kategorieë: Leef gesondGesondheid

Alles oor maskers vir covid-19 – doen jy al 9 dinge rég?

Alles oor maskers vir covid-19 – doen jy al 9 dinge rég? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/LukaTDB

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Neem kennis hiervan

Hier is die volledigste inligting waaroor ons tans beskik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie artikel is bygewerk om die jongste  riglyne wat deur die DTI op 24 April 2020 vrygestel is in te sluit. As jy die vorige weergawe gelees het, vra jy moontlik eerste wat het verander? Gelukkig bly die meeste riglyne dieselfde. Baie lesers wou meer oor filters uitvind. Die inligting is nou beskikbaar en bygevoeg. Ons plaas die nuwe inligting in rooi, sodat jy dit maklik raaksien.

Onthou ook dat die DTI noem dat hulle self, soos die navorsing vorder, hul inligting sal opdateer. Ons sal dit dan ook hier doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maskers vir covid-19 – doen jy al 9 dinge rég?

My tong-in-die-kies voorspelling? Ons gaan binnekort modeartikels oor maskers sien, met titels soos Klassieke maskers vir die kantoor en Vrolik die koue op met warm maskers of Ooggrimering wat by die maskervoorkoms pas. Wat van Hierdie maand vier ons lente, met maskers in fraai pastelle of Vakansiemaskers vir Kersfees

Kom ons hoop op ’n Kersfees sonder maskers!

Dit lyk of ons verplig gaan word om maskers te dra sodra ons in die openbaar kom. Dus is dit werk toe, winkels toe en skool toe met maskers aan – en ’n masker vir jou daaglikse drafstap.

Navorsers van Harvard Universiteit voorspel selfs dat ons  minstens tot 2022 persoonlike beskerming en sosiale afstand gaan moet toepas. Dus kan ons maar aanvaar dat ’n masker vir die huidige net so nodig as ‘n paar mooi skoentjies is. Boonop lyk dit baie waarskynlik dat werkplekke gaan verwag dat personeel met maskers of gesigskerms moet werk.

Noudat die debat oor die dra van maskers afgehandel is kom ons by die volgende vraag: wat maak ’n masker veilig? Wat is regtig belangrik as jy ’n masker maak of koop?

Lees ook: COVID-19 by die winkels – hoe gemaak?

1. Die tipes maskers – en watter masker vir wie?

Maskers word in twee breë kategorie gedeel, en jy dra die soort masker wat deur jou situasie vereis word.

  • mediese maskers Hier gaan dit oor persoonlike beskerming teen infeksie; en
  • gemeenskapsmaskers Hier is die doel om verspreiding van kieme soos covid-19 in die gemeenskap te verminder.

Mediese maskers tel as persoonlike beskermende toerusting. Dit is deel van PPE-drag (personal protective equipment). Navorsing wys dat CV-19 meestal deur nies- en hoesdruppels groter as 0.005mm versprei word. N95 maskers kan met 95% sekerheid selfs kleiner druppels keer. Chirurgiese maskers kan druppels groter as 0,005 mm met 40-60% sekerheid keer. Daarom word die N95 en chirurgiese maskers steeds uitsluitlik gehou vir gebruik deur persone wat mense met CV-19 hanteer.

Is jy as lid van die publiek ekstra veilig as jy PPE-maskers dra? Eintlik nie, want jy moet dit korrek gebruik. Verder kan jy hierdie maskers net een keer gebruik. Dit gaan jou dus ontsettend baie kos.

Gemeenskapsmaskers, meestal van lap gemaak en kortweg lapmaskers genoem word, tel nie as PPE-drag nie. Dit gaan eerder oor bekamping van gemeenskapsverspreiding. Hier is die doel dat elkeen van ons, om dit eenvoudig te stel, ons persoonlike kieme vir onsself hou.

Daar word daar wyd gereken dat tot 25-35% van mense tydens die piek van ’n epidemie die virus dra maar simptoomloos is – en onwetend die virus versprei. Dit is waar lapmaskers risiko verminder: as ek ’n simptoomlosedraer van die korona-virus is en ek gebruik ’n masker sal ek nie deur nies / hoes / deur hand-gesig kontak my virus beduidend ver van myself af versprei nie. Mý masker beskerm jóú teen mý kieme. Die omgekeerde geld ook. Dus hoe meer van ons maskers dra, hoe veiliger is ons almal.

