Daar is ook voedsame wenke en ’n kosplan vir twee weke wat jou tyd sal spaar danksy die ideale uiteensetting van maaltye en peuselhappies. Hierdie gratis, aflaaibare kookboek is maklik om te gebruik en sal besige ouers help om minder deur die skooljaar te stres.
Laai jou kookboek af vir monstertoorkuns
Laai jou eksemplaar van die B-well Taste Explorers-kookboek af en ontmoet die intergalaktiese Munchie Monster en sy vriende. Koop enige B-well-kanola-olie, -mayonnaise of -toebroodjiesmeer van enige van die grootste kleinhandelaars en skandeer die QR-kode op die oulike lussie wat aan die deksel vas is. Nie net sal jy die gratis kookboek, kosplan en oulike alfabet met die Munchie Monster as tema kan aflaai nie, maar jy het ook ’n kans om weeklikse pryse te wen! Jy kan ook B-well se webwerf besoek en dit direk hier aflaai. Vir meer inligting, besoek ons webwerf www.bwellfoods.co.za of volg ons op Facebook of Instagram by @bwellfoods.
Resep
Hier is ’n smakie van ons voedsame, vinnig en maklike, kindervriendelike resepte vanaf die B-Well Taste Explorers se kookboek.
Groente-en-maalvleis-frikkadelle
Bestanddele:
500 g vetvrye maalvleis
250 ml (1 k) gemengde groente (wortels, soetrissie, spinasie), fyngekap
30 ml (2 e) B-well-kanola-olie
30 ml (2 e) B-well-toebroodjiesmeer
5 ml (1 t) gemengde kruie
sout en peper volgens smaak
Metode:
– Voorverhit oond tot 180 °C.
– Meng maalvleis, fyngekapte groente, kanola-olie, toebroodjiesmeer, gemengde kruie, sout en peper saam in bak tot goed gemeng.
– Vorm mengsel in frikkadelle en plaas op ’n uitgevoerde bakplaat.
– Bak vir 20-25 minute of tot heeltemal gaar.
Lees ook: Help jou kind dié oorgange baasraak