kategorieë: ReisOntspanning

6 Maniere om gemakliker te reis

6 Maniere om gemakliker te reis deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/monkeybusinessimages

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Reis lig

Ma’s is geneig om hul handsakke te oorlaai met alles vir elke moontlike krisis – wat 99% van die tyd nooit opduik nie.

’n Swaar sak oor jou skouer trek jou postuur skeef, laat jou klere lelik sit en kan rug-, nek- en skouerpyn veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Pak die sak uit!

iStock/Halfpoint

Lees ook: 8 pakwenke vir jou vakansie

2 Steun jou rug

Skeef en krom sit, lei tot pyn in jou rug, nek en skouers.

Stel jou motorsitplek so dat jou rug gemaklik reguit is, dalk met ’n kussinkie of rugstut in jou lae rug.

Stel jou nekstut dat die middel van jou agterkop gemaklik daarteen leun.

iStock/deepblue4you

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

3 Sit lekker langbeen

Hoe meer uitgestrek jou bene is, hoe beter vir jou bloedsomloop.

iStock/Scottshotz

Lees ook: 2 dinge wat jy oor jou kar, grensposte en versekering moet weet

4 Rek en rol

Dit is heerlik ontspannend om jou spiere saam te trek en te ontspan. Begin by jou hande en bal jou vuiste; trek dan jou voorarms styf saam en daarna jou skouers en nek. Ontspan nou van jou nek af terug tot by jou vingers, en strek daarna jou arms en rug. Doen dieselfde met jou been-, boud- en maagspiere. Rol ook jou skouers en nek.

iStock/izusek

Lees ook: Reis só met jou baba

5 Drink meer water

Lugreëling dor jou vel uit. Pak ’n botteltjie water vir elkeen in die motor in.

#rrWenk: Jy is op koers as jy ’n 500 ml-bottel water uitdrink vir elke vier uur op die pad.

iStock/seb_ra

Lees ook: Eet en drink só wanneer jy reis

6 Geniet die kokontydjie

Hoeveel keer per jaar kry jy tyd om regtig net saam met jou geliefdes te wees? Gesels oor die lekker ou dae, oor elkeen se drome, speel karkrieket en luister na mekaar se musiek. Dit is baie lekkerder as om te skel en te stres oor ander padgebruikers, die padtoestand en die politiek.

iStock/Solovyova

Lees ook: Vakansiewenke vir ouers met jong kinders

Maak die meeste van jou vakansiedae in 2019

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.