kategorieë: KalenderOntspanning

Laat die Paasfees-jagtog begin!

Die park se toelatingsfooie beloop R50 vir grootmense, R35 vir pensioenarisse, R60 vir kinders en R120 vir ’n VIP Full Rider-pakket wat die bekende Paasfees-jagtog insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kinders sal in drie verskillende ouderdomsgroepe verdeel word en sal dan die taak gegee word om heerlike, soet en kleurvolle lekkernye, wat heimlik in die speelpark versteek is, te vind. Lekker aktiwiteite sluit ’n besoek deur die Paashaas in en ook vermaak deur ’n magiese towenaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die speelpark spog met ’n kleurvolle en interessante binnenshuise- en buite-speelarea vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 10 jaar. Dit is gevul met struikelblokke, glybane, opvoedkundige borde en uitdagings om die aandagspan aan die gang te hou terwyl daar genoeg kanse gegun word om hul kreatiwiteit uit te leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom kuier by Bugz Speelpark om die vakansie op ’n hoogtepunt te eindig! Maak seker jy is voor 11uur die oggend daar om nie op die feestelike Paasfees-jagtog uit te mis nie.

Vir meer inligting, kontak party@bugz.co.za of 021 988 8836.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.