kategorieë: HareSkoonheid

Bekendes laat die hare waai

Die lob is nie net ’n styl wat maklik is om in stand te hou nie, maar dit is ook die een styl wat mooi lyk by almal. Wees braaf en waag dit, die styl sal jou hare varser, gesonder en stylvol laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons hou van dié bekendes se hare:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Zoë Brown

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Karlien van Jaarsveld

Angelique Potgieter

Simoné Nortmann

Nicole Simpson van Stylebar se raad

  • Laat jou hare natuurlik droog word, indien moontlik. Die hare sal dan meer tekstuur en volume hê. Jy kan ook met ’n krultang ’n bietjie definisie skep en die hare beter stileer. Jy kan ook ’n haarproduk met ’n effense matte-tekstuur op jou hare se punte sit om dit vorm te gee en te stileer.
  • Onthou om altyd ’n haarproduk te gebruik wat jou hare teen jou stileeraparate se hitte sal beskerm.
  • Indien jy jou hare droogblaas, gebruik ’n produk wat gaan help om volume te verskaf, soos ’n poeier of mousse. Gebruik die produkte by die wortels van jou hare, dit sal help om meer tekstuur aan jou hare te gee voor jy dit stileer.
  • Deur ’n Root lifting spray op jou hare se kroon-area te gebruik, sal jy ook ’n meer dramatiese styl kry.

Probeer die volgende produkte

#rrwenke

  • As jy fyn hare het, probeer ’n styl wat by die hare se natuurlike tekstuur pas.
  • ’n Kuif is ’n baie goeie antwoord as jy fyn hare het, aangesien dit die illusie van volheid skep. Blonde hare is ook ideaal vir diegene met fyner hare.
  • Tekstuur en ’n snit met lae sal ook help om die hare voller te laat lyk.
  • As jy reguit, dun hare het kan jy dit krul om dit voller te laat lyk.
  • Speel met kleurskakerings. Maak jou hare donkerder by die wortels en ligter by die punte, ombré help laat dit byvoorbeeld lyk of jou hare meer dimensie het.
  • Die regte produkte, soos ’n produk wat volume gaan gee of die hare by die wortels gaan lig en keer dat dit nie platval nie, kan wondere verrig.

Probeer die volgende produkte

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.