Lees ook: Hoe verskil die virus van griep en verkoue?

2. Wat maak ’n lapmasker goed en veilig?

Party voorstelle vir maskers laat ons lekker giggel, soos om waterbottels oor die kop te trek of ’n outydse CD met rekkies om die ore oor jou neus te posisioneer. Eintlik weerspieël hierdie gegrap ’n baie werklike bekommernis: ons ís desperaat op soek na doeltreffende maskers. Hoe lyk ’n lapmasker waarop ons kan staat maak, as jy gemeenskapsbeskerming nodig het?

Ons gesels met Adine Gericke, polimeer- en tekstielnavorser van die Universiteit van Stellenbosch. Sy is een van die span navorsers en kenners wat die DTI se nasionale riglyne vir lapmaksers vir Suid-Afrika opgestel het. As jy maskers koop of self tuis maak kyk na die volgende lysie.

Lees ook: Hoe om jou handsak en inkopiesakke skoon te maak nadat jy by die winkels was

Alles oor maskers vir covid-19 – doen jy al 9 dinge rég?

3. Wat is die beste materiaal vir maskers?

Die belangrikste aspek om te evalueer is die materiaal waarvan dit gemaak is.  Mens dink byvoorbeeld dadelik dat ’n digter materiaal beter moet wees. Maar dit is nie, sê Adine.

Haar werk wys swaar materiaal soos denim en stoffeermateriaal is glad nie geskik nie. “Die vermoë van ’n masker om jou te beskerm teen covid-19 hang nie net van weefdigtheid van die materiaal af nie. Die deurlaatbaarheid van die materiaal sodat jy met gemak kan asem haal is net so belangrik. As mense nie gemaklik asem haal nie, soos byvoorbeeld deur denim, verwyder hulle die masker – en dan help dit niks. Daarom gradeer ons materiaal vir ’n masker op die vermoeë daarvan om mikrodruppels te keer én om lug deur te laat.

“Dit het my verras dat materiale in kombinasies beter resultate gegee het as materiale op hul eie – die som was werklik meer as die dele. Baie materiale is opsigself nie noodwendig goed vir ’n masker nie, soos T-hempmateriaal wat losser gebrei is. Op sy eie is dit té deurlaatbaar, maar as ’n paar lae gebruik word, verbeter die doeltreffendheid daarvan sodat dit uitstekend werk in maskers. Deur materiale reg te kombineer kan ons die beste eienskappe van elke soort benut, en so gemak behou én die veiligheid opgradeer.”

Hier is komitee se voorstelle vir die kies van materiaal vir ’n lapmasker.

  • Aantal lae
    • Dit bestaan uit ten minste twee lae materiaal
      ’n Goeie masker is gemaak van twee of meer lae.
    • ’n Derde filterlaag maak dit nog beter, mits dit reg gekies word.
  • Die binnelaag (teen jou vel)
    • Die materiaal voel glad en aangenaam op jou vel. Party materiale krap byvoorbeeld baard.
    • Dit moet nie hitte aan die binnekant van die masker laat opbou nie. Draers moet koel daarin voel
    • Dit moet hoogs deurlaatbaar wees – jy moet gemaklik daardeur kan asem haal.
    • Dit moet vinnig kan droog raak.Die materiaal moenie nat bly en vog vas hou nie.
    • Dit moet ten minste 100 keer goed kan was. Jy gaan dit immers ontsmet deur kookwater daarop te giet.
    • Die beste keuse is sintetiese materiaal wat vinnig droog word.
    • Goeie keuses is geweefde materiaal (lig, en met ’n laer draadtelling), gebreide poliëster ‘mesh’; liggewig single jersey, en spunbond non-wovens, mits dit goed was en ’n goeie lugdeurlaatbaarheid het. (Engelse terme vir makliker identifikasie.)
    • As jy katoen, polikatoen en viskose gebruik kies  materiaal wat nie die draer warm maak en laat sweet nie. Dit moet ook nie vog behou sodat die masker nat teen die gesig begin raak nie. Hoe makliker dit droog raak, hoe beter.
  • Die buitelaag
    • Die moet taamlik deurlaatbaar wees, sodat jy daardeur kan asem haal.
    • Dit moet verkieslik van ’n sintetiese materiaal wees wat gou droog raak
    • Dit moet ferm genoeg wees dat die masker nie intrek en uitpof soos jy asem haal nie.
    • Dit is voordelig as dit waterwerend is. Dit kan behandel word om waterwerend te wees.
    • Dit moet ten minste 100 keer goed kan was. Jy gaan dit immers ontsmet deur kookwater daarop te giet.
    • Dit kan van dieselfde materiaal as die binnelaag wees, met bykomende waterwerende vermoeë .
  • Die filterlaag

