Maak jou eie kopstuk Deur: Elandrè Swart. Hooffoto: GettyImages
Benodigdhede:
- Ou skilderdoekprent
- Dun houtbord
- Muurpapier
- Verf
- Sterk houtgom
- Boksmes
- Klein en groot verfkwasse
- Ou kaart om die gom mee te smeer
- ’n Liniaal
Stappe
Stap 1
Verwyder al die kramme uit die skilderdoek, jy het net die raam nodig.
Stap 2
Nadat al die kramme uit is, kan jy koerantpapier op die vloer oopvou en begin verf. Ons het ’n steenkoolkleur gekies om by die muurpapier te pas.
Ons het die houtbord by Builders Warehouse gekoop. Jy betaal ‘n ekstra bedraggie om die bord te laat sny.
Stap 3
Gooi die houtgom uit op die bord, smeer glad met ʼn ou kaart en sit op jou skilderdoekraam voor dit droog word.
Stap 4
Gebruik die res van die gom en herhaal stap 3 op jou houtbord om die muurpapier op te plak. Begin van een kant af en werk stadig met ʼn liniaal bo-op die muurpapier om seker te maak jy kry soveel moontlik lugborrels uit. (Druk ’n naald in klein lugborrels.) Sodra jou muurpapier geplak is en alle borrels uit is, kan jy die muurpapier wat oorhang met ’n boksmes van die kante afsny.
Stap 5
Verf met ’n kleiner kwas die bord tussen die muurpapier en skilderdoekraam om seker te maak die kleur pas.
Stap 6 (Opsioneel)
Ons het ou rame dieselfde kleur geverf en bo-op gehang.
Die eindproduk
Lees ook: Kry jou huis reg vir die winter









