Dean John Smith is omtrent ’n verkleurmannetjie. Hy’s die gawe, aantreklike Wade wat in Suidooster die harte so laat fladder. Hy’s ook daai skreeusnaakse Bettie wat so lekker en snaaks kan klets en skinder. En nou gaan hy sy lyf ook aanbieder hou.

Dean Smith (Foto: Gys Loubser)
Dean gaan die gelag, pret, vermaak en plesier orkestreer in ’n splinternuwe vermaakprogram vir kykNET&kie genaamd Show’KIE. The show must go on mos, en jy gaan wens dié Show’KIE wil nooit ophou nie.
Dean gaan kuier en speel met van die lekkerste van lekker mense – onder andere, Jawaahier Petersen, Shimmy Isaacs, Tollie Parton, Early B, Melissa de Vries, Loukmaan Adams, Veronique Jephtas, Beer Adriaanse, die Temple Boys en Mienke Ehlers.

Dean Smith en Jawaahier Petersen op Show’KIE. (Foto: Gys Loubser)

Ben Heyns, Dean Smith en Pedro Kruger. (Foto: Gys Loubser)
Show’KIE word Sondae om 19:00, vanaf 5 Julie, op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Simone Neethling nou in ‘Suidooster’
