kategorieë: VelsorgSkoonheid

Alles wat jy moet weet oor K-skoonheid (K-Beauty)

Alles wat jy moet weet oor K-skoonheid (K-Beauty) deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto: iStock/maia3000

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is K-skoonheid (K-beauty)?

Die eerste ding wat genoem word as mens van K-skoonheid praat is die 10 stappe. Ja, jy het reg gelees 10 stappe. Die Koreane het ’n obsessie met ’n gesonde vel, en gee duidelik nie om om ekstra tyd hieraan af te staan nie.

Dit gaan egter nie daaroor om net meer produkte te hê nie, maar om die regte produkte te hê, met die regte aktiewe bestanddele en dit in die regte volgorde te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die klem is op dubbel-reiniging (ja, dit beteken jy moet jou gesig twee keer was), aktiewe bestanddele en ’n gesonde, goed bevogtigde vel en goeie sonskerm. Lappiemaskers en maskers waarmee jy slaap en produkte met rubber- en jelteksture is só gewild dat selfs nie-Koreaanse handelsmerke soortgelyke produkte begin vervaardig het. Gewilde Koreaanse bestanddele sluit ginseng, sampioen, heuning, eierwit, propolis (byegom), slakslym en groeifaktore in. Die verpakking is dikwels oulik en byna kinderlik.

Lees ook: Gesigwas 101

Die 10 Stappe

Lees ook: Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Produkte om te probeer

Koreaans

Jy kan Koreaanse velsorgprodukte by die volgende aanlynwinkels in Suid-Afrika koop:

glowtheory.co.za

kbeauty.co.za

butterkupbeauty.co.za

Daar is voorsorg getref dat die aktiewe bestanddele in Lindsey Rubber Pearl, Vitamin and Collagen Modelling Mask (R80 elk, kbeauty.co.za) nie verdamp nie. Meng die produk met water en wend dit dan aan.

J-one Jelly Pack Luminous Mask (R70, kbeauty.co.za). Jy gebruik die masker in twee stappe: in die eerste stap gebruik jy ’n bamboes-en-steenkool-lappiemasker wat help om vuiligheid uit te trek en die vel bevogtig.  Druk die masker op ’n skoon gesig en hou dit vir 10-20  minute aan.

Wend daarna die ampule aan en tik die room in jou vel in, dit help om vog binne te hou. Slaap hiermee.

Leegeehaam Vita Propolis Ampoule  (R450, Kbeauty.co.za) vernuwe ’n dowwe vel, verbeter tekstuur en streel ’n geïrriteerde vel.

Lees ook: Skoonheids…blapse!

Banil Co se topverkoper is Clean it Zero Cleansing Balm Original (R340, buttercupbeauty.co.za). Dit is ’n soliede reiniger wat ‘smelt’ as dit in kontak met jou vel kom. Dit bevat papaja-ekstrak en vitamien C om liggies af te skilfer en jou vel helderder te laat lyk.

Nie-Koreaans

Sensai is al dekades lank ’n baie gewilde Japannese reeks in Suid-Afrika. Hulle Extra Intensive Eye Pads (R1 960 Vir 10) verhelder en bevog die vel om jou oë. Die lappies is onder meer in kashimanu-sy geweek. Laat dit vir 10 minute aanbly.

Dior Hydra Life Glow Better Fresh Jelly Mask (R995). Die masker wat jy ná net drie minute afhaal, skilfer jou vel liggies met vrugtesure en fyngemaalde appelkoospitte af. Jou vel sal varser en helderder lyk.

Lees ook: Hennepsaad-velsorgprodukte waarvan jy nou moet weet

Clarins Super Restorative Instant Lift Serum Mask (R300). Die lappiemasker is in ’n jel-serum geweek wat die vel lig en plomper maak.  Die lappie is van  natuurlike vesel gemaak  en kan ook om jou nek gevou word.

Glamglow Bubblesheet (R125) is ’n oksiderende masker wat een keer per week gebruik kan word.

Lush Fomo Jelly Face Mask (R145) streel en verhelder die vel.

Lees ook: Bikini-wasgids: 20 goed wat almal moet weet voordat hulle salon toe gaan

Skin Republic Hyaluronic Acid + Collagen Face Mask Sheet (R42 beskikbaar by Dis-Chem, Clicks en Takelot.com) bevogtig en help om fyn lyntjies minder sigbaar te laat lyk.

The Body Shop Drops Of Youth Sheet Mask (R95) laat jou vel gladder en varser voel en gesonder lyk. Ons hou veral daarvan dat die lappie bio-afbreekbaar is.

Dermactin-TS Bubble Vitamin C Sheet Mask (R55) is ‘n borrelend Vitamiene C masker wat jou vel laat tintel en help om jou vel helderder en varser te laat voorkom.

Die PONDS instituut in Korea het hard gewerk aan hierdie lappiemasker wat ook voldoen aan die behoeftes van Suid-Afrikaanse vroue se velsorgbehoeftes. Daar is drie verskillende lappiemaskers in hul reeks bekendgestel

POND’S Skin Brightening Serum Mask (R49,99) wat onder andere niasinamied, vitamiene E en see-affodil bevat om glans te gee.

POND’S Firming Serum Mask (R49,99) bevat kollageen, hialuriensuur en bruin alg- ekstrak om jou vel op te plomp.

POND’S Wrinkle Correcting Mask (R49,99) bevat retinol, hialuriensuur en avokado- ekstrak om jou vel af te skilfer en te hidreer

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.