kategorieë: Bekendes

Amanda Seyfried: In volle blom

Ek voel baie onseker oor myself, sê Amanda Seyfried terwyl sy die ene selfvertroue uitstraal. Met haar perskebloeiselgelaat, hartvormige gesig en natuurlike lang blonde hare het die fyn meisietjie wat ons as Sarah Henrickson op TV in Big Love leer ken het, vinnig uitgeskiet in Mama Mia! en daarna twee hoofrolle in die romantiese komedies Dear John en Letters to Juliet losgeslaan. Maar sy hou haar rolspel net vir die silwerdoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Amanda is beslis die ster van die toekoms. Met soveel talent en ’n hartstogtelike vasbeslotenheid om ’n sukses te wees, lê die pad voor haar oop. Sy verstaan ook hoe die Hollywood-speletjie werk. Terwyl ander jong aktrises in nagklubs rondhang en hul manewales die poniekoerante haal, hou Amanda haar kop op haar skouers en fokus op haar spel en loopbaan. Maar dis nie maklik nie, vertel sy, want jy weet nooit wát en óf daar ’n volgende projek gaan wees nie. “Die meeste akteurs is maar onseker. Jou sukses in Hollywood hang van jou status af en dié kan daagliks verander. Ek kies ’n verskeidenheid rolle sodat ek ’n langer rakleeftyd kan hê. ’n Mens moet so veelsydig wees dat jy altyd die gehoor op hul tone kan hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy is op 3 Desember 1985 in Allentown, Pennsilvanië gebore. Haar pa, Jack, is ’n apteker (“gratis vitamiene!”) en haar ma, Ann, ’n arbeidsterapeut. Amanda het op skool gesing en dans en selfs ’n tweejaarkursus in klassieke opera gedoen. Haar ouer sussie, Jennifer, ewe begaafd, is ’n lid van die rockgroep Love City.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die romantiesste ding wat jy tot nog toe gedoen het? Waarmee het iemand anders jou verras?
Ek het my vorige kêrel in New York gaan verras. Ek was besig met my eerste fliek, Mean Girls, in Toronto toe ek skielik ’n paar dae afkry. Ek het deur die nag gevlieg en baie vroeg die oggend by sy woonstel ingesluip. Hy kon sy oë nie glo nie. Ek het hom so gemis. Hy was my eerste liefde. Iemand anders het vroeër vir my ‘n liedjie geskryf. Dit was super-romanties!

Sal jy veg vir die liefde, of eerder terugstaan?
Daar is nie tyd om te mors nie. Ek sal beslis daarvoor baklei. Hoekom dan anders as ’n mens bymekaar hoort? Ek sal dit nie doen as daar sekere omstandighede, soos ’n vrou en kinders, in ons pad staan nie. Maar as dit net denke en idees is wat julle uitmekaar hou, is dit net ’n mors van tyd om te wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy is nog so jonk, maar wat was die swaarste les wat jy moes leer?
Ek moes leer dat jy bewus moet wees daarvan dat die seepbel van opkomende ster wees, weer bars. Ek is nou meer gevestig maar dié harde les het my geleer dat ek elke oomblik moet geniet omdat daar enige oomblik iets buite jou beheer kan gebeur wat die suksesleer laat wankel. Daarby is daar die ewige stryd met my eie onsekerhede. Dis moeilik.

Waaroor is jy onseker?
Dat ek nie oud genoeg of goed genoeg sal wees vir ’n bepaalde rol nie. Ek weet ek is nie die enigste een wat hiermee sukkel nie. Dis ook nie maklik om rolprente en rolle te kies nie. Watter paadjie moet ek stap? Aktrises soos Cate Blanchett en Kate Winslet het baie goeie keuses gemaak. Dis so moeilik as jy ’n goeie plek en gawe mense ter wille van ’n rol moet prysgee. As jy ’n goeie draaibroek kry, maar jy ken nie die regisseur nie, hoe besluit jy of dit die regte een vir jou is?

Wat is ’n gesin vir jou?

Dit beteken nie noodwendig ’n ma en pa en twee kinders nie. Onvoorwaardelike liefde is die enigste voorwaarde. Jy hoef nie aan iemand verwant te wees om so ’n verbintenis te voel nie. Ek het vir my ’n gesin in Londen geskep met ’n man wat vir my soos ’n tweede pa is. Nou het ek twee pa’s. As jy daardie spesiale verbintenis met iemand het, word julle ’n gesin.

Vertel ons van jou grootwordjare
Ek het in ’n doodgewone voorstedelike huis grootgeword met twee ouers wat steeds dolverlief is op mekaar en ’n ouer suster wat my harde bene laat kou het (lag), maar nou kom ons baie goed oor die weg. Ek het tot in 2006 albei pare oupas en oumas gehad. Ek het ’n gelukkige kindertyd gehad en was ’n vrolike ekstrovert. Ek weet baie jong akteurs is nie so gelukkig nie – dit beïnvloed die res van jou lewe. My ma het ’n vreeslike sterk wil en is baie slim en my pa is baie snaaks en neuroties. Saam is hulle ’n goeie kombinasie en ek het hul eienskappe, die goeies én die slegtes, geërf. Ek is trots op wie ek is. En op my ouers. Dis baie spesiaal.

Wat dink jy van oud word?

Ek dink dis belangrik om die lewe steeds met ’n jong ingesteldheid te takel. Namate jy ouer word, kry jy meer verantwoordelikhede en dit kan skrikwekkend wees. Mense wat in voeling met hul jonger self is, is gelukkiger. Hulle bekommer hulle nie oor alles nie. Ek is baie angstig. Ek voel so verantwoordelik en is bang vir soveel dinge. My oë het oopgegaantoe ek saam met Meryl Streep aan Mama Mia! gewerk het. Meryl weet wanneer om kind te wees en wanneer om meer volwasse op te tree. Dis die gulde reël.

