kategorieë: Ons menseBekendes

Alex Jay sluit aan by Jacaranda FM

Foto deur Kevin Mark Pass

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alex Jay sluit by die Jacaranda FM aan om die Weekend Breakfast op Saterdae en Sondae tussen 06h00 en 10h00 aan te bied. Hy sal ook by Sacha Van Gelder op Jacaranda FM Regional aansluit, waar hulle Maandae tot Vrydae vanaf 12h00 tot 16h00 na Mpumalanga en Limpopo sal uitsaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jay bring meer as 36 jaar se ervaring na die luggolwe en hy is opgewonde oor die nuwe hoofstuk: “Ek is mal oor nuwe uitdagings. Die skuif na Jacaranda FM is ’n vars begin met baie potensiaal en natuurlik kry ek die geleentheid om met ’n reuse groep luisteraars, waarmee ek dalk nog nie vantevore kon gesels nie, te kuier. Dis fantasties!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jay gesels oor wat gehore kan verwag van sy programme. “Pret en plesier, ’n lekker atmosfeer, plus, seker die belangrikste, meer van die hoërskooltreffers waaroor jy mal is. So, skud jou litte los, maak jou hare los en kom ons doen dit!”

Ander groot nuus by Jacaranda FM is dat die voormalige Mej. Suid-Afrika, Liesl Laurie, nou Breakfast Xtra tussen 05h00 en 06h00 op weeksdae sal aanbied en ook haar beste voetjie voor sal sit om teen elf ander bekendes deel te neem in Dancing with the Stars SA, wat vanaf 4 Februarie op M-Net, kanaal 101 te sien sal wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees hier om meer uit te vind oor die aanbieders van MNet se Dancing with the Stars

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.