die badkamer.
14. Gebruik ’n tydskrif-rak vir leesstof en gooi ou tydskrifte weg.
15. Installeer stort-rakke vir skeermesse, seep en sjampoe om te vermy dat dit op die vloer gepak word.
Lees ook: Wat jy moet weet voordat jy jou badkamer opknap
Lees ook: Organiseer jou klerekas so
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.