kategorieë: DieetGesondheid

Dieet: die mites en die feite

Sink jou dieet elke naweek? Jy’s nie al een nie.

Die probleem met diëte is ons lewenstyl.Niemand van ons het net een lewenspatroon nie. Daarvoor verskil ons naweke te veel van ons weke. So begin elke week met ons goed beplande Maandag-tot-Donderdag roetine en ons dieet maklik. Maar hoe later in die week hoe meer druk. Ons skakel oor na ons druktydrat en kort voor lank gryp ons uit nood na kitskos. Dan kom die naweek. Ons hou wynproe. Ons gaan eet uit. Ons gaan 4×4 ry of rugby kyk. Ons het gesinsdag op Sondae. Ons gaan winkelsentrum toe. Alles dinge en plekke waar dieet sosiaal ongemaklik is – en daarom gee ons op. Wat is die les om hieruit te leer? Beslis nie dat jy naweke eerder moet dieet nie. Maar wat van die konsep van twee diëte? Of selfs drie? Soos ’n naweekdieet met ruimte vir jou sosiale lewe en ’n dieet vir strestye, en ’n dieet vir alles-onder-beheer dae?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis wat ons hierdie keer doen: ’n dieetfokus met diëte vir elke soort dag. Jy kies watter een vandag vir jou gaan werk: ’n Verstandige dieet vir goeie dae; die kitskosdieet vir drafstapdae; en ’n ruil-lys-dieet vir die naweek sodat jy kan sosialiseer sonder om die skaal te breek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die basiese dieet

Werk vir normale dae. Onthou: Oefen langer op die dae wanneer jy meer tyd het. Mik vir 60 minute per dag (300 minute per week), en jaag jou hartklop vir 20 minute op. Los alkohol, koeldrank, sportdrankies, vrugtesap, lekkergoed, vrugtelekkers, koek, beskuit, gebak, pap, rys, pasta, waatlemoen, geblikte vrugte, droëvrugte.

Porsies: 1 koppie, tensy anders gespesifiseer. Drink soveel water, tee en koffie as wat jy wil maar sonder suiker en met nie meer as ’n eetlepel melk nie.Wenk: As suikerpilletjies en kilojoulevry koeldranke jou hongerig maak, geur jou koffie en tee met kaneel, mentblare of gemmer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kitskosdieet

Werk vir besige dae. Onthou: Hou jou metabolisme so vinnig moontlik. Al is jy nou te besig vir ’n uur se oefening, kan jy op selfs jou besigste dae onopsigtelik oefen, soos om trappe te klim waar jy kan; vinnig te stap al stap jy net ’n draaitjie; en tou te spring vyf minute voor en ná werk, wat verbasend goeie aërobiese en kardio-oefening is ontbyt met proteïen eet wat jou lank brandstof sal gee en elke drie uur eet om jou honger in bedwang te hou.

Hou uit jou winkelwaentjie: Aartappelskyfies, alles in ’n degie, gebraaide kos, koeldrank,koelers, sportdrankies, vrugtesap, alle soorte lekkergoed en gebak, sjokolade, vrugtelekkers, versuikerde pap. Porsies: 1 koppie, tensy anders gespesifiseer. Ekstra: Neem ’n algemene vitamienpil.

Die sjerrie-soesji-en-sjokolade-dieet

Werk vir naweke. Maksimum twee dae per week. Onthou: Mik vir ’n uur se oefening, of darem ’n halfuur. Hoe aktiewer jy is, hoe makliker hou die kilogramme jou heupe verby! Dink vooruit en ruil uit: Die konsep is dat jy met jou 3 proteïene, 6 stysels, 3 vrugte en groente en 2 melk rondspeel soos jou dag dit vra. Jy het dus nie ’n eetplan nie maar ’n eetlys waaruit jy kies. Beperk jou tot twee drankies. Maar jy kan onbeperk kry van Woollies se suikervrye gemmerbier en Evian of Valpré. Vet: Bederfkos is hoër in vet. Daarom lys ons nie vet afsonderlik nie. Feit: Muffins, bagels en wafels word met botter gemaak. Botter bo-op is onnodig

  1. Jy kan eet wat jy wil, solank jy baie oefen Dit help gewis om te oefen, maar as jy steeds meer kiljoules inneem as wat jou liggaam verbrand, sal jy nie gewig verloor nie – jy sal gelukkig wees as jy net jou gewig kan behou. Raadpleeg ’n dieetkundige sodat sy vir jou kan uitwerk hoeveel kJ jou liggaam per dag verbrand (jou basale metaboliese spoed of BMS), hoeveel jy met oefening verbrand en dan uitwerk hoeveel kJ jy daagliks inneem. Sy kan dan vir jou ’n gebalanseerde dieet uitwerk waarop jy gewig kan verloor en steeds ’n paar plesiertjies gegun word. Wanneer jy minder eet en meer oefen, sal jou negatiewe kJ-balans veroorsaak dat jygewig verloor. Die meeste fratsdiëte is so streng en beperk jou kJ so erg dat jy geen energie het om te oefen nie. Dis kontraproduktief, aangesien jy dan nie net vet verloor nie, maar ook maer liggaamsmassa, wat beteken dat jou BMS afneem. Dit leer jou ook nie om jou lewenstyl, wat die eintlike “bron van die kwaad” is, te verander nie.
  2. Ooreet maar soms, want daarna kan jy mos altyd dieet Die gevolg van dié mite is dat mense deur die jare geleidelik gewig aansit, pleks van hul gewig behou wat die regte ding is om te doen. Volgens navorsingsbevindings is een van die groot gesondheidsrisiko’s dat mense vanaf 25 geleidelik gewig aansit. Dis omdat hulle, nadat hulle oor vakansietye so 1-2 kg gewig aangesit het, nie dadelik daarna minder eet totdat hulle hul voor-vakansie gewig bereik het nie. Op dié manier sit hulle jaarliks minstens 4 kg aan, dus 1 kg vir elk van die vier vakansies. Ná drie jaar is hulle al klaar 12 kg swaarder, en dit is op die ou end hoe mense binne tien jaar 40 kg kan aansit – en dan wil hulle dit binne drie maande met ’n fratsdieet afskud. Die geheim om met die jare jou gewig te behou is om (volgens navorsing wat in die VSA gedoen is) elke dag ’n uur lank aktief te wees. Jy mag jouself so nou en dan bederf, maar ek sal voorstel dat jy eerder moet probeer om vakansies jou gewig te behou, of anders hoogstens 1 kg aan te sit en dan minder te eet sodra jy tuiskom totdat jy jou voor-vakansie gewig herwin het. Eers dan kan jy weer “normaal” begin eet. Dit kom maar weer eens op ’n lewenstylverandering neer.
  3. Vermy vet, want dit maak vet Dit is so dat vet vetmaak, (slegte vette maak vetter as goeie vette), maar ons het tog goeie vette in ons dieet nodig, vette soos avokado’s, grondboonbotter, neute en olywe. ’n Bietjie hiervan in jou dieet is goed, terwyl bronne van versadigde vette en transvette liefs vermy moet word. Slegte vette is voedsel wat hoog is in versadigde vette en transvette soos die vet aan vleis en vetterige vleis soos ribbetjies,boerewors, droëwors, schnitzel, vleispasteitjies en worsrolle, ook volroom-suiwelprodukte soos volroomkaas, -melk en -jogurt, room,wegneemetes, pakkies skyfies en slap tjips.

Die inligting vir dié dieetmites is verskaf deur Liesbet Delport, geregistreerde dieetkundige en medeskrywer (saam met Gabi Steenkamp) van Eet slim en bly slank.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.