kategorieë: Ons menseBekendes

Margaret Gardiner: Van Kalifornia tot Kaapstad

Margaret Gardiner se rustigheid is aansteeklik. Sy drafstap nie. Sy drentel met die grasie van ’n danser. Haar kenmerkende heserige stem is sag en as sy lag, borrel dit diep uit haar keel. |Tog het hierdie vriendelike vrou ’n besondere sterk mening oor byna alles en huiwer sy nie om haar opinie te lug nie. Haar persoonlikheid is net so sterk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy boonop in ag neem dat sy lengtegewys op die meeste van ons afkyk, kan jy verstaan dat sy maklik as intimiderend ervaar kan word. Sy maak altyd oogkontak en luister aandagtig as daar met haar gepraat word. Maar as sy aan die woord is, verwag sy dieselfde. Sy is skerp, belese en baie wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Van die eertydse bloedjong skoonheidskoningin met die skaam glimlag, het net swart-wit foto’s oorgebly. Margaret was onlangs vyftig en lank reeds gereed om daardie Mej. Heelal-beeld waarby die media dertig jaar gelede vasgesteek het, vaarwel toe te roep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar man, die Suid- Afrikaanse medikus André Nel, is deesdae navorser en ere-professor aan UCLA in Los Angeles. Sy is baie trots op hul vyftienjarige donkerkopseun, Brandon. Anders as die gemiddelde tiener van sy ouderdom het hy die maniere van ’n ware jong heer. Nes sy ma kyk hy jou waterpas in die oë en beantwoord elke vraag beleefd. Hy is ewe passievol oor Suid-Afrika en Amerika. Volgens Margaret kan hy met ’n perfekte Afrikaanse aksent praat.

Hy en sy pa bestee ure voor die televisie as die Bokke speel en dit hou sy Suid-Afrikaanse wortels stewig geanker. Brandon trek spesiaal vir ons ’n pak aan om by sy ma se deftige rok te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“’n Goeie selfbeeld, maar baie empatie met ander,” so beskryf Margaret hierdie spesiale jong man in haar lewe. Ondanks haar sterk oortuigings is sy baie selektief met kommentaar. Een van die kwessies waaroor sy haar nie wil uitlaat nie, is president Jacob Zuma en ons huidige politieke bedeling. “Ek woon nie meer in hierdie land nie, en voel daarom dat ek nie kommentaar op plaaslike politiek kan lewer nie.”

’n Goeie selfbeeld, maar baie empatie met ander,” so beskryf Margaret hierdie spesiale jong man in haar lewe

’n Goeie selfbeeld, maar baie empatie met ander,” so beskryf Margaret hierdie spesiale jong man in haar lewe

Maar oor die Amerikaanse president, Barack Obama, kan sy ’n boek skryf. “Hy is ’n ongelooflike man wat ’n byna onmoontlike taak het. Mense verwag van hom om oornag probleme op te los wat al dekades lank bestaan. Dit is onrealisties.”

Die interessante omtrent hierdie dinamiese vrou is dat sy haarself nie net verbaal kan handhaaf nie, maar dat sy ook ’n besondere vermoë het om haar gedagtegang en waarneming op papier uit te druk – in so ’n mate dat sy onlangs benoem is vir ’n internasionale mediatoekenning vir ’n uitnemende loopbaan in rolprentjoernalistiek. Sy was een van vyf joernaliste wat hierdie eer te beurt geval het. Dis duidelik dat sy haar skoonheidskoningin- skoentjies lank terug uitgeskop het.

Hier in Suid-Afrika ken ons Margaret se werk uit haar onderhoude met die beroemdes wat elke maand in rooi rose verskyn. Dis vir seker nie maklik om met sommige lede van die silwerdoekbende ’n onderhoud te voer nie, vertel sy. “Dis veral die oppervlakkiges, die nuwes en my persoonlike gunsteling – die arrogantes – wat ’n uitdaging is!

