kategorieë: VelsorgSkoonheid

6 Redes hoekom jou vel slegter mag lyk gedurende inperking

6 Redes hoekom jou vel slegter mag lyk gedurende inperking deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: iStock/jeffbergen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Geen roetine

Tydens inperking is die meeste van ons se roetines daarmee heen. Jy trek dalk eers na middagete jou pajamas uit (of glad nie) en daarmee saam is ons velsorgroetine ook in sy maai.

Al het jy elke dag ‘pj-dag’, probeer jou velsorgroetine konstant hou, by twee keer per dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 20 Beste wenke vir masker vel

2. Die fout van geen grimering = geen gesigwas

Jy dink omdat jy geen grimering deur die drag dra nie, jy nie jou gesig hoef te was nie. Jou gesig word egter steeds aan vuiligheid, sweet en besoedeling blootgestel. As jy dit nie afwas nie, gaan sit jou nagroom bloot bo-op hierdie vuiligheid.

3. Te veel skermtyd in die bed

Jy vraatkyk dalk deur die nag daardie reeks op Netflix of Showmax op jou skootrekenaar in die bed, of kyk aanhoudend nuus op jou slimfoon of tablet. Al hierdie skerms straal blou lig uit. Daglig bestaan grootliks uit blou lig en daarom gooi die gedurige blootstelling aan blou lig saans ons sirkadiese ritmes deurmekaar.

Dit veroorsaak dat ons nie genoeg nie of sleg slaap. Jou vel het genoegsame slaap nodig (nie minder as ses ure nie, maar ook nie meer as 12 ure nie).

Jou vel maak nuwe selle en skei die menslike groeihormoon (wat deur baie as die ‘fontein van jonkbly’ beskou word) af terwyl jy slaap. As jy nie genoeg slaap nie, of slegs onderbroke slaap het, versteur jy die afskeiding van hierdie hormoon. Sommige dermatoloë meen dat blou lig-uitstraling ook tot pigmentasie en aknee kan lei.

Verminder jou skermtyd, veral voordat jy gaan slaap. En sit jou skerm op ‘night mode’ sodat dit warm lig uitstraal saans.

4. Jy gebruik bestanddele wat nie saam gebruik behoort te word nie.

So in jou ‘regpak’ fase het jy jou skoonheidsprodukte reggepak, en dalk ’n paar halfgebruikte produkte ontdek wat jy nou wil opgebruik.

Jy vergeet dalk of weet nie dat daar sekere bestanddele daarin is wat jy nie saam behoort te gebruik nie.

Retinol en Vitamiene C

Kaapse dermatoloog dr. Ian Webster (en eienaar van dermastore.co.za) beveel aan dat jy nie retinol en vitamien C op dieselfde tyd van die dag moet gebruik nie. Gebruik jou retinol saans en jou vitamien C soggens. Onthou ook as jy retinol begin gebruik, moet jy dit bietjie vir bietjie begin gebruik. Begin deur dit net elke tweede aand of derde aand te gebruik en gebruik dit dan geleidelik meer.

Retinol en Retinol

Retinol en retinol; gebruik net een produk wat retinol bevat anders is die konsentrasie retinol dalk te hoog en veroorsaak velirritasie.

5. Spannning

Hetsy dit Covid-19 of finansiële spanning is, meeste van ons is by tye baie meer gespanne as gewoonlik. Spanning veroorsaak dat veltoestande soos psoriase en ekseem vererger. As hierdie toestande opvlam, staak enige ‘ekstras soos serums of produkte met aktiewe bestanddele en gaan terug na die basiese; was jou vel met ’n reiniger wat sagkens werk (sonder enige seep of sodium laurel sulphate) en fokus daarop om jou vel goed te hidreer.

Hierdie veltoestande word gewoonlik veroorsaak deurdat die vel se sperfunksie beskadig is, en deur jou vel te bevogtig, help jy om die sperfunksie te herstel. Die sperfunksie help om te keer dat skadelike stowwe jou vel binnedring en dat vog ontsnap.

Spanning kan ook veroorsaak dat jou vel meer hormone, soos kortisol, vervaardig. ’n Oormaat kortisol kan veroorsaak dat jou oliekliere meer olie vervaardig en puisies veroorsaak.

Verlig spanning só

Oefening: Verlig spanning deur oefening; al stap jy net ’n paar keer vinnig om die blok gedurende ons oefentyd. Die flou wintersonlig en vitamien D is ook voordelig vir jou vel, want dit help jou vel om te herstel.

Asemhalingstegnieke: Probeer asemhalings- of meditasietegnieke of joga.

Maak tyd vir jouself: Skakel af van tegnologie. Bad, lees ’n boek of luister na musiek.

6.‘Fattening’ die kurwe

Jip, trooskos is beslis ’n gunsteling-tydverdryf. En ons veroordeel jou glad nie, want ons is ook hieraan skuldig!

Jou vel reageer wel op dit wat jy eet en drink net soos wat dit op spanning of omgewingsverandering reageer. ’n Slegte dieet wys op jou vel, sê Karen Bester van Lamelle.

Dr. Alek Nikolic sê daar is nie veel kliniese studies oor die invloed van dieet en sensitiwiteit nie, maar daar is algemene konsensus dat jy die volgende moet vermy: 1. kos met bymiddels 2. te veel sout 3. suiker 4. gemorskos omdat dit meer suiker en sout bevat 5. branderige, gekruide kos.

Probeer maar om op te maak vir die verkeerd eet deur die volgende by jou dieëet in  te sluit: kosse hoog in omega-3-vetsure, selenium, anti-oksidante en vitamien A, B, C en E. Neute, sade, vis, groente en vrugte is goeie bronne hiervan.

Lees ook:

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé en assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes op Instagram @Stylvol.co.za

of volg hulle Facebook blad Stylvol

Gee jouself ’n “facial” by die huis

Vind uit watter tipe vel jy het met ons maklike gids

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.