kategorieë: Ons menseBekendes

Anne Hirsch gesels oor The Great South African Bake-Off

BBC Suid-Afrika se The Great South African Bake-Off is nou al in sy derde seisoen en net so aanloklik soos die eerste twee. Dit word Donderdagaande om 20h00 uitgesaai en vir nege weke lank word daar gesoek na die beste amateurbakker. Die beoordeelaars is sjefs Tjaart Walraven en Zola Nene, en die aanbieders is Lentswe Bhengu en Anne Hirsch. Anne vertel ons meer van hierdie ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat geniet jy van die derde seisoen van Bake-Off?

Dis soos altyd vol drama, intrige, ’n paar “soggy bottoms” en fantastiese skeppings. Kortliks, ’n ware Suid-Afrikaanse sepie. 12 diverse en charismatiese bakkers, 2 streng beoordelaars, my mede-aanbieder Lentswe Bhengu en natuurlik die heel belangrikste (vir my ma): ek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk hier na Anne se toer agter die skerms van die Great South African Bake-Off-tent.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy en Lentswe maak ’n skreeusnaakse span. Wat dra julle, afsonderlik, by tot die aanbieding?

Hy is soos my broer op die show en ons geniet ons saamspeel verskriklik. Lentswe is ’n volwaardige en professionele sjef, maar van bak weet ons albei ewe min. Dus is elke dag in die tent ietwat van ’n ervaring. Ons sien ons rol op die program minder as “aanbieders” en meer as die bakkers se besties, altyd byderhand vir ’n skouer om op te huil, ’n high-five en ek dink meeste van die tyd ’n afleiding van die intensiteit wat bou in die tent.

Maak Lentswe en die beoordelaars (wat ook kokke is), ooit vir jou kos?

Nee! Sjoe, nou dat jy dit noem! Tjaart, Zola en Lentswe, ek weet julle lees nou die artikel – hoekom maak julle nooit vir my kos nie?! Ons moet praat …

Was daar al ooit iets verskriklik sleg wat jy op die program moes eet?

Hierdie seisoen se “Nagereg-week” het nogal ’n paar interessante vlaskywe opgedien … Die tegniese uitdagings kan baie moeilik wees, veral omdat die beoordeelaars dele van die resep van die bakkers weerhou. Dus laat ek en Lentswe altyd eers vir Zola en Tjaart proe – quality control.

Is jy ook ’n bakker? Of is jy meer ’n eter van gebak? En wat is jou gunsteling?

Ek’s definitief ’n eter. Ek het laas op skool ’n sjokoladekoek – uit ’n boks – gebak, en as ek dit nie mis het nie, was selfs dit ’n flop. Ek is mal oor crème brûlée, kaaskoek en alle brode. Solank ek dit nie self hoef te bak nie, is ek ’n dankbare gas om enige sjef se tafel.

Uit al drie seisoene wat jy al aangebied het, wat was tot dusver die snaaksste oomblik?

Daar is so baie behind-the-scenes-oomblikke wat ons laat skaterlag. Tjaart het in seisoen 2 probeer om homself baie mooi in te hou toe een van die bakkers koeksoda in stede van suiker gebruik het. Sy gesig toe hy moes proe bly nogsteeds by my … in my nagmerries.

Waarmee anders is jy op die oomblik besig?

My YouTube-program, The Anne Hirsch Show, is weer terug op die internet en ons geniet onsself gate uit met al die mANNEwales. My maatskappy Hirsch Productions vervaardig menige komedie-aande regoor die stad en dan skryf en doen ek hierdie jaar baie meer regiewerk. En natuurlik maak ek ook tyd om The Great South African Bake Off te kyk!

Jy gesels elke week met ’n ander bekende persoon op The Anne Hirsch Show. Wat was van jou gunsteling-onderhoude?

Daar was al ’n hele paar uitstaan-oomblikke, byvoorbeeld om te rap saam met Jack Parow, om gesoen te word deur Gareth Cliff, om ’n bikini-fotosessie te deel met Candice Boucher en natuurlik toe ek en Emo Adams ons weergawe van Dirty Dancing gedoen het. Dit is ’n wonderlike rollercoaster.

