kategorieë: Ons menseBekendes

Dis tyd vir Mooimaak

Dis moeilik om te glo een van Suid-Afrika se mooiste bekendes is so vriendelik en doodgewoon soos die pragtige Clare Wiese-Wentzel, maar glo dit gerus, want dis hoe sy grootgemaak is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al is haar pa, Christo Wiese, een van die rykste mense in Suid-Afrika, was die Wiese-kinders se kinderjare doodgewoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons was in gewone skole, want my ouers het ons nie grootgemaak met die idee dat ons spesiaal of beter as ander mense is nie. My ma, Caro, het nie enige diskriminasie geduld nie. Wanneer ons ’n verjaarsdagpartytjie hou, het sy daarop aangedring dat elke enkele kind in die klas genooi word. Van my laerskoolmaats is vandag steeds van my beste vriende.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Clare oor haar lewe gesels, kom jy agter dat sy uit ’n hegte gesin sonder fieterjasies kom. Kleintyd het die Wieses in ’n “relatief klein bungalow” in Clifton gebly, en sy en haar sussie het jare lank ’n kamer gedeel. “Dit was regtig baie spesiale tye. Die huisie is intussen platgeslaan, maar my ma het ’n groot liefde vir daardie kaalvoet-leefstyl by ons gekweek. Sy wou niks van ’n groot, spoggerige huis weet nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“My ma wou niks van ’n groot, spoggerige huis weet nie”

Haar ouers het ook nie daaraan geglo om hul spruite aan kinderversorgers oor te laat nie. “Hulle was baie betrokke by elke aspek van ons grootwordjare. Maak nie saak hoe besig my pa was nie, my ma het seker gemaak dat hy elke eisteddfod, skoolgeselligheid en sportdag bywoon. Albei het ons aangemoedig om ons doelwitte op ons eie te bereik, of dit nou kultuur of akademie was. Hulle wou by ons ’n onafhanklike selfvertroue kweek – ons moes ’n eie identiteit hê.”

Dat dit gewerk het, is duidelik, want aan selfvertroue, eie prestasies en selfdissipline skiet Clare nie tekort nie. “Ek het van graad twee tot matriek klavierlesse geneem, en dit het my ook dissipline, harde werk en uithouvermoë geleer. As kind wil jy mos eerder saam met jou vriende op die strand speel as om agter die klavier te sit en toonlere oefen.”

Ná skool het sy joernalistiek in Londen gaan studeer en in een van haar lang universiteitsvakansies as intern by Marie Claire gaan werk. Ná haar graad was sy ’n jaar of wat junior joernalis by House & Leisure voordat sy terug is universiteit toe vir ’n LL.B.

“Dis wat ek oorspronklik wou gaan swot het – ek wou altyd ’n prokureur word.” Sy het ’n ruk as prokureur gewerk, maar toe byt die sakegogga, en sy begin ’n eksklusiewe juweliersware-onderneming, Sloane & Madison. Deesdae is sy bekend vir Paka Paka, ’n reeks juweliersware wat op die oorsese mark gerig is (en wat al in Vogue, W en op die voorblad van AdWeek gepryk het).

“Dit was wonderlik dat niemand die juwele gekies het oor wie my pa is nie. Amerika is so mededingend, en om te weet my handelsmerk word raakgesien danksy die ontwerp, was ’n groot mylpaal. Ek en Ida Elsje, die hoofontwerper en ook ’n goeie vriendin, het langer as ’n jaar gewerk om die versameling presies reg te kry.” Dis hoe sy is, erken Clare. “Wanneer ek iets aanpak, plaas ek baie druk op myself. Ek is iets van ’n perfeksionis en het ’n byna irriterende oog vir detail.”

Clare het ook ’n baie suksesvolle leefstylblog, The Global Critic. Hier skryf sy oor alles na aan haar hart, van skoonheid en gesondheid tot kos, mode, spiritualiteit en verhoudings.

“My blog is een van my groot passies, en ek was verstom oor die positiewe reaksie daarop.”

Sy sal nooit net by die huis kan rondsit nie. “Ek is mal oor joga en luilekkermiddagetes en inkopies doen, maar om nét dit te doen, sal my erg verveel. Ek sal ’n baie ongelukkige, onvervulde mens wees as my lewe net daaruit moet bestaan. Daarvoor het ek gans te veel drome en ambisie. My pa het altyd gesê ’n mens moet rigting hê. Jy moet doelwitte stel, jouself uitdaag om nog meer te bereik en elke dag met ’n doel aanpak.”

“My pa het altyd gesê ’n mens moet rigting hê. Jy moet doelwitte stel, jouself uitdaag om nog meer te bereik en elke dag met ’n doel aanpak.”

Mooimaak, haar “oormaakprogram” op kykNET, laat haar van oor tot oor glimlag, ondanks die lang ure wat aan verfilming bestee het. Om TV-aanbieder te wees was een van haar “wildste loopbaandrome”, sê sy laggend. “Ek was mal oor Oprah Winfrey en Ellen de Generes en die manier waarop hulle stories gedeel, mense geïnspireer en lewens verander het.”

En al was die Mooimaak-konsep hare en al het sy die meeste borge en al die kenners daarvoor genader, moes sy steeds ’n oudisie aflê om die aanbieder te wees. “KykNET weet dat die gehoor baie gou moeg sal raak vir ’n vervelige aanbieder.”

As sy ’n gunstelingberoep moet kies uit alles wat sy al gedoen het, is televisiewerk boaan haar lysie. “As dit in God se plan is vir my om dalk ’n loopbaan uit televisiewerk te maak, sal ek baie dankbaar wees.”

Lees meer oor Mooimaak hier

Foto: Gerda Genis vir kykNET

Clare by die huis

Clare is in 2016 met Marco Wentzel, ’n voormalige kaptein van die Haaie, getroud. Wat het haar na hom aangetrek? “Dit was vir my baie belangrik dat my man ook ’n Christen moet wees en my geestelike waardes moet deel. My geloof is vir my baie belangrik.

Ek wou iemand hê wat hardwerkend en familievas is, en ambisieus. Dit is hy alles. Ons is albei mal oor mense en oor lag en kuier. Marco laat my meer as enigiemand anders lag, en is baie charismaties. Hy laat hom ook nie intimideer nie, en is sterk en baie geanker.” En, verklap sy, die aantreklike donkerkop kom maak ook ’n draai in een van die episodes van Mooimaak!

Hul huis, wat oor Clifton se Vierde Strand uitkyk, is haar gunstelingplek op aarde. Dis hier waar sy en Marco op hul lekkerste kuier en onthaal.

Hoe ontspan sy? “Dis nogal ’n goeie vraag! Ontspanning is nie juis my sterk punt nie! Maar ek glo lag, oefening, meditasie, gesond eet en skryf is goed vir my. En tyd saam met my hond Kimbey, ’n Maltese boomer, is altyd wonderlik! My pa terg altyd dat Kimbey eintlik sy baas is. Ek is beslis haar persoonlike assistent!”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.