Margaret se Wêreld: ’n Gesprek met Zachary Levi oor Shazam

Margaret se Wêreld: ’n Gesprek met Zachary Levi oor Shazam deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is nie lief vir strokiesprente nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe ek ’n kind was, het my ma vir ons ’n tydskrif genaamd Look and Learn gekoop. Dit het stories oor die wêreld buite Suid-Afrika gehad en ’n afdeling oor werk wat vroue kon doen. Dit het my kop oopgemaak. Soms is ek toegelaat om Archie te lees en ek het met Betty geïdentifiseer, want ek was destyds nog ’n natuurlike blond. Ek het Superman by die seuntjie langsaan geleen en my pa het my aan Asterix voorgestel.

Nou bevind ek my in ’n era van ‘ander’ superhelde. Ek verstaan party van hulle nie, maar ek geniet hulle by geleentheid!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was die geval toe ek onlangs na New York gevlieg het om ’n onderhoud met Zachary Levi van die nuwe Warner Bros.-film, Shazam!, te doen.

Zach het ’n paar jaar gelede die hoofrol in ’n televisiereeks genaamd Chuck vertolk. My seun het daarna gekyk toe hy jonk was en ek was gretig om te sien wat Levi sou doen as ’n superheld.

Hy het ’n innemende geaardheid. Hy pas perfek in die rol van ’n superheld met die lyf en kragte van ’n superheld, maar hy speel eintlik ’n tiener met die liggaam van ’n superheld met spesiale magte.

Kan jy jouself as tiener voorstel met die begeerte om die wêreld terug te slaan, en dan vind jy uit jy het supermenslike krag?

Lees ook: Margaret se Wêreld: Op die stel van Rocketman

Daar is ’n oorvloed van intriges. Uiteenlopende soorte karakters word voorgestel en daar is ’n storie oor boelies en weeskinders. Dit is ’n superheld-aksiefilm vir jong mense – met komedie by.

Voor die vertoning het Zach en die ander rolspelers die gaste vanaf die verhoog verwelkom. Die gehoor het gegil en hande geklap (dit het gevoel asof ek by ’n rugbywedstryd was) voor elkeen met ’n houer springmielies na die fliek gekyk het.

Die volgende dag was ek die laaste verslaggewer wat ’n onderhoud met Zachary gevoer het. Die onderhoudkamer was donker en Zach het in die kollig op ’n regisseursstoel gesit.

Hy het groot ronde oë en groot wit Amerikaanse tande. Sy T-hemp kleef aan sy lyf op ’n manier wat jou laat verstaan die spiere wat jy op skerm sien, is eg. Hy het hulle vir die rol gebou. Ons begin gesels en hy spring weg. Hy praat letterlik ’n kilometer per sekonde en die ernstige vreugde wat jy op skerm sien, skemer deur.

Ek hou van die manier waarop die goeie ouens uitgebeeld word, en natuurlik is daar ’n boelie.

Tydens die onderhoud onthul Zach dat hy op skool geboelie is en dat hy steeds dieselfde persoon is en verstaan hoekom die gewilde kinders nie van hom gehou het nie. Dit is hartverskeurend dat hy dit so uitbeeld, soos baie wat ook die teiken van boelies was, maak hy ’n grap daarvan. Ek dink nie dit was toe snaaks nie en ek dink nie dis nou snaaks nie. Hy sluit af met, “Daar is nooit ’n verskoning vir boelie nie.”

Ek dink ons moet na onsself kyk, as iemand jou ongemaklik laat voel omdat jy hom nie nodig het nie, of omdat hy anders is, is dit maklik om op hom te pik. Om iemand vir iemand te lag omdat jy jaloers is, mag jou beter laat voel. Dit is ’n swakheid waarteen ons almal moet waak. My filosofie is as dit nie opbouend is nie, moet dit nie sê nie. Maar in die werklikheid maak ons almal te vinnig uitsprake en bitsige aanmerkings.

As ek dit doen, probeer ek daarna terug kyk. Om ’n ander mens bloot te stel, bring geen vreugde nie – amper soos ’n boom sonder blare.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Wat mense kwytraak …

Die wêreld sou ’n beter plek wees as ons nie ’n uitspraak oor mense lewer voor ons hulle nie verstaan nie.

Shazam! help ons om mooi na ander kyk en breek die verskille tussen mense af. Jy sien jouself in die karakters. Dit pak ernstige onderwerpe met humor. As jy pre-tieners het, gaan sien die fliek saam met hulle. Julle beide sal die tradisionele superheld-storie geniet en lekker gesprekspunte kry.

Die onderhoud is lig en lekker. Kyk hier daarna

As jy daarvan hou, teken in, wat beteken jy volg my YouTube kanaal. Nadat jy na die onderhoud gekyk het, kliek op die inteken-knoppie en kyk na al die onderhoude.

Dankie dat jy die avontuur met my deel.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.