kategorieë: Wenke

9 wenke vir hemelse hare

1 As jy fyn hare het en meer volume wil hê, moet jy dit elke dag was. Dit sal jou hare nie beskadig of die hare se natuurlike olies verhoed om langs die lengte van die haarskag af te beweeg nie. As jy baie volume wil hê vir ’n spesiale geleentheid, gebruik ’n sjampoe en bevogtiger wat volume gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Haarstyle vir fyn hare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Wil jy los, natuurlike golwende hare hê? Haarstilis, Richard Ward, sê krulle sak uit en dit is beter om meer krulle in te sit as wat jy wil hê sodat dit perfek lyk wanneer jy uitgaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 As jou hare koesterende aandag nodig het, verhit jou diep bevogtiger in die mikrogolf vir 30 sekondes voor jy dit aanwend. Die hitte help die bevogtiger om jou hare makliker binne te dring en om die droë punte te behandel.

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Jy wil jou hare by die huis kleur, maar kry nie die presiese skakering nie. “Probeer om twee skakerings-pakkies te meng, “sê kleur-kenner Anita Cox McMillan.” Voeg rooi kleure by bruin sodat dit nie oorweldigend is nie. Bly altyd twee of drie skakerings binne jou natuurlike haarkleur om foute te vermy.

5 Almal moet ’n stel Velcro-rollers besit. Dit laat jou hare lyk asof dit professioneel drooggeblaas is want dit gee natuurlike volume. Draai dit in, blaas met die haardroër en laat 10 minute afkoel. Spuit haarsproei aan voor jy dit verwyder.

6 Masseer olyfolie in jou kopvel om jeuk te verlig en vlokkerige dele te streel. Laat dit oornag aan vir ’n diep hidrerende behandeling.

Lees ook: 13 haarwasfoute wat jy maak

7 “Vermy produk-oorlading,” sê Richard Ward. “Vryf die produk in beide jou hande soos handeroom totdat dit byna geabsorbeer is en smeer dan aan jou hare.”

8 Jou hare lyk net blink wanneer die kutikula plat lê. Smeer ’n bietjie serum aan klam hare en blaas droog met jou droër in die rigting af met die haarskag.

9 As jou haarstrepies uitgroei, maak jou paadjies op ander plekke om jou haarkleur nuut te vertoon voor jy tyd het om na die haarkapper te gaan.

Lees ook: 10 gewoontes vir gesonde hare

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.