kategorieë: Ons menseBekendes

20 jaar later: Christina Storm, Elana van Zyl en Zanne Stapelberg

Christina Storm, voormalige model en entrepreneur

Christina was in nege skole, versprei oor Suid-Afrika, voor sy na Amsterdam verhuis het. “Ek kom uit ’n ongewone gesin. My pa, ’n diplomaat, was die grootste rebel ooit; my stiefpa, ’n digter en boeddhis, en my ma is steeds ’n regte gypsy. My ma en pa is perdfris en aktief – ek het sulke goeie gene geërf!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Christina het onder meer in Tokio, New York, Parys, Milaan, Miami, Londen, en Duitsland gewoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het aan geen sport deelgeneem sedert sy haar skoolloopbaan in 1992 voltooi het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Christina en haar man, Paul Nel, se dogters Ruby en Erin (albei 13) verjaar net 5 dae uitmekaar. “Die meeste tieners haat in ’n stadium hul ma. My stiefsus wat vier seuns het, het my verseker dis normaal.”

“Paul is aartskonserwatief, maar my ma sê vir my is almal aartskonserwatief.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is gemaklik daarmee dat kleintjies ’n ruk lank by hul ouers slaap. Paul slaap op die punt van die dubbelbed, dan Evie, dan ek, en Vincent is in die cot langs my.”

“Kate Moss het baie deure vir my en ander korter modelle oopgemaak.”

“Om ’n supermodel te word moet jy nie net mooi wees nie maar ook weet hoe om jou loopbaan te bou. You must be hungry enough. En jy moet onthou daar is tien ander modelle wat jou kan vervang. Ek was baie toegewyd en professioneel in my werk, nooit laat nie, en sonder ’n attitude. Ek het myself nie belangriker beskou as die fotograwe en ander betrokkenes nie; ons was ’n span wat ’n produk moes verkoop. Op stel het ek toerusting help ronddra. Wanneer ek uitgestap het, was daar wel baie keer ’n limousine wat wag.”

Christina se dogter, Ruby, wil modelwerk doen. “Sy het reeds ’n agent, maar ek is eintlik daarteen gekant. Dis die most evil industry ever. Dit gaan jou maak of breek. Maar Ruby love dit – sy het soveel selfvertroue, dis amazing!”

Volg Christina se mode-vlog hier

Elana van Zyl Meyer, voormalige atleet en sportpromotor

Elana woon op Stellenbosch en beskou haar “tweede huwelik met twee ongelooflike kinders, Christopher (10) en Ené (7) Jansen van Rensburg, as die grootste geskenke of medaljes in my lewe! My familie lê my baie na aan die hart.”

Op 50 het Elana steeds groot drome:

“Om my kinders  en familie onvoorwaardelik lief te hê, en hulle te ondersteun en hulle die geleentheid te gee om hul eie spore in die lewe te trap en hul potensiaal te bereik.

“Om die Kaapstad Marathon tot ’n Major Marathon vir Afrika te help uitbou.

“Om deur my akademie, Endurocad, jong, talentvolle middelafstand- en marathonatlete te help ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik. Ek het die geleentheid gehad om my sportdroom uit te leef, ek het ongelooflike ondervindings gehad en mense ontmoet – maar ek weet ook dat dit baie harde werk en toewyding verg. Ek wil die rykdom van my ervaring in sport gebruik om ander te bemagtig.”

“Ek het geen regrets nie”

“Ek het geen regrets nie. Daar is vlakke waarop my drome nie uitgewerk het nie, maar vir my is die lewe soos ’n boek met ’n klomp verskillende hoofstukke, en ek sien die ‘mislukkings’ as nog hoofstukke in my boek.”

Elana se lewensmotto is: “Live life to the full – lewe voluit en neem verantwoordelikheid vir dit wat jy wil hê. Live the life you have imagined!”

Elana tree gereeld as spreker op ter bevordering van die Kaapstad Marathon, “en as motiveringspreker deel ek my  loopbaanstorie wat oor drie dekades gestrek het.” Meer inligting by endurocad.co.za

Zanne Stapelberg De Lange, operasangeres

“As jong sangeres was ek baie idealisties en voortvarend. Ek het sonskyn, sterre en blinkers in my oë gehad! Die blinkers het my ongelukkig blind gemaak vir baie dinge in die lewe. Ek het gedink ek kon trou, kinders kry én ’n loopbaan hê sonder enige spoedhobbels in die pad. Die realiteit is dat ’n sangloopbaan en gesinslewe nie noodwendig hand aan hand gaan nie. My ouers het my gewaarsku, maar as jy 20 is, weet jy mos alles en kan niemand jou iets leer nie.

“Ek het wonderlike loopbaanhoogtepunte gehad. Ek het baie gereis en saam met ongelooflike kunstenaars opgetree. My loopbaan was ryker as wat ek ooit sou kon droom. Ek het egter te hard gewerk en tyd met familie en vriende verloor wat ek nie weer sal terugkry nie. Maar ek glo nie in wroeg nie, en het einde 2015 besluit om heelwat af te skaal sodat ek in die eerste plek ’n eggenoot en ma kan wees.

“Ek glo nie in wroeg nie”

“Wanneer ek tog vir werk moet weggaan, is my wonderlike ouers Adri en Heleen, my skoonpa Johan, Katinka se peetma Leanne, en Esther, ons Zimbabwe-engel wat by ons werk, altyd daar om te help. Soos wat Alexander, Maja en Katinka ouer word, sal ek weer meer sing, maar vir nou is my grootste rol dié van eggenoot en ma.

“Ek is die beskermvrou van Magdalenahuis, ’n beradingssentrum vir meisies met krisisswangerskappe in Boston, Belville. Ons behartig ook aannemings en herkomsnavrae. Ons het ’n wonderlike dagsorgprogram, The First Thousand Days of Life, waar die meisies leer om ’n gesonde selfbeeld te vorm, om te sien na hul babatjies, hulself te beskerm teen die mans wat hulle mishandel en te leer dat hulle liefde werd is. Van hulle is so bitterlik jonk, ons jongste nog maar elf jaar oud. Die sentrum bestaan al 115 jaar en het deur die jare al meer as 5 000 meisies gehelp. Dit het my lewe verander.”

Op 18 November 2017 tree Zanne en Minette Du Toit Pearce by Rhebokskloof op ten bate van Magdalenahuis. Meer inligting by elsa@magdalena.org.za of 071 151 3670.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.