Ek het simpatie met die nuwe gesigte in die bedryf. Dit is moeilik om die skielike aandag te hanteer. Ek het dieselfde groeipyne gehad – ek verstaan die druk maar alte goed. Tog het my geduld ook perke, en ek sal met ’n stroopsoet glimlag vir hulle vertel waar Dawid die wortels gegrawe het!” Sy sonder ’n paar akteurs uit wat elk sy besondere sterkenmerke het:

Angelina Jolie is slim, snaaks en ’n volbloedvrou. Mense het die verkeerde indruk van haar. Jack Nicholson het steeds sy knieë-lammaak- sjarme, ouderdom ten spyt. Hy het ’n groot kamer in my hart.” Oor ’n paar nuwelinge op die silwerdoek is Margaret baie opgewonde, veral Robert Pattinson, Gerard Butler en Kristen Stewart. Sy sê Sophia Loren en Shirley MacLaine se humor is ongeëwenaar – maar die onderhoude bly altyd dieselfde. “Jake Gyllenhaal  is ’n tawwe kalant om aan die praat te kry,” vertel sy.

“Hy is jonk, propvol talent en boonop spog hy met ’n ongelooflike lyf! Tog is hy ’n klakous wat ondanks sy bevoorregte lewe gedurig wroeg oor iets. Hy en sy suster Maggie het ’n reputasie vir selfvoldaanheid. Ek probeer om algar sonder voorbehoud te benader, maar dis soms moeilik!”

Toe Margaret haar in ’n Errol Arendz-skepping vir die kamera gereed maak, is almal weer eens verstom oor haar asemrowende figuur. Op vyftig het die selluliet en rolletjies haar heeltemal oorgeslaan. Sy bieg tot ons ander se onverbloemde jaloesie dat sy nog net soveel weeg soos toe haar modeldae op 16 begin het. Sy gim nog gereeld, maar baie minder as voorheen, sê sy.

“Ek eet hope sjokolade en is tot vandag toe spyt dat ek nooit ’n sjokoladeadvertensie losgeslaan het nie!” Met die uitsondering van haar lekkernye, is sy baie gedissiplineerd met haar dieet. Sy kombineer tot drie proteïen-skommels per dag met haar hoofmaaltye. Hawermout vir ontbyt, hope neute en vrugte deur die dag en saans is dit gewoonlik wilde rys, vleis en vier groentes. Haar groot geheim vir ’n ferm lyf is vry gewigte.

“Op vyftig kan jy nie daarsonder klaarkom nie – ook nie sonder ’n druppel botoks so nou en dan nie,” knipoog sy. Sy maak seker sy pas haar bolangse bates goed op.

Ek eet hope sjokolade en is tot vandag toe spyt dat ek nooit ’n sjokoladeadvertensie losgeslaan het nie

Sy glo in die regte vormdrag, draf glad nie, en as sy oefen, dra sy twee sportbra’s. Margaret het spesiaal die rok saamgebring wat sy na die Golden Globes aangehad het, en dit was ook ons keuse vir die voorbladfoto. Die skepper daarvan, Oliver Tolentino, is ’n Filippynse ontwerper wat ook vir die destydse omstrede Eerste Dame van sy land, Imelda Marcos, klere gemaak het. Hy het die bostuk van die rok in die Filippyne laat maak.

“Ongelukkig het my litteken* uitgesteek, en moes hy van voor af begin. Die rok is baie slim ontwerp. Jy wys net genoeg. Die halslyn is konserwatief en die kaal rugkant baie sensueel. So ook die lang organza-romp met die mikro-mini daaronder. (*Margaret het sowat tien jaar gelede chirurgie vir kanker in die borskas ondergaan.)

“Ek is mal oor die rok en het soos ’n miljoen dollar daarin gevoel!” Margaret se klerekas is so uiteenlopend soos ons reënboognasie. “Al is ek vyftig, is ek nog nie onder die kluite nie. Ek wil nog sexy lyk, sonder om te veel lyf te wys – dit pas nie by die middeljare nie. Maar ek dra graag my kortbroeke, want die hitte in Los Angeles is ’n ander storie.

“Ek het ook ’n swak vir mini’s en selfs vir klassieke ontwerpe met ’n tikkie waaghalsheid – maar ek probeer om by die skool konserwatief aangetrek te wees! Soms is ek super-gesofistikeerd met ’n Dior-uitrusting en ’n deftige haarstyl, en die volgende oomblik is ek terug in ’n denim en ’n Themp.

“Dan is daar ook my stoute, stywe nommertjies. My klerekas weerspieël my persoonlikheid perfek. Ek is eintlik nogal konserwatief, met daardie onvoorspelbare speelse en soms waaghalsige sy!”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.