kategorieë: InspirasieJou lewe

9 Redes hoekom ons opgewonde is oor herfs

9 Redes hoekom ons gaande is oor herfs deur Catherine Schenck. Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Ons omhels ’n stadiger pas

Soos dit kouer word, begin mens oor jou gejaagde leefstyl besin. Beplan ’n stadiger leefstyl hierdie herfs: geniet elke happie kos, lag uit jou maag, speel saam met kinders, krap jou hond se ore, haal diep asem, geniet die vars reuk van koel herfsoggende, dans tussen die herfsblare …

Hier is ’n oulike gids wat jou kan help om stadiger, lekkerder en meer voluit te leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Ons kan met ’n lekkerlees-storie en ’n koppie tee opkrul in ’n sonkolletjie

Daar is min dinge so lekker soos om ’n boek of verhaal onder ’n kombers te sit en lees!

Dis die ideale geleentheid om jou Mei-uitgawe van #rooirose nader te trek en heerlik te lees!

Ons het ook die prettigste kortverhaalreeks aanlyn, Vlam, wat handel oor Niekie Branders, ’n rabbedoe en misdaadsjoernalis wat skielik aangesê word om met die hartebreker-aksieheld, Duard Wayne, in Cannes ’n onderhoud te voer – iets wat sy tot dusver soos die pes probeer vermy het … Loer hier om te begin lees!

3. Dis weer tyd vir koesterkos

Dis weer die tyd van die jaar vir pasteie en poedings, souskluitjies en sjokolade-drankies! Loer na ons heerlike versameling resepte en begin kook!

Klik hier vir die resep vir hierdie heerlike hoender-en-porcini-herfspastei

4. Dis sweater weather!

Ons is so opgewonde om weer ons stewels, truie en serpe uit te haal en te dra! Dis nie nodig om te veel geld aan ’n hele nuwe klerekas te bestee nie. Met hierdie sewe slim wenke wys ons jou hoe jy ryk kan lyk – sonder dat dit jou baie kos!

Ons deel ook 5 slim truuks wat enige uitrusting luuks afrond, hoe jy Margot Robbie se sjiek styl kan steel, en hoe om te verseker dat jou jeans langer lewe.

via GIPHY

5. Ons kan ons ’n bietjie ekstra pamperlang

Die kouer weer beteken ons kan, en moet, ons vel mooier oppas! Het jy al hennepsaadolie probeer? Dit herstel jou vel, bevogtig en kan help met teenveroudering!

Is dit tyd vir ’n verandering? Hier is ’n haarstilis se raad as jy oorweeg om jou haarkleur van bruin na blond te verander.

Bederf jouself en kry ’n mooi manikuur – loer hier vir inspirasie.

Ons het vier maklike maniere gevind hoe ons almal nou geluk kan aangryp – loer hier.

6. Dis tyd vir samesyn

Herf is ’n heerlike tyd vir onthaal, om met vriende te kuier en om weer die bande tussen jou en jou maat of jou en jou kinders te versterk.

Loer hier vir bobaas-onthaalwenke wat sal verseker dat almal aanhou en aanhou en aanhou kuier!

Loer hier vir raad oor hoe jy en jou maat jul verhouding kan versterk en 29 oulike maniere om te sê “ek het jou lief”

Dis belangrik om gehaltetyd met jou kind te deur te bring – loer hier waarom. In die Mei-uitgawe van #rooirose gesels ons ook oor die belangrikheid van ’n pa wat betrokke is by sy kind se lewe. Ons het ’n spesiale aanbod vir ons lesers om afslag op Craig Wilkinson se pa-wees-kursus te kry – loer hier

7. Ons kan ’n knus huis skep

Kaggels, komberse, sagte beligting … daar is baie dinge wat die kouer maande meer draaglik kan maak, en ons kan help!

Loer hier vir die beste raad oor watter kaggel om vir jou huis te kies.

Ons wys jou hoe om die regte kombers vir jou te kies en wat jy moet weet oor die 5 belangrikste beleggings wat jy vir jou huis kan maak.

As dit dalk tyd vir vir ’n vars lagie verf of nuwe dekoritems het ons die 11 mooiste dekorneigings van 2019 saamgestel!

Het jy geweet? Uitgedrukte foto’s is goed vir jou kind se selfwaarde! Gebruik die koue aande om mooi foto’s te kies en hulle te laat druk.

Moenie van jou tuin en huis vergeet nie! Hier is 6 dinge wat jy nou kan doen om jou huis vir die winter voor te berei.

8. Dis tyd om gesond te bly

Dis nie altyd lekker om in die koue weer te oefen nie, maar selfs ligte oefening is goed vir jou gesondheid en gemoedstoestand. Gaan stap lang ente in die middae na werk met jou hond, of dans sommer in die sitkamer om jou hartklop ’n bietjie op te jaag. En as jy net tyd kry vir een oefening op ’n dag, moet dit hierdie een wees.

Lees hier waarom dit ’n goeie idee is om te begin fietsry, en hier hoe om te oefen wanneer jy koud kry.

Onthou ook om jou griepinspuiting te kry!

9. Herfs is die ideale geleentheid om ’n nuwe stokperdjie te begin

Die ure binnenshuis skep die perfekte geleentheid om ’n nuwe stokperdjie te probeer! Leer hoe om mooi foto’s te neem, of haal weer daardie olieverwe en esel uit.

Loer gerus ook hier waar ons brei-en hekelpatrone deel! Ons wys jou selfs hoe om basiese hekeltegnieke en breitegnieke te bemeester. En die beste deel? Jy kan wegstap met ’n pragtige trui of wonderlike wolkombers.

Lees ons Mei-uitgawe wat nou op die rakke is vir nog hope herfs-inspirasie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.