Mediterreense pizza

Metode
- Verdeel 1 kg brooddeeg in 6 ewe groot stukke. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak in ses ewe groot sirkels uit.
- Verdeel 1 x 410 g-blik pizzabasis-tamatiemengsel tussen die 6 halfgebakte pizzabasisse (soos beskryf).
- Dreineer 1 x 450 g-blik gesnyde aspersies, 1 x 340 g-blik heel swart olywe, 1 x 450 g-blik artisjokharte, 1 x 410 g-blik pimente en 1 x 410 g-blik gesnyde sampioene
- Verdeel dié bestanddele tussen die 6 pizzas. Sny 600 g mozarellakaas in blokke en pak tussen die groente.
- Bak tot goudbruin.
Wenk
Só kry jy ’n heerlike, krakerige kors: Verhit eers die bakplate in die oond by 220 °C en bak die pizzabasisse op dié warm bakplate. Vir die Mediterreense pizza het ons die basisse eers half gebak, toe die vulsels opgesit en weer gebak tot die kaas gesmelt is.
Vries slim
Half gebakte pizzabasisse vries baie goed en kan vir vinnige aandetes gebruik word.

