kategorieë: Ons menseBekendes

Bekendes se beste #10YearChallenge-foto’s

#10YearChallenge – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons kan almal saamstem dat sosiale media dikwels ’n taamlik vreemd en brose platform kan wees. Maar ons kan ook stem dat dit die lewe soms vreeslik interessant en beslis snaaks kan maak!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sosiale media is tog ’n maklike manier om op hoogte te bly van die mense rondom jou, jou gunsteling celebs se skindernuus te hoor en van die nuutste uitdaging wat op daardie stadium die rondte doen. Sou jy nou ooit kon raai dat ’n stock image van ’n gewone ou eiertjie Kylie Jenner se rekord van 18.2 miljoen likes op ’n enkele foto kon verbysteek? Wel, glo dit of nie, maar dié foto van ’n gespikkelde eier het sedert 4 Januarie 2019 Kylie Jenner se rekordhouergetal amper verdriedubbel en staan tans op meer as 44.5 miljoen likes. Dit maak hom die gewildste foto op Instagram!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié eier het selfs Ellen se aandag getrek:

En net voordat die eier in die kollig was, het sosiale media gesorg vir hope pret en lekker memes tydens die vrystelling van Sandra Bullock se nuutste Netflix-film, Bird Box, wat mense behoorlik aan die gons gehad het. Almal het geblinddoek rondgeloop en lekker video’s van hulle eie #BirdBoxChallenge op sosiale media gedeel. Maar wag, vergeet maar weer van die eier en die #BirdBoxChallenge, want nou gaan alles oor die nuwe #10YearChallenge …

Wat is die #10YearChallenge?
Dié uitdaging het verskeie ander name soos die #HowHardDidAgingHitYou-uitdaging, die verouderingsuitdaging, en die #GlowUp-uitdaging, maar die tendens het die meeste spoed opgetel as die #10YearChallenge. Deelnemers plaas twee foto’s – gewoonlik langs mekaar – wat minstens tien jaar uitmekaar geneem is. Die algehele boodskap van dié uitdaging? Self care. Dit is sosiale media-gebruikers se manier om vir die wêreld te wys hoe jy “gloei” (of, jy weet, wys hoe jy nie ’n dag verouder het nie!)

Hoe om self deel te neem aan die #10YearChallenge:
Dis eenvoudig! Deelnemers plaas net twee foto’s – gewoonlik langs mekaar – wat ten minste tien jaar uitmekaar geneem is. Al wat jy moet doen is om twee foto’s van jouself (langs mekaar geplaas) te kies wat tien jaar uitmekaar geneem is, en dit dan op jou Facebook/Instagram-profiel met die hutsmerk #10YearChallenge te deel.

Ons het ’n bietjie na van ons gunsteling plaaslike- en internasionale bekendes se #10YearChallenges gaan kyk, en hier is ons gunstelinge:

Reese Witherspoon:
Al wat Reese met dié uitdaging bewys het, is dat sy nog nie ’n dag sedert 2009 verouder het nie! Sy lyk steeds net so fyn, plooiloos en blond soos destyds.

Trevor Noah:
Trevor Noah lyk nie net elke jaar beter nie, maar sy styl het boonop 10 keer verbeter. “Soos jy kan sien, het my styl glad nie tydens die laaste dekade verander nie,” het hy geskerts. Maar dit is duidelik dat Trevor soos ’n goeie wyn is, hoe ouer hy word, hoe beter raak hy!

Jessica Biel:
Dit is baie moeilik om op Jessica se twee fotos die verskil te sien tussen 2009 en 2019. Behalwe vir die effens donkerder haarkleur lyk sy basies nog presies dieselfde!

Miley Cyrus:
Miley Cyrus het ook aan dié uitdaging deelgeneem en ’n foto gedeel saam met haar nuwe man, Liam Hemsworth. Dié foto is geneem tydens die verfilming van die fliek, The Last Song, waar hulle op stel ontmoet het en blykbaar dadelik smoorverlief was! Die paartjie is in Desember tydens ’n klein seremonie getroud by hul huis in Tennessee omring deur familie en vriende.

