kategorieë: KalenderOntspanning

Kyk Dirty Dancing by Cinema Nouveau op Valentynsdag

Kyk Dirty Dancing by Cinema Nouveau op Valentynsdag. Foto verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie Valentynsdag bring Cinema Nouveau een van die mees geliefde klassieke liefdesverhale terug skerm toe. Jy kan nou vir die spesiale vertonings van Dirty Dancing op 14 Februarie 2019 bespreek. Fliekgangers kry ’n verwelkomingsdrankie voor hulle hul aan nostalgie oorgee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommige flieks laat ’n merk op mense se harte lank nadat dit op die skerm gedebuteer het. Dirty Dancing is so ’n fliek. Romanse, dans en ’n onweerstaanbare klankbaan het kykgehore na die flieks laat stroom in 1987. Dit was ’n treffer!

Dirty Dancing vertel die storie van ’n jong vrou genaamd Baby, wat ontsnap van die beperkinge van haar oorbeskermende familie. Sy vind liefde en ervaar die lewe en sosiale onregverdigheid as haar gesin na ’n vakansie-oord gaan. Sy raak halsoorkop verlief op Johnny, ’n dansinstrukteur, gespeel deur ’n jong Patrick Swayze. Hy leer Baby, gespeel deur Jennifer Grey, om te dans. Sy leer hom op haar beurt om ’n beter mens te wees …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie die vertonings by Cinema Nouveau misloop nie: Rosebank, Johannesburg, die V&A Waterfront in Kaapstad, Brooklyn, Pretoria en Gateway in Kwazulu-Natal. Die fliek begin om 20:00 en verwelkomingsdrankies word vanaf 19:00 bedien.

Bespreek kaartjies by www.sterkinekor.com of laai die SK-toepassing af. Volg Ster Kinekor op twitter @sterkinekor of @nouveaubuzz. Bel Ticketline by 0861 movies (668 437)

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.