kategorieë: Skoonheid

Angelina Jolie is die nuwe gesig van Guerlain-parfuum

Guerlain, die Franse skoonheidshuis wat in 1828 gestig is, het pas aangekondig Angelina Jolie is die ikoon van hul jongste fyngeur vir vroue, Mon Guerlain.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons skep parfuum vir die vroue wat ons bewonder,” het Jacques Guerlain, skepper van fyngeure soos Shalimar, L’Heure Bleue en Mitsouko, gesê. Thierry Wasser, Guerlain se meester parfuummaker, het sy inspirasie by Angelina Jolie gekry om ’n fyngeur te skep wat die idee van “notes of a woman” uitbeeld. Die keuses, emosies en drome wat moderne vroulikheid verpersoonlik. Die vennootskap tussen Angelina en Guerlain is reeds in Desember 2015 in Cambodia aangegaan, waar sy tydens die verfilming van die rolprent, First They Killed My Farther, as regisseur opgetree het. Die idee het egter sy oorsprong in Angelina se kinderjare-herinnering van haar ma se liefde vir ’n Guerlain-poeier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Angelina Jolie is ’n filmmaker, aktrise, spesiale gesant van die VN-vlugtelinge agentskap en ook die medestigter van die Preventing Sexual Violence Initiative. Sy het haar hele salaris van die Guerlain-veldtog aan liefdadigheid geskenk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die nuwe geur, Mon Guerlain, word in Maart 2017 in Suid-Afrika bekendgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.