kategorieë: Fiksheid

Anet Schoeman se blog: ons toets Hi-Tec Gear

Hou op slons

Dra jy ’n uitgewaste t-hemp, uitgerekte sweetpakbroek en uitgetrapte plakkies na jy geoefen en gestort het? Ons kyk na lekker gemaklike klere van HI-TEC wat jy na ’n harde oefensessie kan dra. Ek het dit op die onlangse TransCape-bergfietswedren getoets, en hoewel ek nie noodwendig elke aand soos ’n vars blommetjie gelyk het nie, was my klere altyd vrolik en gemaklik. Ek was veral dol op die ligte Ezee’z Lace-skoene met elastiese veters na lang dae in harde fietsryskoene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Savanna Strap

Jou perfekte naweekskoen as die weer warm is. Hoekom? Die gevormde sool ondersteun jou voet na lang ure se oefening en lyk goed saam met jeans of ’n kortbroek. Beskikbaar by Totalsports-winkels landwyd. Pryse vanaf R399.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Lady Birma

’n T-hemp vir die vrou wat elke dag ’n avontuur soek. Die LADY BIRMA se materiaal is lig, gemaklik en perfek vir elke dag se dra en lyk ewe goed by oefenklere as by jeans. Beskikbaar in verskeie kleure by Hi-Tec-winkels landwyd. Pryse vanaf R199.

Die Lady Ratti

Daar is min dinge so lekker soos om die natuur na ’n lang dag te beleef, terug te sit en daardie koel luggie te geniet. Die elastiese soomafwerkings en gedetailleerde stikwerk op die 100%-Polyester maak die LADY RATTI perfek vir ontspanning na ’n wedren, familie-uitstappie oor naweke of ’n vroegoggend stappie.

Beskikbaar in magenta, blou en swart by Hi-Tec-winkels landwyd. Pryse vanaf R599.

Die Ezee’z Lace

Jou bene word tot die uiterste getoets: hoe kan jy die avonture van die dag afsluit? Trek jou EZEE’Z LACE aan. Na ’n lang dag het jy die ligste en mees praktiese skoene nodig. Boonop beskerm die I-SHIELD-afwerking jou skoene teen water en modder, maar jou voete kan steeds asemhaal. Beskikbaar by Hi-Tec-winkels landswyd. Pryse begin vanaf R799.

Vir meer inligting besoek www.hi-tec/ZA

Lees ook meer oor die belangrikheid van herstel ná ’n oefensessie hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 days Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.