kategorieë: Ontspanning

16 plekke wat jy nié mag besoek nie

Snake Island

Nommer 16 op die lys van plekke wat jy nie mag besoek nie, is Snake Island. Die eiland staan eintlik bekend as IIha da Queimada Grande en is geleë aan die kus van Brasilië in die Atlantiese Oseaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al sou jy ’n eiland vol slange wou besoek, kan jy ongelukkig nie, want dit is heeltemal verbode vir die publiek hoofsaaklik vir die feit dat dit van kant tot wal gepak is met slange. Daar is oral maklik tussen een tot vyf slange per vierkante meter met die meeste van hulle wat dodelik giftig is. Die Brasiliaanse Navy het almal verbied om die eiland te besoek behalwe as hulle geskrewe toelating het vir wetenskaplike navorsing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eiland is ook die enigste tuiste van die baie bedreigde, giftige Bothrops insularis (Golden Lanchead Pit Viper) wat ’n dieet van voëls volg. Die slange was op die eiland vasgekeer toe die stygende seevlak die grond bedek het wat die eiland met die land verbind. Dus moes die slange vinnig aanpas vir lewe op die eiland en het hulle só in getalle gegroei dat dit gevaarlik geraak het vir mense om besoek daarheen af te lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cheyenne Mountain

Die Cheyenne Mountain-kompleks is geleë in Colorado en dien as ’n militêre instellasie en kern-bunker. Die kompleks is 610 m diep in die granietberg ingebou en is 2 hektaar groot. Daar word geglo dat dit ’n kernontploffing kan weerstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vyftien geboue (elk drie verdiepings hoog) is ook beskerm teen aardbewings en ontploffings as gevolg van ’n sisteem van groot ‘springs’ waarop dit gebou is. Daar is ook buigbare pypverbindings om die effek van beweging te beperk. ’n Totaal van meer as 1 000 ‘springs’ is ontwerp om te keer dat enige van die 15 geboue meer as een duim skuif. Die kompleks is die enigste bekende fasiliteit in die Departement van Verdediging wat in staat is om ’n elektromagnetiese puls teen te werk.

Coca-Cola-resep

Twaalfde op die lys is die Coca-Cola-resep se kluis wat geleë is in Atlanta, Georgia. Die resep van die geheime stroop, wat gebruik word om die baie gewilde koeldrank Coca-Cola te maak, word veilig in hierdie kluis gestoor. Die resep moet goed bewaak word omdat dit juis die mees ikoniese drankie in die Amerikaanse kultuur is. Die resep stel 125 jaar van geskiedenis, spesiale oomblikke en herinneringe voor. Daar word beweer dat slegs twee of drie Coca-Cola-personeellede die ware resep ken en dat die kluis ontwerp is om die waarheid agter die stroop weg te steek.

Jy kan wel deesdae die legendariese “huis” van die Coca-Cola-resep gaan besoek, maar slegs ’n handjievol mense het al die binnekant van die kluis gesien.

Room 39

Dis nou nie asof almal ewe gewillig is om Noord Korea te besoek nie, maar nommer ses op die lys is Room 39 en dit is daar geleë. Sou jy wel ’n draai wou maak, gaan jy vreeslik sukkel, want die presiese ligging is onbekend. Dit is ’n geheime Noord Koreaanse-organisasie wat maniere soek om die buitelandse valuta ‘slush fund’ instand te hou vir die land se leiers (aanvanklik Kim II-sung en daarna Kim Jong-il en Kim Jong-un.)

Room 39 is in die 1970’s deur Kim II-sung gestig. Die oorsprong van die naam is tot vandag toe onbekend.

Dit is ’n gerugte hoofkwartier waar die land se ondergrondse aktiwiteite (swart mark) beheer word. Hulle is waarskynlik in beheer van die versameling van buitelandse valuta op enige moontlike manier. Niemand weet presies nie, maar daar word gereken dat dit goed soos dwelms, vervalste geld en kernwapens insluit.

Area 51

Eerste op die lys is Area 51!

Daar is geen ander plek op aarde (waarvan ons weet) wat só ’n groot geheim soos dié plek is nie, maar terselfdertyd is dit ook alombekend. Dit is geleë in die Nevada Test and Training Range en die regering het eers onlangs sy ontstaan bekend gemaak nadat hulle dit jare lank ontken het.

Die basis se huidige doel is onbekend, maar daar word beweer (gebaseer op historiese bewyse) dat dit waarskynlik die ontwikkeling van vliegtuie en wapenstelsels (black projects) ondersteun. Die intense geheimhouding rondom die basis het al gesorg dat dit gereeld die onderwerp in baie samesweringsteorieë is en ook ’n sentrale komponent van onidentifiseerbare vlieënde voorwerpe (UFO’s). Daar is bewegingsmelders en termiese hitte-verklikkers rondom die woestyn geplant en sal enige iemand optel wat naby die fasiliteit wil kom.

Kyk gerus na die Youtube-video om die res van die lys te sien:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.