kategorieë: Ontspanning

8 dinge om uit te sorteer voor jy met vakansie gaan

Dit was ’n moeilike jaar en baie Suid-Afrikaners tel die dae af na die somervakansie, wanneer hulle kan ontspan en lekker saam met familie en vriende kuier. Hierdie Desember is Suid-Afrikaners vir die eerste keer in drie jaar vry van pandemie beperkings en kan hulle oorsee reis om in Europa te gaan ski, op Thaise strande gaan ontspan, na buurlande soos Namibië ry of hul gunsteling Suid-Afrikaanse vakansie bestemmings besoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak nie saak waar jy die somervakansie deurbring nie, jy sal meer gemoedsrus geniet as jy weet dat jy goed beplan het vir enige gebeurlikheid. Die beplanning vir jou vakansie moet insluit om seker te maak dat al jou sake in orde is voordat jy vertrek. Dit is die ideale tyd om te verseker dat jou boedel beplanning op datum is en dat die noodsaaklikhede van jou lewe goed georganiseer en maklik toeganklik is ingeval iets onbeplan gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

8 dinge om uit te sorteer voor jy met vakansie gaan:

1. Jou Laaste Wil en Testament –

As jy nog nie een het nie, is dit noodsaaklik dat jy hierdie regsdokument opstel wat die voogde van jou minderjarige kinders beskryf, die eksekuteur van jou testament identifiseer, instruksies verskaf vir die afhandeling van jou boedel, jou begunstigdes benoem en jou laaste wense kommunikeer. Maak seker dat jou testament behoorlik onderteken is deur beide jouself en jou getuies.. Jou familie en eksekuteur moet weet waar om die oorspronklike dokument van jou Laaste Testament te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Persoonlike dokumente –

Jou ID en Paspoort, Geboorte- en Huweliksertifikate, Mediese en Lewensversekeringspolisse, Uittree-annuïteit en Begrafnispolisse moet alles bymekaargesit en veilig bewaar word. Jou gesin moet weet waar om al hierdie dokumente te kry.

3. Lewende Testament –

Alhoewel dit nog nie ‘n regsdokument in Suid-Afrika is nie, word dit meestal in ag geneem. Jou Lewende Testament definieer die mediese behandelings wat jy wil of nie wil hê in die geval dat jy deur skielike siekte of besering onbevoeg raak. Reisigers sluit gewoonlik ‘n afskrif van hul Lewende Testament by hul reisdokumente in sodat mediese personeel, waar jy ook al is, bewus is van jou wense.

4. Bate lys –

‘n Lys van jou bates, insluitend besittings soos jou kunswerke en oudhede, asook relevante dokumentasie wat daarop betrekking het. Moenie vergeet om die inligting in te sluit wat nodig is om toegang tot jou kripto-geldeenheid-rekeninge te kry nie. Dit sal jou eksekuteur en familie help om jou boedel in die mees georganiseerde manier te bestuur.

5. Rekeninge –

Jou eksekuteur gaan die besonderhede van al jou finansiële en verbruikers rekeninge benodig. Voorsiening moet gemaak word vir debietorders aangesien die bankrekeninge van ‘n oorledene gevries word.

6. Wat gebeur met jou sosiale media en digitale lewe as jy nie meer hier is nie? –

Hierdie is jou besluit – jy moet oorweeg wat jy wil hê moet gebeur met jou sosiale media-rekeninge en -inhoud, sowel as jou kontakte, e-posrekeninge en digitale foto’s en video’s. Ons het seker almal al iemand gesien wat vir ‘n vriend ‘Geluk met jou verjaarsdag’ op hul Facebook-muur toewens omdat hulle nie geweet het dat die persoon oorlede is nie. Jy kan besluit om jou sosiale media-profiele óf te laat uitvee óf na ‘In memoriam’-bladsye oor te skakel. Dis belangrik dat jy onthou om die toegang na jou selfoon en jou rekenaar moet uiteensit en dink oor hoe jou family multifaktor-verifikasie prosesse op jou rekeninge sal kan bestuur.

