Maak dit jou taak vir hierdie naweek en pak jou kas reg!
As jy nie kan besluit of jy ’n kledingstuk moet hou, en of jy daarvan ontslae moet raak nie, vra jouself die volgende sewe vrae en kyk hoe jy dan voel:
1. Pas dit nog?
2. Ek ek dit in die afgelope 12 maande gedra?
3. Sal ek dit weer dra?
4. Pas dit by my persoonlike styl?
5. Sal ek regtig tyd maak om enige gate, skeure, verlore knope of vlekke aan die kledingstuk reg te maak?
6. As ek hierdie kledingstuk nou in ’n winkel moet sien, sal ek dit weer koop?
7. Het ek selfvertroue wanneer ek hierdie kledingstuk dra?
As jy ’nee’ op die meeste van hierdie vrae geantwoord het, is die besluit so te sê vir jou gemaak en kan jy dan met ’n geruste hart die kledingstuk afsien.
As die lus ’n groter probleem as die besluit is, stel ons voor dat jy inspirasie kry! Kyk net na hierdie oulike sosiale media-rekeninge wat spesifiek op skoon, netjiese klerekaste fokus.
Instagram: World Closets. Klik hier
Pinterest: Verskeie pinterest-borde. Klik hier
Facebook: Organize. Klik hier
As die groot werk eindelik verby is, hou jou klerekas in orde met hierdie oulike toeps vir Android-fone.
Stylicious, lees meer daaroor hier
Polyvore, beoek hulle webtuiste hier
Closet Space, loer na dit hier