Zetske van Pletzen:
Buiten die haarstyl wat verander het, bly Zetske so beeldskoon soos altyd.

Ek dink ons kan almal saamstem dat die tyd vlieg as ’n mens jonk en verlief is:

Isla Fisher:
Die ster van Confessions of a Shopaholic het ook aan die #10YearChallenge deelgeneem. Sy skryf : “Ek was ‘n dekade gelede rekmerk/spanx/doekevry.”

Bobby van Jaarsveld:
Kyk, mooi bly mooi!

Angelique Gerber:
Hoe is dit moontlik om op 34 nóg jonger te lyk as op 24 – en dit boonop ná 3 kinders?

Dunay van Heerden:
Dunay en Kurt, toe en nou!

Simone Nortmann:
Kyk net hoe fraai!

Elizabeth Banks:
Elizabeth Banks het haar #10YearChallenge geplaas en bygevoeg dat “blondines meer pret het.”

Armand Aucamp:
Kyk net hoe lyk ’n 21 jarige Armand Aucamp met (volgens hom) die “coolste” brille ooit!

En dan is daar, soos altyd, heelwat bekendes wat hulle eie spin op die uitdaging geplaas het.

Amy Schumer:
Die Trainwreck-aktrise en komediant, Amy Schumer, het haar eie weergawe van die #10YearChallenge op Instagram gedeel met ’n stel swangerskap-spanx en ’n paar sonbrille. Die foto aan die linkerkant is eintlik van Charlize Theron wat die Amerikaanse reeksmoordenaar Aileen Carol Wuornos uitbeeld in die film Monster.

Justin Baldoni:
Dié ster van Jane The Virgin het ’n foto van homself langs Cole Sprouse geplaas, en die foto met die hashtag #haterswillsayitsfake onderskryf. Cole het op die foto reageer en gesê: “Bly om te weet dat ek ook uiteindelik gesigshare groei.”

Tracey Lange:
Tracey het besluit om in dieselfde rigting te gaan as Justin met haar weergawe van die uitdaging. Sy skryf, “Gelukkig het ons styl met die jare verbeter,” en sluit af met ’n #SomeWillSayItsPhotoShop hashtag. (In die foto aan die linkerkant is Tracey en haar geliefde, Avukile Mabombo, se gesigte op Justin Timberlake en Britney Spears se lywe geplaas. En in die tweede foto is hulle gesigte op die lywe van Kim Kardashian en Kanye West geplaas.)

Sarah Silverman:
Die 2019 Sarah lyk nog PRESIES dieselfde as haar 2009-self …

Maar ons kan nie dieselfde sê oor Francois van Coke nie! 😛

Chelsea Handler:
Die komediant, Chelsea Handler, het ons hardop laat giggel en Elizabeth Banks se uitdaging as haar eie herplaas. Sy het geskryf: “Ek kan nie onthou dat ek toe ‘n donkerkop was nie, maar ek onthou ook maar min van 2007.”

Armin van Buuren:
Die bekende DJ se uitdaging was meer gebasseer op ’n blik van sy toekoms, eerder as sy ’n kykie op sy verlede. Hy het ’n foto van homself langs die bekende sjef, Gordon Ramsay, geplaas. Interessante keuse, maar ons tog lekker geglimlag.

En soos altyd het Bouwer Bosch ook aan dié uitdaging deel geneem en nie teleur gestel nie! Hy het ’n foto van homself langs die bekende akteur, Seth Rogan, geplaas en met die #10YearChallenge hutsmerk onderskryf.

So, wat dink jy van die bekendes en hulle vertolkings van die uitdagings?

Voel jy nie ook nou sommer lus om ook jou eie #10YearChallenge met die wêreld te deel nie? Ons het tog ons s’n gedeel:

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.