kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met akteur Arno Greeff van Vaselinetjie

Die Afrikaanse akteur Arno Greeff is skaars 22 jaar oud en het reeds ’n rits verskynings in films en op televisie gemaak – insluitende sy debuutverskyning op kykNET se gewilde sepie Binnelanders plus die reeks wat ’n sepie geword het, Getroud met Rugby. Vir sy nuutste rol vertolk hy die karakter van Texan Kirby in die film-weergawe van Anoeschka von Meck se boek, Vaselinetjie. Ons het met Arno oor hierdie rol, sy belangstellings en sy toekomsplanne gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy vertolk die rol van Texan Kirby in die film Vaselinetjie. Hoe het jy voorberei vir so ’n komplekse karakter?

Ons het ’n hele paar dae aan repetisies spandeer saam met Corné van Rooyen (regisseur) waar die karakter begin vorm vat het. Vandaar het ek besluit om sy raad te volg en ’n dagboek te hou waarin ek die lewe, soos Texan dit sou ervaar, neergeskryf het. Dit het baie gehelp om ’n agtergrondstorie vir die karakter te ontwikkel en van daar af was dit makliker om die emosie te vind in elke toneel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voel jy daar is ooreenkomstes tussen jou en Texan?

Vir ’n lang tyd was ek ook, soos enige ander tiener, kwaad vir die lewe en het maar baie kwaad geraak – nes Texan. Soos hy het ek ook nie gedeal met goed in my lewe nie, maar nou het ek al vrede gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy vir Texan in een sin moet opsom, wat sou dit wees?

Die rebel met ’n rede.

Anoeschka von Meck het die boek geskryf waarop die film gebaseer is. Het jy ooit die boek gelees en het julle ooit kans gehad om met Anoeschka te gesels?

Ek moet bieg, eers nadat ek uitgevind het ek is deel van die fliek, het ek die boek gelees. Dis moeilik want almal het ’n verskillende prentjie van die boek en die karakters, so ek het maar net probeer om dit uit te beeld soos ek die karakter verbeel het toe ek die boek gelees het. Ek het Anoeschka eers ontmoet die aand van die première by hierdie jaar se Silwerskermfees. Sy’t my darem gegroet so ek glo ek het die karakter regverdig met my vertolking. 😉

Hoekom dink jy is ’n film soos Vaselinetjie, wat sosiale kwessies uitbeeld, belangrik?

Films het die krag om lewens te verander. As die regte fliek vir die regte mense gewys word kan dit inspireer, motiveer en help om mense te transformeer. Mense het soms nodig om hulleself te sien in die karakters en stories op die skerms voordat hulle kan vrede maak met sekere goed in hul lewens of kan oorspring in aksie as dit nodig is.

Jy geniet duidelik TV en film, maar doen jy ook verhoogwerk?

Ek sou graag wou, maar die teaterwêreld is ’n moeilike een om by in te kom. Ek begin nou maar my eie stukke te skryf met die hulp van ’n paar vriende sodat ek weer op die verhoog kan wees.

Jy doen glo ook videoverwerking en redigering. Wat is dit wat jou laat belangstel in hierdie “agter die skerms”-tipe werk?

Ek was nog nie deel van ander programme nie maar ek doen deeltyds advertensies vir klein besighede en doen soms ook sketse saam met ander akteurs. Ek het ook nou saam met ’n vriend ’n produksiemaatskappy begin. Ek hou daarvan om stories te vertel en die hele proses daarvan te beleef. Van skryf tot kamerawerk, klank, regie, redigering en dan soms nog bemarking ook. Ek was nog altyd iemand wat nooit uitsonderlik goed in een ding was nie, maar altyd ’n bietjie van als wou doen. Ek probeer om van al die verskillende fassette van die bedryf te leer.

Wat is jou belangstellings buiten toneelspeel?

Ek is baie lief vir musiek: ek speel kitaar en sing meestal in my aftyd. Verder hou ek daarvan om aktief te wees. Ek speel een keer ’n week rugby en/of sokker en ek probeer om 5 keer ’n week by die gym uit te kom.

Wat is jou gunsteling-dis?

Ek hou nog altyd van pizza, maar ek sal ook nie nee sê vir ’n lekker kerrie nie.

Jy het lank in die sepie Getroud Met Rugby gespeel, maar is vir nou eers klaar daarmee. Wat het jy op stel geleer en wat gaan jy die meeste mis van die sepie?

Sepies leer jou om vinnig te dink en vinnig ’n goeie toneel te doen. Jy leer om emosies vinnig te skep en om woorde te leer word soos tweede natuur. Ek mis nogals die tonele wat ons by die Bekker-huis gehad het, ons het soos ’n regte familie begin raak.

Kyk jy graag rugby? Watter rugbyspan ondersteun jy?

Ja, die droom om self professioneel te speel het nou nie gerealiseer nie, maar ek bly nog lief vir dit. Ek ondersteun ongelukkig die Blou Bulle, maar deesdae kyk ek eerder net as die Leeus speel.

Wat is die lekkerste ding wat jy al op die skerm moes doen?

Ek het in 2015 in ’n fliek gespeel, Die Pro, waar ons moes leer surf en ek kan sonder twyfel sê dit was die lekkerste ding wat ek nog moes doen op die skerm.

Is daar iemand spesiaal in jou lewe?

Ja, sy swot tans op Stellenbosch so ons klap ’n langafstandverhouding.

Wat sou jy doen as jy nie ’n akteur was nie?

Ek sou graag wou gholf speel vir ’n lewe maar meer realisties sou ek in besigheid wou gaan; ’n entrepreneur wees. Alhoewel daai droom ook nou begin vlam vat …

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.

Ek’s nie seker of mense dit weet nie, maar ek is ’n ambivert. Ek is lief daarvoor om stil en rustig op my eie te wees maar kan maklik ook laf en lewendig raak as ek saam met vriende is.

Wat is volgende?

Om eerlik te wees, ek mag dalk vir so ’n rukkie van die skerms af verdwyn. Ek wou al lankal my eie besigheid begin en nou dat dit aan die gang is, wil ek soveel moontlik tyd daaraan spandeer. Ek doen volgende jaar my eerste Engelse reeks, waarna ek baie uitsien, maar as die regte rol nou oor my pad kom sal ek dalk binnekort weer te sien wees. Ek gaan wel elke nou en dan nog ’n draai gaan maak by GMR so dis nie totaal en al die einde nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.