7. Beplan vir jou diere kinders –

Wanneer ons met vakansie gaan, los die meeste van ons ons troeteldiere in die sorg van ‘n troeteldier-oppasser of ‘dieremotel’. Wat sal met hulle gebeur as ons dalk nie terugkom nie? Of jy nou gaan reis of nie, jy moet dink aan ’n goeie oplossing vir die deurlopende versorging van jou diere-kinders en duidelike instruksies los sodat jy weet daar sal behoorlik na hulle omgesien word.

8. Sit alles bymekaar in ‘n veilige plek –

Die grootste uitdaging in die beplanning vir die afhandeling van jou boedel is om dit maklik te maak vir jou geliefdes en eksekuteur om toegang te kry na al die detail wat hulle nodig het om jou sake vinnig en effektief af te handel. Jy wil alles in jou vermoë doen om hul stres op so ‘n hartverskeurende tyd te verminder. Oplossings wissel van die ‘In geval van nood’-lêer op jou lessenaar, ‘n digitale lêer op jou rekenaar, alle dokumente in die huis se kluis instop tot die gebruik van ‘n bank-kluis. Maar, meer dikwels as nie, word dit nie omvattend of op ‘n goed georganiseerde manier gebruik nie, wat uiteindelik veroorsaak dat die lyding van oorlewende familielede ‘n uitgerekte proses raak. Hoe begin hulle selfs as hulle nie die wagwoord vir jou rekenaar ken nie?

Die lens van hierdie probleem is juis die inspirasie van Heritage Vault, ‘n Suid-Afrikaanse eerste-na-mark digitale oplossing wat jou in staat stel om al jou belangrike inligting veilig te stoor en dit maklik toeganklik te maak vir jou aangestelde vertrouelinge in die geval dat jy sou sterf of onbevoeg raak. Rachelle Best, Stigter en Uitvoerende Hoof van Heritage Vault sê: “Die realiteit is dat ‘n Laaste Wil en Testament nie voldoende is om ‘n komplekse, moderne lewe uit te sorteer wat wyd oor die fisiese en digitale wêreld strek nie. Ons het ‘n een stop volledige oplossing nodig soos Heritage Vault wat vir jou ‘n veilige ruimte bied om alles wat jou eksekuteur en genomineerde geliefdes nodig het, te organiseer in 13 verskillende data kategorieë wat maklik is om te vind.”

Jou private, geïnkripteerde, digitale kluis, wat beskerm word deur bankvlak-sekuriteit, maak dit maklik om jou boedel op te dateer as deel van jou reis voorbereidings. Die proses om jou kluis in te vul is ‘n stap-vir-stap gids tot alles wat jy by jou beplanning moet voeg, insluitend belangrike maar dikwels oor gesiene besonderhede soos wat met jou troeteldiere moet gebeur of waar om die sleutels van jou stoor eenheid te kry . Jy deel toegang tot jou kluis met jou eksekuteur of ‘n vertroue geliefde via ‘n tyd vrystellings meganisme wat slegs jy beheer. In die geval van jou dood of onbevoegdheid, word hierdie konfigurasie geaktiveer, en hulle kry toegang tot jou kluis en sodoende alle inligting wat hulle nodig het.

“Hierdie feestyd, of jy nou in die Drakensberge gaan sterre kyk, op Umhlanga-strand gaan ontspan of ’n vakansie in ’n ander deel van die wêreld geniet, sal jy makliker rus met die wete dat jou gesin goed beskerm is, want jou boedel beplanning is uitgesorteer en opgedateer,” sluit Best af.

Lees ook: Wees sonskerm-slim hierdie somer – ons beantwoord al jou vrae oor sonroom

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

12 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

16 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

19 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.