kategorieë: Gesondheid

2015 se GROOT dinge om te doen

1 Plant ’n hele woud skoolbome

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Australië is al land wat ons met velkankers klop. Hul Kankervereniging het ’n vernuftige skema om skoolkinders te beskerm: skole ding mee om ’n toelaag vir koeltebome.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

UVB is die skadelikste van die sonstrale maar ’n boom met ’n lekker digte blarekop bied uitstekende beskerming, en is heerlike speel- en kuierplekke. Klouter en klim verbeter spierkoördinasie en kan help met balvaardighede teen ons ou aartsvyand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

By ons is selfdoen of ’n eie borg die enigste opsie. Watter bome sal by ons werk?

Stodels-kwekery beveel die immergroen kareewilg (Rhus pendulina) en die groot Natalse mahonie (Trichilia emetica, rooi essenhout) aan. Hulle is inheems, waterwys en groei vinnig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar kan maar min kinders onder een boom speel. Omsoom die skool met bome.

2 Word ’n beenmurg-skenker

Die twee kankers wat Suid-Afrikaanse kinders kry, is limfoom (een uit elke vyf kankerpasiëntjies) en leukemie (een uit elke vier pasiënt-jies). Vir albei is ’n murgskenking die laaste hoop op herstel, maar ons het te min beenmurgskenkers.

“Beenmurg moet by die pasiëntjie pas, want net soos verskillende bloedgroepe, is daar verskillende beenmurgsoorte. Waar daar net vier bloedgroepe is, is daar letterlik honderde weefseltipes, wat ’n pasmaat so skaars maak,” verduidelik dr. Dominique Stott van PPS Finansiële en Mediese Dienste.

Die 65 000 name op ons beenmurgregister klink baie, maar dit is glad nie, sê Romy Saitowitz, skakelbeampte van die SA Beenmurgregister.

“Die kans dat ek en jy sal pas, is een uit honderdduisend. As jy of jou kind beenmurg nodig het, is daar na alle waarskynlikheid nie eens één op daardie lys wat by jou pas nie.

“Die meerderheid van ons skenkers – 75% – kom van oorsee, en meestal van Duitsland. Dit skep ’n logistieke nagmerrie om ons eie kinders te help.

“Voor oorplanting word die pasiënt se eie beenmurgselle vernietig. Daarsonder kan hy ’n skamele 72 uur oorleef. Ons het net hierdie paar ure vir die hele proses. Daarby, volgens internasionale reëls, moet lewende weefsel persoonlik gekoerier word. Ek moes al beenmurg in Thailand gaan haal.

“Dit het beteken ek moes die skenker se behandeling, sy skenking, my vlug soontoe, die terugvlug en die ontvanger se operasie alles in drie dae inpas. Daar is nie regstreekse vlugte nie en ek moes oorklim, op elke lughawe my spesiale vrag verklaar, seker maak dit word nêrens aan x-strale blootgestel nie en heeltyd oor my kosbare pakkie waak.

“Dinge moet deurentyd seepglad verloop, want gestel ’n vliegtuig word vertraag en die tyd loop uit, sterf jou pasiënt. Ek was tot in my murg moeg, máár ons het dit reggekry.

“Pasmaats is wêreldwyd skaars en daarom werk al 67 beenmurgregisters wêreldwyd saam, met 24 miljoen mense op ons onderskeie lyste.

“En tog het ek vandag hier by my ’n dierbare seuntjie, en niemand, nêrens in die hele wêreld, het geskikte beenmurg vir hom nie. As ons niks in die volgende paar weke kry nie, sit ons met ’n baie hartseer verloop. Iemand iewers moet nommerpas wees. As ons net geweet het wié.”

Dalk is jý die énigste een in ons hele land wat kan help …

“Die skenkers se warm, vrygewige reaksie is my vir elke keer ’n heerlike inspirasie. As ek bel, sê hulle sonder uitsondering iets soos ‘ek wag al so lank vir hierdie dag’ of ‘ja, natuurlik sal ek kom help’.

Is die skenking seer?
“Glad nie. Die ou dae van ’n naald in die been is verby. Vandag is dit niks anders as ’n doodgewone bloedskenking nie. Dit is niks ongemakliker as dit nie.

“Jy drink een dosis natuurlike groeifaktor vyf dae voor die skenking sodat jy ekstra beenmurgselle kan maak. Op die dag van die oorplanting kom jy in en skenk bloed. Die beenmurgstamselle word daaruit geoes, waarna die bloed terug na die skenker getap word. Die hele proses duur vier tot ses uur, en dit kos jou nie ’n sent nie.”

Wat kan makliker wees as om iets te gee waarvan jy in elk geval oorgenoeg het?

Die maklikste een

Registreer sommer nou dadelik met jou slimfoon as beenmurgskenker en klop jouself op die skouer omdat jy minstens een voorneme uitgevoer het.

– Gaan na www.sunflowerfund.org.za
– Registreer
– Hulle sal jou kontak en sê by watter patologiepraktyk jy ’n bloedmonster moet laat neem
– Dit word gebruik om jou weefseltipe te bepaal, en dit kom saam met jou naam op die SA Beenmurgregister
– Sodra iemand by jou pas, word jy gevra of jy steeds sal skenk
– Jy gaan vir ’n mediese ondersoek om seker te maak jy is gesond
– Jou weefsel word finaal getipeer, waarvoor jy weer ’n bloedmonster laat neem
– Dan neem die Beenmurgregister oor en reël die skenking
– Jy moet tussen 18 en 45 wees
– Dit kos jou niks

3 Skenk borsmelk

Skenk wát?

Jy het reg gelees. Borsmelk.

Dit is in groot aanvraag om die talle vroeggebore babas te red, vertel Terran Gericke van die SA Breastmilk Reserve*.

“Vier uit elke vyf vroeggebore babas wat sterf, sterf weens entero-kolitis, ’n infeksie wat hulle opdoen wanneer hulle kunsmatig gevoed word. Borsmelk kan hierdie kleine mensies red.”

Maar borsmelk is skaars. Volgens die SABR kry net sewe uit elke honderd vroue dit reg om werklik suksesvol te borsvoed. Baie ma’s, veral dié met MIV/vigs, kan nie borsvoed nie, of is te siek, of het met die geboorte gesterf.

Dit is waar jy ter sprake kom. As jy vanjaar ’n baba gaan hê, kan jy gerus dit oorweeg – veral as dit jou tweede enetjie is en jy weet dit kom vir jou natuurlik.

Buiten daardie genoegdoening omdat jy as vrou ’n lewetjie kan koester, het dit twee groot voordele: Borsvoeding verbrand al die ekstra swangerskapvetjies. En dan sê die Wêreldgesondheidsorganisasie borsvoeding verlaag jou kankerrisiko’s lewenslank.

* Lees by www.sabr.org.za hoe om melk te skenk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

17 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

17 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

17 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

18 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.