Jy is deel van ’n improvisasie-groep. Vertel ons meer hiervan. Wat is die belangrikste deel van improvisering?

Ek vorm deel van Improguise, Suid-Afrika se oudste improvisasie groep. Alhoewel jy jou tegniek kan verbeter, kan mens nie vir improvisasie voorberei nie. Die kern daarvan is: sê “ja” vir alles. As iemand ’n aanbod op die verhoog maak, byvoorbeeld: “Anne, wil jy ’n verjaarsdagkoek bak?” en jy sê “Nee,” dan het die toneel nêrens heen om te gaan nie. Maar as jy “ja” sê, het ons die begin van ’n toneel waar ek ’n koek bak uit ’n boks wat hopelik nie gaan flop nie.

Jy het teenoor Stephen Fry in die 2011 BBC-fliek The Borrowers gespeel. Hoe het dit gebeur en hoe was die ervaring?

Ek is gevra om ’n oudisie te doen. Stephen Fry is een van my ikone en dit was ’n droom wat waar geword het, veral op so jong ouderdom. Hy is ontsettend slim en nederig en natuurlik baie Brits.

Corpse* jy gereeld in jou shows, of kry jy dit reg om nie te lag nie?

Oh vrek ja, veral op die improv-verhoog, want jy weet nooit wat volgende gaan gebeur nie. Op The Anne Hirsch Show corpse ek heelwat minder, want my karakter vat haarself verskriklik ernstig op as ’n celeb-stalker, maar daar was al ’n hele paar oomblikke waar dinge uitmekaar val.

*Corpse is wanneer ’n akteur onopsetlik uit karakter breek deur te begin lag vir iets.

Jy neem jou program op by Zootee Studios in Kaapstad wat deur ’n 100% vroulike span bestuur word. Hoekom is dit belangrik dat meer vroue betrokke raak by die produksie van films en media in ons land en tyd?

Dit gaan als oor verteenwoordiging. 51% van die populasie bestaan uit vroue maar as ons net produksies het wat uit ’n manlike ervaring geskryf en gemaak word, word ons stories nooit eerlik vertel nie en ons stemme raak verlore. Dis bitter belangrik dat ons verteenwoordiging in die media het. Jong meisies moet hulself op die kassie kan sien as presidente, aksie-helde, dokters en so meer sodat hulle kan begin om hulself in daardie rolle te verbeel en nie net die superhero se sexy liefdesbelangstelling nie. Hulle moet die superhero wees!

Waaroor voel jy baie sterk?

Ek staan ernstig agter organisies soos Rape Crisis en ek dink die werk wat hulle doen is bitter belangrik.

Wat vind jy snaaks?

Die absurde. As kind was ek mal oor al die Monty Python en Black Adder-programme. Ek is mal oor chaos op die verhoog waar mens nie weet wat volgende gaan gebeur nie. En dis daardie element van verrassing wat my laat skaterlag.

Wat is die lekkerste ding wat jy al op skerm gedoen het?

Iets wat my altyd sal bybly is toe ek trompoppies saam met Helen Zille op The Anne Hirsch Show gedoen het; dit was weird en nogal amazing!

Jy hou van woordspeling. Wat is jou gunsteling-pun?

Ek weet nie van puns nie maar ek wou nog altyd Japun toe gaan vir acupuncture. Ek meen ek wil nou nie Pundora se boks oopmaak nie, veral as julle my gaan punish, maar hulle noem my nie Rapunzel vir niks nie!

Almal weet Angelina Jolie* is jou beste vriendin. Wat het julle die laaste keer gedoen toe julle saam gekuier het?

Ons het mekaar nogal lanklaas gesien want die jaar was vir ons albei nogal dol, maar ons het so paar weke gelede saam gaan karaoke en dit was ’n fees.

*In The Anne Hirsch Show beweer Anne dat sy en Angelina Jolie beste vriende is. Sy wys dan elke week aan haar gaste ’n gedokterde foto van hulle twee en probeer hulle oortuig dat dit waar is.

Kyk hier na van die agter die skerms-pret tussen Anne en Lentswe by The Great South African Bake-Off. Foto’s met vergunning BBC South Africa.

Lees ook ons vorige onderhoud met Anne.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

35 mins Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

23 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.