kategorieë: KalenderOntspanning

2017 Boekejol en Filmrolfees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die 2017 Boekejol en Filmrolfees word onder die tema “Kort-Kort” aangebied wat die belofte inhou dat besoekers kort-kort geleentheid gaan kry vir saamkuier, debatteer, lag en oordenking. Besoekers vanoor die land kan verwag om verras te word deur die kreatiwiteit van die verhoogproduksies en die prikkelende, en somtyds sensitiewe aktualiteitsgesprekke wat onderwerpe insluit uit ’n breë spektrum oor byvoorbeeld geskiedenis, transformasie, kultuurverskille en finansies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Afrikaanse boeke en skrywers geniet weereens prominensie op die program. Daar is egter ’n opwindende nuwe toevoeging tot die feesprogram op Vrydag, 18 Augustus wanneer Engelse skrywers en boeke ingesluit word. Die toevoeging bied geleentheid vir wyer deelname tussen taal – en kultuurgroepe heen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die fees skop af met ’n gesellige Kronkelkuier waar gaste ontspan met mooi musiek en smul aan heerlike geregte voor die aanvang van ’n wye verskeidenheid aanloklike geleenthede. Die program sluit onder meer in:

  • ’n radio-omroepers werkswinkel
  • die honderdste verjaardagviering van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
  • talle nuwe boeke vir die jeug
  • digitale fotovertonings
  • gespreksforums waaraan die publiek met mening kan deelneem
  • geleentheid vir belangstellendes om skrywers by te staan met stories skryf

Kundiges soos Tim du Plessis, Pieter Geldenhuys, Coenie de Villiers, Cobus Bester en Bettina Wyngaard sal aktuele gesprekke en boekbesprekings lei. Musikale vermaak word gebied deur kunstenaars soos Gloria Bosman, Hemelbesem, Kevin Leo en Anna Davel. Besoekers kan uitsien om skrywers soos Etienne van Heerden, Helen Zille, Dana Snyman en Thandeka Gqubule te ontmoet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besoek www.boekejol.co.za vir meer inligting oor die fees.

Klik hier vir die volledige feesprogram.

Etienne van Heerden
Thandeka Gqubule
Coenie de Villiers
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

19 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.