kategorieë: Wenke

Ses slim skoonheidswenke

1 Spuit jou parfuum op ’n paar oorstokkies en sit dadelik in ’n toe-zip sakkie vir wanneer jy reis. So kan jy vinnig op jou pols en agter jou ore parfuum aanwend sonder om ’n hele botteltjie saam met jou te dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Spuit ’n klein bietjie haarsproei op ’n knippie om seker te maak dit bly in plek op jou hare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 As jou maskara droog geword het en jy het nog nie kans gekry om ’n nuwe buisie te koop nie, sit jou maskara vir ’n paar oomblikke in warm water (amper kokend) om dit weer sag sal maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Maak jou eie glinsterende naellak. Gebruik ou oogskadu, maak dit fyn en meng met deursigtige naellak.

5 ’n Nuwe gier is verhitte wimperkrullers. As jy nie een kan bekostig nie, maak jou eie! Blaas vir ’n paar sekondes warm lig met ’n haardroër op jou doodgewone wimperkruller (wees versigtig dat jy dit nie te warm maak nie), en gebruik jou wimperkruller soos gewoonlik – die resultaat, vinniger gekrulde wimpers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 As jy nie van vals wimpers hou nie maar graag voller wimpers wil hê, gebruik babapoeier (of los grimeerpoeier) op jou wimpers. Vee die poeier liggies oor jou wimpers en volg met maskara. Hou aan om jou maskara aan te wend tot die poeier glad nie meer sigbaar is nie. En siedaar! Jy het voller wimpers met minder moeite.

Lees ook: WEN ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks, ter waarde van R2 000!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.