Genoeg vir 6
Bestanddele
- 500 ml (2 k) bruismeel
- 60 ml (¼ k) bruinsuiker
- 160 ml (2⁄3 k) koue botter, in blokkies gesny
- 125 ml (½ k) melk
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Karamelappels
- 125 ml (½ k) botter
- 125 ml (½ k) bruinsuiker
- 10 klein rooi appels, klokhuise verwyder en in kwarte gesny
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Meng die meel en suiker. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
- Meng die melk en vanielje en gooi by die meelmengsel. Verdeel die deeg in 6 ewe groot balle.
- Karamelappels: Smelt die botter en suiker saam oor matige hitte. Voeg die appels by en braai vir 5-10 min. tot gekaramelliseer, maar nie sag nie.
- Skep die appels met die karamelsous in ’n ronde, oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 2 liter. Pak die deegballe bo-op en bak vir 40 min. of tot goudbruin en gaar. rr

