kategorieë: Fiksheid

8 wenke om in die koue te draf

8 wenke om in die koue te draf. Deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gebruik die winter as ’n oefenkamp eerder as ’n winterslaap. Wanneer die lente opdaag, het jy ’n wonderlike basis van fiksheid en boonop sal jy reg wees vir daai ligte somerkleertjies wat niks verdoesel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

8 wenke om in die koue te draf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Trek in lae aan sodat jy maklik kan uittrek. Moenie oorwarm wees nie.

• ’n Dun windbreker is ’n wenner as dit in ’n klein bondeltjie kan opvou wat jy in jou sak kan bêre as jy te warm kry.

• Gee jouself genoeg tyd om op te warm. As jy gewoonlik 10 minute opwarm, neem nou 15-20 minute. As jy styf en koud is, is dit selfs ’n goeie idee om met ’n stappie te begin en só geleidelik jou spoed te vermeerder.

• Maak seker jy is ordentlik opgewarm voor jy die intensiteit of spoed opstoot. Jy kan maklik beserings kry as jou spiere nog nie warm is nie.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

• Maak seker jy is veilig deur in ’n groep te hardloop as dit nog donker is en ook te sorg dat jy reflekterende klere of ’n kopliggie dra.

• As jy jou slimfoon as oefentoestel gebruik, kyk of jy dit nie op ’n ander plek as op jou bo-arm kan dra nie. Mense word ongelukkig helder oordag daarvoor aangeval.

• Gelukkig word jy gou warm as jy oefen, maar jou liggaamstemperatuur gaan vinnig daal die oomblik wat jy klaar is. Sorg dat jy so gou as moontlik van jou nat klere ontslae raak en binneshuis of in jou motor kom. As daar nie storte beskikbaar is nie, wissel jou klere.

• Dun hardloophandskoene (beskikbaar by sportwinkels) en ’n mussie gaan baie help om jou snoesig te hou.

Hooffoto: Blue Bird vir Pexels

Lees ook: Oefen lekker en voel goed hierdie winter!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.