kategorieë: LeesOntspanning

Kersverhaal: Engelekoor

“Die lewe is nie fair nie. Nie in Tweevlei nie, maar luister nou mooi vir my, ons hoef dit nie te accept nie!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ouma Jantjie en haar string “griep-kinders” het aangesit vir aandete. Die kinders was nog grootoog na Ouma Jantjie se groot tantrum die middag voor Juffrou Bester se prefab-klas by die Rietspruit Primêre Skool.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was vir haar onaanvaarbaar dat haar kinders nie vir die skool se Kersspel gekies is nie. Nie eens vir die engelekoor nie. Sy is die enigste ma wat die kinders ken en dit is nie die eerste fight wat sy namens hulle by die Rietvlei-skool aangepak het nie. Haar kinders se ouers is aan “die groot griep” dood. Dis hoe mense in Tweevlei se plakkerskamp na die vreeslike siekte verwys. Maar by die Rietspruit Primêre Skool word na die kinders verwys as “Die Vigs-wesies van Tweevlei.” Die skool het groot probleme daarmee dat Ouma Jantjie nie amptelik as voog vir die kinders geregistreer is nie. Gelukkig het Mevrou Bruwer, die maatskaplike werker van Rietspruit, haar hande vol met al die kinders van die distrik wat nie versorg is nie. Sy is maar te dankbaar Ouma Jantjie versorg die kinders van Tweevlei in haar uitgebreide sinkhuis. Daar is nie meer ’n stukkie grond op ouma Jantjie se erf oor wat nie onder sinkplate toe is nie, maar daar is altyd plek vir nog ’n kind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Kyk, ek verwag nie my kinders moet ’n Josef of ’n Maria of ’n herder wees nie. Ek weet mos hoe julle hulle kies … ek weet, maar die engelekoor. Juffrou Murray het darem altyd plan gemaak dat my kinders darem in die engelekoor is!”

Juffrou Bester het haar oë ongesiens probeer rol want sy was al hartlik sat vir Ouma Jantjie se gereelde tantrums by die skool.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wag nou, wag nou, Mevrou Jantjies. Soos ek al gesê het, vandat Juffrou Murray afgetree het, is ek in beheer van Rietspruit se kultuurgebeure. U sal dit net moet aanvaar. Aanvaar asseblief net my besluite. Daar is eenvoudig nie plek op die verhoog vir meer as vyftig kinders vir die Kersspel nie.”

Ouma Jantjie was niks lus vir aanvaar nie. Sy moes hierdie jaar al hoor sy moet “aanvaar” dat daar nie vir haar kinders plek is in die Jeugdag-tablo nie, sy moes “aanvaar” dat haar kinders ook nie aan die Lente-parade kon deelneem nie.

“Luister hier, Juffrou, ek accept niks nie. Hierdie kinders moet te veel dinge maar net accept.”

Ouma Jantjie se skerp ogies het die oogrollery van Juffrou Bester nie misgekyk nie. Daar waar sy met haar swerm teleurgestelde kinders voor die prefab klas gestaan het, het haar humeur die limiete van haar ordentlikheid bereik.

“Ek gee nou nie om of jy die Queen van Kultuur is nie. Die Jirre het nie vir jou aangestel om te kies wie in sy koor mag sing of nie.”

Juffrou Bester se ordentlikheid het skynbaar ook die perk begin oorskry.

“Mevrou Jantjies, ek is aangestel as …”

“Ja, ja, jy het dit mos al gesê,” het Ouma Jantjie haar ongeduldig onderbreek.

“Die koor is tog ter viering van onse Heiland se geboorte en nou ontneem jy my kinders die voorreg. Ek weet jy sal dit nou nie verstaan  nie, maar alle kinders is engele en daar staan nêrens in die Woord dat daar ’n beperking is van watter kinders Hom mag loof nie.” Haar maer beentjies was wyd uit mekaar geplant waar sy voor die klas gestaan het. Haar dun armpies kwaai oor mekaar gevou. Die kopdoek skoon skeef van kwaadgeit.

Na aandete op die dag van die tantrum het Ouma Jantjies se kinders hul eie engelekoor begin oefen. In die weke voor die Kersspel het sy haar Christmas Album van Boney M oor en oor gespeel tot die kinders elke liedjie uit volle bors kon sing.

Die Kersspel van Juffrou Bester, Rietvlei Primêre skool se kultuurbeampte, het seepglad verloop. Juffrou Bester was ’n trotse vrou.

Toe die laaste applous stil raak, het Ouma Jantjie op die verhoog geklim.

“En nou, vir ’n special deur die Tweevlei griep-kinders!”

Sy het die sydeur oopgestoot en haar kinders na die verhoog gelei.

Van die mense het al uit die saal begin stap toe die kinders begin sing. Van Jingle Bells, Oh My Lord, Petit Papa Noël tot When A Child is Born het hulle gesing tot die mense begin terugstroom het na die saal. Teen die tyd wat hulle Little Drummer Boy en José Feliciano se Feliz Navidad gesing het, het die gehoor saamgeklap en voete gestamp dat die skoolsaal van Rietvlei Primêre Skool dreun van die Kersfees-gees.

Die Tweevlei griep-kinders het daardie aand gelukkig gaan slaap.

Hulle het geweet die lewe is nie fair nie. Nie in Tweevlei nie, maar hulle het geweet hulle hoef dit nie te accept nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.