Margaret se wêreld: Die oploop tot die Golden Globes

Margaret se wêreld: Die oploop tot die Golden Globes deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Margaret Gardiner. Aandrok: Oliver Tolentino. Skoene: Stuart Weitzman. Handsakkie: De Marquet World.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gestel iemand sê vir jou jou werk sluit in dat jy saam met die mooiste en talentvolste aktrises in die vermaakbedryf op die rooi tapyt moet verskyn. En nadat jy vasgestel het wat die werkbeskrywing behels en hoe jy dit moet uitvoer, sal jy besef dit is menslik om te dink niemand sal jou raaksien tussen al die sterre in hul ontwerpersklere, grimering, haarstyle, juwele en gevolge nie. Maar ’n mens wil darem ook goed lyk …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die mooiste vrou in die wêreld – en ek

Voorheen het sommige ontwerpers goedgunstiglik vir my ontwerpersrokke verskaf, maar met my kankerletsel was ek nie meer so seker hulle sou nie.  Daarom was dit ’n verligting toe Oliver Tolentino van die Filippyne my in November by ’n onthaal raakloop en sê hy het net die rok vir my.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Laat die kos skitter

Dit was in die warboel van partytjies en video-verwerkings vir my You Tube-kanaal en ek was nog nie gefokus op die Golden Globes wat nog ses weke ver was nie. ’n Maand later het ek wakker geskrik en besef ek het minder as drie weke om my dinge agtermekaar te kry, terwyl ek ook Kersinkopies moes doen en moes voorberei vir die feestelikheid van die nuwe jaar. Hoe gaan ek dit regkry?

Lees ook: Ons het almal bad hair days

Oliver het my na sy Beverly Hills-winkel genooi en die rok uitgehaal wat ek gevra het. ’n Vleeskleur wat ek gemeen het die neiging op die rooi tapyt sou wees. Ek was mal daaroor. Toe haal hy die rok uit wat hý wou hê ek moet aantrek, en ek het besef die rok waarop ek pas verlief geraak het, was net ’n flirtasie. Ware liefde was die rooi rok wat jou laat dink aan die kurwes van die skoonhede van die jare vyftig. ’n Mens trek dit aan en jy voel magtig, vol selfvertroue en pragtig. Die rok was beeldskoon. Dit het my spesiaal laat voel. Ek het anders gestaan en beweeg as ek dit aanhet. Og, ek wou met die rok trou!

Die Stuart Weitzman-sandaal – elke vrou se droom!

Die week van die Golden Globes is daar nog afwerkings aan die rok gedoen en ek het gesoek na ’n handsak wat daarby sal pas. Ek kan nie een van daardie sakkies dra wat net ’n peperment en ’n sneesdoekie kan vat nie. Ek het iets nodig wat goed sal lyk, my foon, ’n notaboek, ’n pen, foonlaaier, lipstif en ’n grimeerpotlood vir my oë én een vir my mond sal kan vat. Ek kyk gewoonlik in my kas, maar daar was niks wat gewerk het nie, en ek het nie eintlik tyd gehad om op ’n winkelsoektog te gaan nie. Boonop was die verkeer en parkering ’n nagmerrie. Maar ek stop altyd by DPA se geskenkkamer waar daar verskeie items is wat jy op die rooi tapyt kan gebruik. Alles op een plek. De Marquet World het ’n diamantésakkie met ’n kettinghandvatsel gehad wat oor die skouer pas as ek die sterre afneem. Perfek.

Lees ook: Omhels wie jy is!

Ek stel my nuwe Geek-sonbrille op die proef: liggewig en modieus!

Maar op pad uit het ek letterlik in my spore gaan staan. Daar op die tafel was hierdie liggewig-sonbril wat heeltemal anders was. Enigiemand wat my op Instagram volg, sal weet ek leef in my sonbril. Ek kan niks daarsonder doen nie, want my oë is ligsensitief. Ek het pas my gunsteling-bril gebreek en was van plan om ’n nuwe te koop. Hierdie een het verskeie kleure gehad en sou perfek wees vir die rooi tapyt.

Geek Eyewear het vir my ’n bril gekry en ek was verlig dat ek nie verder hoef te soek nie. Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en laat my nie deur ’n sekere voorkoms bind nie. Hierdie sonbril sou nuttig wees vir verskeie geleenthede danksy die veelkleurigheid.

Nou die skoene. Ek het ’n vintage paar Stuart Weitzman-sandale wat ek vir spesiale geleenthede gebruik, maar ek het verlief geraak op die rooi stilettos van die ontwerper. Ek bedoel, dames? Is ek verkeerd? Rooi stilettos? Moet elke vrou nie ten minste een paar hê nie? Ek het myne gekry!

Nou die gesig. Ek kan nie iets daaraan doen nie. Ek is 59 jaar oud. Ek gaan as myself. Maar ek het ’n geskenkbewys gekry vir ’n gesigbehandeling by ’n spoggerige plek. So ek het my gemaklike stewels en jeans aangetrek en ’n hoed opgesit, want dit was koud en reënerig in LA, en vir my teenverouderingsbehandeling gegaan.

Voor die behandeling het hulle my in ’n kamerjas toegewikkel, komkommerwater gegee en voor ’n kaggel laat wag. Toe op die bed en o, aarde, dan smeer hulle ’n skoonmaakmiddel aan jou gesig en nek.

Dan sit hulle gaas oor jou gesig. Ek het die skoonheidsterapeut gevra om vir julle ’n foto te neem. Die Mummie! Maar ek het wonderlik gevoel. Ek wou vir ewig slaap. Hulle het ook iets op my lippe gesmeer. Ek dink dit was om my te laat ophou praat. Ons almal weet mos ek praat baie!

Ek het vergeet om ’n foto te neem toe ek uitgaan. Dit is moeilik om foto’s te neem as jy besig is. My foto’s is gewoonlik vinnige foto’s wat uit fokus is. Nie perfek belig en saamgestel nie. (Ek reis nie met ’n fotospan nie, helaas!)  Ek onthou toe ek op facebook begin foto’s deel het, het mense gekla my foto’s is swak belig. Maar hier is ’n professionele foto wat vier dae later geneem is by ’n geselligheid saam met die dogter van Idris Elba. Dit was ’n middagete en ek was die gasvrou vir HFPA. Dit het gegaan oor geestesgesondheid vir invloedrykes.

Jy kan ’n merkbare verbetering op my gesig sien vergeleke met die video’s wat ek ’n paar weke tevore op my YouTube-kanaal gedeel het. Jy sal ook sien dat my gesig ’n week later na normaal teruggekeer het. Die gesigbehandeling was duur. Ek het nie die geld of tyd om elke week 80 minute te gaan stillê terwyl iemand my gesig pamperlang nie.

Lees ook: Ons het almal sulke dae …

Ek is nie seker of die verskil daaraan te danke is dat oor die Kersfeestyd beter slaap nie. Die enigste manier wat ek sal weet, is as ek weer dieselfde behandeling volg en dieselfde resultate kry …

Lees ook: 2018 in oënskou

Ek hou daarvan om te bly by wat ek ken en hou by my eie rome en praktiese skoonheidsroetines.

Lees ook: My oggendroetine

Hou hierdie rubriek dop vir ernstige selfsorg in die toekoms!

Margaret en Isan Elba. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.