kategorieë: Ontspanning

Anni King se buitelandse sjarme

Johanna Chen is die ontwerper agter die pragtige handsakke en saam met haar span stel hulle die The Foreign Affair-versameling bekend. Dié reeks is geïnspireer deur liefde vir reis na die onbekende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy besluit om handsakke te ontwerp?
Die eerste ding wat ek raaksien, is ’n persoon se handsak. Vir my is dit bepalend, dit sê baie oor die persoon wat die sak dra. Ons dra alles in ons handsakke, ons vertrou dit met ons hele lewe. Ek wil handsakke skep wat nie net ’n sak is nie, maar ’n vrou se metgesel.

Wat was jou grootste uitdaging om te kom waar jy vandag is?

Ek het ’n gewoonte om vir alles en almal ja te sê, so my grootste uitdaging was om te leer hoe en wanneer om nee te sê, deur te prioritiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat vind jy oor die Suid-Afrikaanse mode-industrie uitdagend en wat maak jou opgewonde?
Die uitdaging in die Suid-Afrikaanse modebedryf is beslis die beperkte geskoolde arbeid wat ons in die land het, en tog is dit ook wat my opgewonde maak. Die geleenthede om te groei is onbeperk en ek is so gelukkig en bevoorreg om deel daarvan te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom die naam Anni King?
Anni is my middelnaam en King is my pa se naam. Hierdie naam beteken vir my baie. Ek hoop om my pa deur wat ek met Anni King bereik, trots te maak.

Het jy mode gestudeer?

Ek het in 2013 ’n kursus by die London College of Fashion geneem en deeltydse kursusse gedoen toe ek nog korporatief besig was, dit was die enigste formele opleiding wat ek ontvang het. Ek dink nie ’n mens moet ooit ophou leer nie, so ek sal beslis meer kursusse doen om my kennis te bevorder.


Waar kry jy die inspirasie vir jou versamelings vandaan?

Ek glo elke vrou is elegant en pragtig, maak nie saak hoe ander haar sien nie. Ek streef om dit in my ontwerpe te vertoon. My inspirasie kom van binne, maar ook van wat ek tydens my reis en ervarings in die lewe sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Enige wenke oor wat om van jou lente/somer-reeks te verwag?
Dink vrolike gedagtes: pret, vroulik en baie kleur.

Wat sê dit oor ’n vrou as sy ’n Anni King-sak het?
Elegant en vroulik, maar terselfdertyd onafhanklik en sterk.

Wat lief jy oor ’n Anni King-sak?
Dit is nie net ’n sak nie; dit is hoe die dames voel wanneer hulle ’n Anni King-handsak dra.


Wat is jou grootste modewenk?

Moenie aantrek om te beïndruk nie, ons moet almal aantrek om onsself uit te druk, trek vir jouself aan, nie vir ander nie.

Watter raad het jy vir die jong ontwerpers?
Vertrou jouself en jou instinkte, maak nie saak wat ander sê nie.

Enige groot planne vir Anni King in die toekoms?

eCommerce is beslis iets waaroor ons baie opgewonde is, ons gaan kyk hoe om dit in die nabye toekoms te implementeer.

Besoek www.aniking.com vir meer inligting en handelaars.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.