Adine is baie opgewonde oor die ontwikkeling van filtermateriaal op eie bodem. “Die Suid-Afkrikaanse tekstielindustrie het pas ’n spesiale filtermateriaal onwikkel wat perfek vir maskers is, aangesien dit klein partikels uitstekend keer sonder om die lugdeurlaatbaarheid te beïnvloed. Daarby is dit herbuikbaar en kan dit ontsmet word. Die materiaal sal binnekort beskikbaar wees.” Op die oomblik word die volgende aanbeveel:

    • Die filterlaag moet deeltjies so klein as 0.005 mm (met ander woorde hoesdruppels) kan keer. Jy moet ook maklik daardeur kan asemhaal. Dit moet dus dig  én dun wees.
    • Dit moenie die masker warmer maak nie.
    • Die ideale materiaal is ’n nie-geweefde materiaal (non-woven).
    • Dit moet maklik ontsmet kan word.

En as jy ’n masker koop?

Vir ons wat nie tekstielkenners is nie kan bogenoemde terme vir materiaal duister wees. Maar jy kan die ‘dratoets’ doen. Dra die masker vir 30 minute, vasgemaak soos voorgestel, en kyk hoe dit gaan. As dit jou na ’n rukkie irriteer omdat dit jou warm en sweterig laat voel of keer dat jy lekker asem haal werk die model en/of materiaal nie vir jou nie.

Lees ook: Raadop met jou kinders tydens die inperking? Hier is hulp

Alles oor maskers vir covid-19 – doen jy al 9 dinge rég?

4. Die ontwerp

Maak seker die masker is groot genoeg: Dit moet óór jou neus en ónder jou ken inskuif, en jou gesigkontoer volg. Daar word nou aanbeveel dat ’n masker ten minste 50% van die neus moet bedek en dat dit ten minste 2,5 cm onder die ken bedek.

Maskers vir kinders moet maar net kleiner gemaak word, tot duideliker riglyne beskikbaar is.

Die patroon moet so ontwerp wees dat die masker die gesigvorm volg en taamlik nousluitend pas. Verskeie patrone is beskikbaar soos die konsertina-ontwerp met drie plooie.  (Wenk as jy self konsertina-maskers maak: ’n A4-folio is presies die regte grootte vir elke laag materiaal.)

Die masker moet uit ten minste ’n dubbellaag materiaal bestaan, verkieslik met ’n filterlaag. By sommige ontwerpe is ’n filterlaag ingestik. Ander ontwerpe maak voorsiening vir ’n gleufsakkie waarin jy ’n los, vervangbare filterlaag insit. As jy so ’n masker maak of koop kyk dat die gleufie ten minste 10x12cm groot is – groot genoeg dat  ’n verwyderbare filterlagie maklik kan inpas.

Lees ook: Wenke om jou beroep tydens die inperking te verbeter

5. Die gemaklikste vasmaakmaniere vir maskers

Rekkies of toutjies? Dit is deels ’n kwessie van gerief, solank dit so ontwerp is dat jy die masker kan verwyder sonder om aan die besmette voorkant te vat.

Iets om tog te onthou: rekkies om die ore of kop neig om uit te rek, veral as jy jou masker in kookwater of sterk bleik- of ontsmetmiddels ontsmet. Toutjies is dus ’n beter langtermynkeuse.

