kategorieë: VelsorgSkoonheid

Verlig en beskerm chroniese droë vel

Vir party mense beteken ’n droë vel nimmereindigende ongemak en seer, gebarste hande en voete, droë lippe en chroniese veltoestande wat vererger word deur veranderinge in weerstoestande.³

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe hou jy jou vel regdeur die jaar gesond en bestand teen weerstoestande? Wat is die geheim om jou vel die mediese aandag te gee wat dit benodig? Die antwoord tot langdurige effek kom in beide 30 g en 100 g-buisgroottes.² Adcock Ingram se spesiaal geformuleerde SBR Repair en SBR Lipocream is Suid-Afrika se bes bewaarde geheime, wat binnekort “moet-hê” items in elke huis sal wees om die effekte van sensitiewe en droë veltoestande teen te werk.1,2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is droë vel en hoe word dit veroorsaak?

Droë vel is ’n ongemaklike veltoestand wat gekenmerk word deur ’n skubberige voorkoms, jeuk en gebarste vel wat kan lei tot meer ernstige veltoestande. Ernstige droë veltoestande sluit ekseem en psoriase in.³ Droë vel ontstaan wanneer ons liggame nie in staat is om genoeg natuurlike olies, bekend as lipiede wat die hidro-lipiedskanssisteem vorm, te produseer nie. Daar is ook verskeie eksterne faktore wat bydra tot ’n droë vel, insluitend enige iets van droë weerstoestande, hitte, sterk, irriterende sepe en skoonmaakmiddels tot warm storte en lugversorging.1,2,3 By mense wat ’n belemmerde hidro-lipiedskanssisteem het, sal hierdie eksterne faktore die toestand verder vererger.¹ Behalwe dat droë vel en veral chroniese droë vel erge ongemak kan veroorsaak, kan dit ook langdurige sielkundige uitwerkings hê as die probleem nie opklaar nie.4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is ’n versagtingsmiddel en hoe help dit?

Versagtingsmiddels is mediese bevogtigingsmiddels wat gebruik word om ekseem te behandel. Dit verskil van kosmetiese bevogtigingsmiddels omdat dit nie parfuum of enige teen-veroudering-byvoegings bevat nie. Versagtingsmiddels word al vir meer as 5 000 jaar gebruik en dit is noodsaaklik vir enige terapie van droë veltoestande, insluitend atopiese- en kontakekseem.

Versagtingsmiddels streel en verlig die jeuk en vorm ’n olierige lagie op die veloppervlak wat water daaronder vasvang. Die vernuwing van die vel se beskermende funksie as gevolg hiervan voorkom die penetrasie van irriterende stowwe, allergene en bakterieë en vermy of verminder sodoende die ontwikkeling van ekseem en infeksie. Versagtingsmiddels is veilig en doeltreffend – ’n goeie velsorgroetine wat versagtingsmiddels insluit kan die vel streel, bevog en beskerm en só help om die hoeveelheid ekseemareas te verminder.7a

SBR Lipocream word gebruik om droë vel te behandel deurdat dit die vel se beskermende funksie versterk en herstel deur twee fisiologiese vellipiede, vry vetsure en cholesterol, te vervang. Dit laat ook ’n sekere hoeveelheid water toe om die vel te verlaat en behou sodoende die regte balans. Hierdie room is ideaal vir chroniese veltoestande soos ekseem en moet drie tot vier keer per dag aangewend word.1,8

Die spesiale formulasie van SBR Repair beteken dat dit betrokke is by al drie fases om die vel se beskermende laag te bevogtig en te vernuwe. Dit help om die vel se herstelproses te bespoedig deur sy aktiwiteit in fase drie. Dit is moontlik as gevolg van die teenwoordigheid van spesiale deeltjies wat ’n beskermende laag lipiede, identies aan dié van die vel, dieper in die vel indra om die herstelfunksie van dié lipiede op die beskermende laag langer te laat hou. Die room word eenmaal in die aand aangewend, of meer gereeld indien nodig.2,8

Verwysingslys

  1. SBR-Lipocream™ package leaflet. October 2016
  2. SBR® Repair package leaflet. February 2006
  3. Mayo Clinic. Dry skin. [online] 2016 October. [cited 2017 May]; Available from URL: http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dry-skin/symptoms-causes/dxc-20248892?p=1
  4. Preidt R. Eczema’s Effects More Than Skin Deep. WebMD [online] July 2016 [cited 2017 July]; Available from URL: http://www.webmd.com/skin-problems-and-treatments/eczema/news/20160729/eczemas-effects-more-than-skin-deep
  5. Alizadehfar R. Skin Barrier Repair in the Management of Atopic Dermatitis. [online] 2015 December. [cited 2017 May]; Available from URL: http://www.skintherapyletter.com/fp/2010/6.2/1.html
  6. Man MQ, Feingold KR, Thornfeldt CR, et al. Optimization of Physiological Lipid Mixtures for Barrier Repair. Invest. Dermatol. 1996;106(5):1096-101.
  7. National Eczema Society. Emollients. Fact Sheet [online] 2016 January. [cited 2017 May]; Available from URL: http://Awww.eczema.org/emollients
  8. SBR® Patient Information Leaflet (SBRPat02/ 30 Jan 2014); May 2015. Astellas Pharma (Pty) Ltd.

1051115 10/2017

Adcock Ingram Healthcare. Reg. Nr. 1949/034385/06. Privaatsak X69, Bryanston, 2021, Suid-Afrika. Tel: +27 11 635 0000 | www.adcock.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.