kategorieë: Ontspanning

27Boxes: Van skip tot stad

Dié sentrum bestaan uit sowat 80 skeepshouers wat in meer as 100 winkels omskep is. Dié innoverende projek is deur die konstruksiefirma, Citiq, onderneem wat die idee vanaf soortgelyke sentrums in Engeland en Frankryk gekry het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die atmosfeer sorg vir ’n luilekker gevoel wat beslis by dié omgewing pas. Daar is ’n verskeidenheid vakmanswinkels om van te kies, waarvan die meerderheid op die kulinêre kunste fokus. Terwyl jy rustig aan ’n koppie tuisgemaakte koffie teug kan jy op ’n warrelwind wêreldtoer gaan deur Indiese kerrie by Currie in a Box te geniet voor jy ’n Italiaanse dis by Piera koop en dit met ’n Franse makrolletjie van Camilla’s Macaroons afsluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoewel daar talle ander kosverwante winkels is, maak dié sentrum nie net vir kosliefhebbers voorsiening nie. Die verskeie kunsgalerye, ontwerpersklereboetieks en selfs ’n fietswinkel sorg dat daar iets vir almal is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is ook ’n speelpark vir die kleingoed en ’n buitelug-amfiteater waar musiek gespeel word. Indien jy van plan is om die sentrum oor ’n naweek te besoek, kan jy na ’n impromptu naweekmark uitsien! Boonop is die sentrum sentraal geleë en net ’n klipgooi van ander plaaslike restaurante en winkels af.

Doen jouself ’n guns en gaan maak ’n draai by dié byderwetse winkelsentrum en deel jou ervaring met ons in die kommentaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Goed om te weet:

  • Die winkelsentrum is tans op Maandae toe weens deurlopende konstruksie.
  • Van Dinsdae tot Saterdae is dit wel van 09:00 tot 17:00 oop en Sondae van 09:00 tot 14:00.
  • Daar is ’n onderdak parkeerarea wat 24-uur toeganklik is.
  • Besoek gerus hul webblad vir meer inligting: www.27boxes.co.za/
  • Adres: 75 Derde Laan, Melville, Johannesburg.


Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.