Wat dink jy van die huwelik?
Dis ’n mooi idee wat vir baie mense werk. Wat my afskrik, is dat dit so dikwels nié werk nie. Ek weet uit ondervinding dat as jy verlief is, jy dadelik wil trou maar ongelukkig hou die liefde nie altyd nie. Ek het twee groot liefdes gehad wat glad nie uitgewerk het nie, maar ek het uit elke ondervinding geleer. Ek glo nie ’n mens móét trou nie. Ek dink dis ideaal wanneer jy veertig is en jy al soveel ervarings en mense in jou lewe gehad het dat jy doodseker is van jouself en wat jy wil hê. As jy dan iemand het met wie jy die res van jou lewe wil deurbring, kan jy so ’n verbintenis maak. ’n Seremonie kan soveel betekenis inhou. Ek onthou toe ek twintig was, wou ek so graag met my eerste kêrel trou, maar ek is so bly ek het nie!

Wat doen jy as jy nie werk nie?
Ek hou daarvan om te stap en dis vir my lekker om alleen te wees. Ek lees. Sing is steeds een van my gunstelingstokperdjies. Ek eet elke Sondagaand saam met my beste vriendinne. Ek is ook mal oor reis. As ek nie werk nie, is ek gewoonlik in Londen of New York. Maar ek is op my gelukkigste wanneer ek werk; dit gee my ’n doelwit.

Afgesien van wat jy sê, lyk jy baie selfversekerd. Hoe kry jy dit reg dat Hollywood jou nie insluk nie?
Ek weet wie ek is en waar ek oor twintig jaar wil wees. Ek wil nie ’n slagoffer van roem wees nie. Roem kan baie skade aanrig omdat jy vergeet wie jy is en wat jy regtig wil hê – en as jy dié twee dinge verloor, kan jy nie ’n betekenisvolle lewe lei nie. Ek weet ek is jonk, maar ek is darem ook nie meer agttien nie. Meryl Streep is my rolmodel. Dis seker al ’n cliché onder jonger aktrises, maar ek het ’n eerstehandse blik op haar loopbaan en wêreld gehad. Sy doen dit presies reg. Ek is seker sy het ook moeilike tye gehad, maar sy weet regtig wie sy is. Sy is sexy en briljant en het al byna elke soort karakter onder die son vertolk maar toneelspel is steeds vir haar ’n plesier. Haar gesin is die belangrikste ding in haar lewe en sy weet wanneer dit tyd is om huis toe te gaan. Sy is bekend vir haar rolprentwerk en niks anders nie. Jongmense word deesdae beroemd net omdat die media hul gesigte bekend gemaak het en raak die pad maklik byster. Hulle het hul talent en kanse verspeel omdat hulle op die roem en geld gefokus het. Jy moet in jou pasoppens wees; dit kan op enige ouderdom gebeur. Dit help om vas te hou aan die mense vir wie jy lief is. Ek kan nie waarborg dat ek nie die een of ander tyd ’n groot fout gaan maak nie, maar ek sal altyd Meryl se voorbeeld onthou omdat sy so gelukkig gelyk het.

Hoe het jou ouers jou beïnvloed?

Hulle het nooit druk op my geplaas nie, want dis nie hoe hulle is nie. Hulle het wel sommige van my keuses bevraagteken toe ek jonger was. Op twaalf wou ek New York toe om ’n model te word. Toe my ma sien hoe lekker dit vir my was, het sy my ondersteun – seker ook omdat dit nie regtig ‘n ernstige loopbaankeuse was nie en kinders heeltyd van plan verander. Dit was ook maklik om in die stad te kom. Maar sy het gesorg dat ek nie my skoolwerk verwaarloos nie! Sedertdien het my ouers my nog altyd toegelaat om te wees wie ek wil. Hulle het nie gelag toe ek ’n meteoroloog wou word wat soos
Helen Hunt aantrek en agter tornado’s aanjaag nie. Toe ek ’n sanger wou wees, het my ma elke week sonder ’n woord vir sanglesse betaal en niks in ruil daarvoor gevra nie. Sy het gesien dat ek ’n kreatiewe meisietjie met baie ambisie was. Sy het nooit in my pad gestaan nie; my net altyd gehelp. My pa aan die ander kant, het nog altyd ’n natuurlike aanvoeling vir toneelspel. Ek dink hy leef hom deur my uit. Soms gee hy my raad wat baie irriterend én baie waardevol is!

Hoe belangrik is jou loopbaan vir jou?
Ek sukkel om my lewe en my loopbaan van mekaar te skei. My loopbaan is nou baie belangrik, want dis die tyd om dinge te laat gebeur. Ek werk aan iets wat hopelik respek sal afdwing wanneer ek ouer is. My werk skep vir my meer bevrediging as enigiets anders maar dis nie die belangrikste ding in my lewe nie – my gesin is. En hulle weet dit. Ek kan maklik vir ses maande op ’n slag weg wees, maar hulle verstaan dat ek alles moet insit terwyl ek kan. Ek moet dit doen! Mense begin my werk ernstig opneem. Meryl Streep van alle mense help my met my toneelspel! Die verskillende kulture en mense waarmee ek in aanraking kom, maak dit makliker om agter te kom wie en wat ek is. Ek ontmoet mense met wie ek ’n lewenslange verbintenis gaan hê. Dis ongelooflik. Dit voel of ek in ’n boks in Allentown was tot ek 17 geword het. Dis aan my loopbaan te danke dat ek kon reis en leer wie Amanda Seyfried is …

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.