kategorieë: VelsorgSkoonheid

Als wat jy oor die Avène-reeks wil weet

Is die Avène reeks geskik vir sensitiewe velle?

Die reeks is geformuleer vir alle velsoorte. Avène Thermal Spring Water is die aktiewe bestanddeel in al die produkte en is bekend vir sy strelende en anti-irriterende eienskappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat veroorsaak Psoriase en is daar iets in die Avène-reeks wat kan help?

Psoriase is ’n vorm van hiperkeratose. Dit is ’n verdikking van die buitenste deel van die epidermis, die korneale laag. In hierdie vellaag het selle hoë vlakke van keratien, ’n proteïen wat dit droog en hard maak. In sommige gevalle is daar ’n abnormale opeenhoping van keratien wat kolle van droë skubagtige vel skep. Om van hiperkeratose ontslae te raak, moet jy hidrerende en strelende produkte gebruik met aktiewe bestanddele soos ureum en salisielsuur wat die opeenhoping van keratien oplos. Afhangende van die dikte, plek en oorsaak van die hiperkeratose, kan stowwe met verskillende konsentrasies gebruik word wat met ryk teksture gemeng is. Gebruik ’n produk soos Avène Akérat 10 Body Cream op die aangetasde dele. Vir chroniese en oormatige verdikking van die vel op die liggaam en kopvel, gebruik Avène Akérat 30 Cream vir gelokaliseerde gebiede. Raadpleeg altyd ’n dermatoloog voor jy ’n nuwe behandeling aanpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel my vel normaal en sonder probleme is, voel en lyk dit party dae droog. Wat kan ek doen?

Droë vel kan deur verskeie faktore veroorsaak word, insluitend koue, wind, son, besoedeling en hormonale skommelinge. Jou vel het rehidrasie nodig. Gebruik ’n produk soos die Avène Hydrance Optimale Hydrating Serum wat jou vel in 22 dae rehidreer en stimuleer. Voeg ook ’n strelende vogmasker soos Avène Soothing Moisture Mask by wat die velversperring herstel en optimale vel-hidrasie bevorder. Spray Avène Thermal Spring Water streel die vel en herstel die natuurlike balans van die vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kan ek net ’n nag-room gebruik? Dagroom met SPF laat my vel olierig voel.

Dit is belangrik om ’n dagroom aan te wend om jou vel te voed, te hidreer en teen eksterne faktore en irritasies te beskerm. As jy ’n olierige vel het, gebruik ’n produk met ’n ligter tekstuur wat olie-vry is. Avène Mattifying Fluid is baie lig, maar hidreer die vel en sal dit nie blink of  olierig laat nie. As sonskerm, probeer die Avène Cleanance SPF30 + Sunscreen. Dit is nie olierige nie en bied UVB  en UVA beskerming.

Is Avène geskik vir dames oor 60 wat onder die Afrika-son woon?

Beslis. Avène Thermal Spring Water Spray is geskik vir alle veltipes van alle ouderdomme. Die Avène Sérénage-reeks is spesiaal geformuleer vir die volwasse vel. Dit bied voeding en herstel digtheid. As sonskerm, bied Avène SPF50 + Cream uitstekende beskerming.

Ek het ’n baie sensitiewe vel. Die vel om my oë begin skilfer wanneer my vel op sy sensitiefste is wanneer my vel te droog is of as ek ’n nuwe produk gebruik. Het julle enige raad vir ’n onfeilbare produk?

As jou vel hipersensitief is, is dit belangrik om produkte te gebruik met minimale bestanddele wat klinies getoets is vir sensitiewe velle. Gebruik die Tolerance Extreme-reeks met ’n aktiewe bestanddele wat suiwer en doeltreffend is en nie die vel irriteer nie. Die reeks is geformuleer op grond van ’n “steriele kosmetiese” beginsel, wat verseker dat produkte in ’n 100% steriele toestand bly. Device for Exclusive Formula Integrity (D.E.F.I)  bestaan uit ’n delikate membraan wat oop- en toemaak sodat die inhoud nooit blootgestel word aan lug of bakterieë nie. Jou produk bly heeltemal steriel so lank as wat jy dit gebruik.

Vir meer inligting en velsorgraad, besoek www.avene.co.za of stuur ’n e-pos aan info@pierre-fabre.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.