Genoeg vir 4.
Bestanddele
Sop
- 4 perskes, geskil en ontpit
- ½ k (125 ml) komkommer
- 1 k (250 ml) kersietamaties
- 1 klein geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- sap van een lemmetjie
- sout en swartpeper
- 1 k ys of water
Opdiening
- 2 perskes, in skywe gesny
- 2 nektariens in skywe gesny
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 12 garnale, skoongemaak, doppe afgehaal
- 300 g kersietamaties in verskeie kleure, middeldeur gesny
- ’n handjie vol vars basiliekruidblaartjies en kruisement
Metode
- Blansjeer die garnale vir 1-2 min in kookwater gegeur met sout en dompel in yswater. Dreineer en hou eenkant.
- Verhit ’n riffelpan oor matige hitte. Verf die perskeskywe liggies met olyfolie en braai tot die riffellyne sigbaar op die skywe is. Hou eenkant.
- Verwerk die res van die perskes, komkommer, tamaties en soetrissie in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg die lemmetjiesap by en geur met sout en swartpeper.
- Sit die sop yskoud en dadelik voor (die perske sal verkleur) en garneer met die garnale, geroosterde perskeskywe, vars nektariens, gesnyde tamatie en vars kruie.

