kategorieë: WenkeVelsorg

Kry die perfekte onderlaag-skakering

Vraag
Hoe weet ek watter skakering onderlaag by my veltipe pas? Ek toets ’n skakering op my hand, maar wanneer ek dit aan my gesig smeer, is dit ’n ander kleur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Antwoord
Die Kaapse grimeerkunstenaar, Marlinette Newman, gee raad: “Onderlaag moet altyd op jou gesig getoets word omdat die kleur en die PH-vlakke van ons hande nie altyd dieselfde as ons gesig is nie. Gewoonlik word dit langs die kakebeen getoets, maar ek stel voor dat jy dit op jou voorkop asook op jou ken toets. Vra die skoonheidsassistent by ’n kosmetiese afdeling om die onderlaag oor jou hele gesig aan te wend, dra dan die onderlaag vir ongeveer twee ure om te sien of daar enige verandering in kleur is (as gevolg van PH-vlakke). Kyk in natuurlike lig of die kleur verander het omdat dit vir jou die beste indikasie sal gee. As jy nie gemaklik voel om dit in die winkel aan te wend nie, vra vir ’n toetsgrootte botteltjie/houertjie om saam te neem huis toe. Ongelukkig is dit harde werk om die perfekte onderlaag te vind, maar dit is altyd die moeite werd as jy die regte skakering gekry het!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons sê
Besoek ’n Estée Lauder-toonbank om jou perfekte skakering te vind, die personeel by die toonbank sal ’n “iMatch” op jou uitoefen om die perfekte skakering vir jou gelaat te vind. Jy neem dan ’n toetsgrootte botteltjie gratis huis toe om vir 7 tot 10 dae te gebruik en koop dan eers jou vol botteltjie as jy tevrede is met die skakering en gevoel daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.