Beestong-broodjie
Serves: 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 1 kg gepekelde beestong
- • 1 ui, ruweg gekap
- • 2 wortels, ruweg gekap
- • 2 selderystingels, ruweg gekap
- • 3 knoffelhuisies, gekneus
- • 1 bouquet garni (lourierblaar, pietersielie, roosmaryn en tiemie)
- • 2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels
- Broodjies
- • 1 klein rooikool, dun gesny
- • 1 klein groenkool, dun gesny
- • 1 rooi-ui, dun gesny
- • 1 wortel, in dun repies gesny
- • 8 sagte broodrolletjies
- Mosterdsous
- • 15 ml (1 e) olyfolie
- • 30 ml (2 e) koekmeel
- • 60 ml (¼ k) witasyn
- • 125 ml (½ k) kookwater
- • 45 ml (3 e) mosterdpoeier
- • 60 ml (4 e) suiker
- • 125 ml (½ k) mayonnaise
- • 15 ml (1 e) korrelmosterd
Instructions
1 Sit die beestong saam met die ui, wortels, seldery, knoffelhuisies, bouquet garni en swartpeperkorrels in ’n groot kastrol. Gooi genoeg koue water by sodat die tong heeltemal bedek is.
2 Bring die water tot kookpunt. Laat prut vir 2 uur oor ’n lae hitte, of totdat die tong sag is. Laat in die water afkoel.
3 Trek die vel van die tong af en sny in dun lappies.
4 Meng die kool, ui en wortel.
Mosterdsous
Gooi die olie in ’n kastrol en roer die meel by tot ’n gladde pasta vorm.
5 Roer die asyn en water by en bring tot by kookpunt. Klits die res van die bestanddele by tot glad.
6 Sit die beestong op die broodrolletjies saam met die koolslaai en mosterdsous.
Michelle Nortje
Lees Meer
Spek-en-sampioen-pasta
04/10/2024
Jan Braai se Mieliepaptert
20/09/2024