Nog iets: mense se ore en posisie van die oor verskil. Rekkies om die ore kan die masker te los of te styf laat pas. As jy ‘n masker koop let veral na ‘n gemaklike passing om jou kop en ore.

Lees ook: Raad vir konflikhantering en beter verhoudings tydens inperking

6. Verdere algemene voorskrifte vir covid-19 maskers

  • Die masker het ’n neusknip. Dit help dat dit netjies en dig oor jou neus pas. Dit keer ook dat ’n bril toewasem.
  • Kies of maak maskers met ’n duidelike binne- en buitekant, soos een gemaak met twee kleure materiaal. So weet jy wat is die vuil buitekant van jou masker.
  • Kry maskers in verskillende kleure, sodat jy nie per ongeluk dieselfde masker twee keer dra nie.

Lees ook: Raak jou skuld baas tydens COVID-19

7. Wanneer moet jy jou lapmasker dra?

Moet jy jou masker opsit en afhaal, of heeltyd ophou, wanneer jy uitgaan?

Sienings verskil maar dit is logies dat jy veiliger teen cv-19 is as jy jou masker opsit sodra jy jou huis verlaat en eers afhaal wanneer jy tuis kom. So raak jy ten minste nie aan die voorkant terwyl jy dit aflig en terugtrek nie.

’n Ander algemene siening is dat jy die masker dra sodra jy in die teenwoordigheid van mense kom. Dus:

  • Tuis tussen jou huismense is dit onnodig – tensy iemand siek is.
  • As jy in die motor ry is dit onnodig. Maar as jy ’n uber neem moet jy en die uberbestuurder jul maskers dra.
  • Sodra jy by die winkel, dokter of waar ookal uit die motor klim sit jy dadelik jou masker op.
  • As inperking verlig word en ons wel mag oefen, sal jy ook sodra jy binne 2 meter van iemand anders is jou masker in plek moet sit.

Lees ook: Hoe om positief tydens die inperking en COVID-19-pandemie te bly

8. Hoe om jou masker af te haal en te was

As jy winkels toe was en terug in jou motor daarmee inklim, bring jy ’n potensieel besmette masker in jou persoonlike ruimte in. Die belangrikste punt om te onthou: die buitekant van jou masker is moontlik besmet. Daarom raak jy onder geen omstandighede aan die voorkant daarvan nie – veral nie terwyl jy dit afhaal nie. As jy wel met jou hande aan die masker moes raak was of ontsmet jou hande dadelik.

Ideaal gesproke haal jy die lapmasker buite jou motor af sónder om aan die buitekant te raak, terwyl jy die besmette kant versigtig na binne vou en dadelik in ’n plastieksakkie laat glip. Jy kan dit tuis in jou motorhuis los, en die volgende dag saam met jou wasgoed was. Of jy kan dit dadelik in ’n bakkie plaas en kookwater oorgiet. Na vyf minute kan jy dit uithaal en gewoonweg was of laat droog word, reg vir hergebruik.

Die belangrikste ding om te onthou is dat jy die buitekant van jou masker moet hanteer asof dit besmet is.

Lees ook: 6 maniere om ’n goeie roetine te kry tydens die inperking

9. Kan jy jou masker hergebruik? Kan julle maskers deel? Hoe hoes jy met ’n masker?

Jy kan lapmaskers was en hergebruik. Die koronavirus oorleef nie hoë temperature nie, en daarom is onderdompeling in kookwater genoeg om jou masker so goed as nuut te maak.

Kan julle maskers deel? Liewer nie – en moet beslis nie ’n gebruikte masker deel nie. Elkeen in die gesin moet sy eie masker kry.

Hoe hoes en nies jy agter jou masker? Jy hoes en nies maar net met die masker aan! Moenie jou hand voor jou gemaskerde mond hou nie. Hoes of nies in die waai van jou elmboog of binne in jou top of baadjie in, as jy kan. Hoe ook al, moenie die masker aflig en na buite toe nies en hoes nie. Jou masker sal die hoes- en niesdruppels absorbeer, en jou vel sal dus nie werklik nat van jou hoes word nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.