Genoeg vir 8 viskoekies
Bestanddele
Viskoekies:
- 500 g gevriesde stokvis
- olyfolie om mee te braai en oor te sprinkel
- 3 snye witbrood, korsies verwyder
- 1 eier
- 15 ml (1 e) soetrissiesous
- 30 ml (2 e) mayonnaise
- 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
- 1 sprietui, gekap
- fyn gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
- hand vol koljanderblare, gekap
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
Tartaarse sous:
Meng 125 ml (½ k) goeie mayonnaise met 1 fyn gekapte knoffelhuisie, 1 fyn gekapte ansjovisfilet, 30 ml (2 e) gekapte jalapeño-rissie, 30 ml (2 e) gesnyde kappertjiesaad, ’n hand vol gekapte grasuie ’n hand vol gesnyde Italiaanse pietersielie en ½ rooi ui, gekap.
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Sit die stokvisfilette op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur na smaak. Bak vir 20 min. tot gaar.
- Krummel die brood en meng met die eier, soetrissiesous, mayonnaise, mosterd, sprietuie, suurlemoenskil en -sap en koljanderblare. Vlok die vis by en geur na smaak. Bedek jou hande goed met meel en rol in 8 ewe groot viskoekies.
- Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n groot pan oor matige tot hoë hitte en braai die viskoekies vir 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
- Sit die viskoekies voor met die Tartaarse sous, gebakte tjips, baba-kruieblare en lemmetjiewiggies.