kategorieë: Ons menseBekendes

Bennie Fourie gesels oor Vuil Wasgoed

Die aksie-komedie Vuil Wasgoed is vanaf 8 Desember 2017 in fliekteaters landwyd te sien. Ons het met die skepper en hoofakteur van dié film, Bennie Fourie, gesels en meer uitgevind oor die konsep daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Vuil Wasgoed droom twee vriende, Wim en Kevin, al vir jare van hul eie koffiewinkel, maar terwyl hulle wag om dié droom te bewaarheid, werk hulle tydelik in ’n klerewassery. Die probleem is dat “tydelik” sewe jaar geword het en dat die hoogtepunt van hulle bestaan steeds die leen van hul kliënte se klere is om snags partytjies te “crash.” Hierdie stelsel werk goed. Kevin is selfs naby daaraan om die liefde van sy lewe te kry, totdat ’n onderduimse juweelhandelaar verraai word, sy vinger afgesny word en dié vinger in ’n baadjiesak by die wassery opeindig. Teen hulle wil word Wim en Kevin in ’n gevaarlike onderwêreld ingesleep. Kort op hul hakke is twee broers met ’n rash, ’n blinde handlanger, twee top-polisiebeamptes en ’n ongenaakbare verraaier. En iewers staan ’n skeepsvraghouer met ’n kosbare vrag en wag vir die hele spul om toe te sak …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beskryf Vuil Wasgoed in 10 woorde.

’n Aksie-komedie so wild dat hy homself nie inperk om in slegs tien woorde beskryf te word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons van jou karakter, Kevin.

Kevin het saam met sy vriend Wim (gespeel deur Bouwer Bosch), ’n ontsaglike passie vir die 80’s.  Hy streef na baie meer as waar hy homself op hede bevind agter die toonbank van ’n wassery. Die storie gaan in ’n mate oor Kevin wat moet beheer neem van sy lewe.

Jy het ook die draaiboek geskryf. Hoe het jy met die idee vorendag gekom?

Toe ek en Bouwer Mooirivier geskiet het, het ons by die Ocean Basket in Potchefstroom besluit om in te skryf vir die Silwerskermfees se kortfilmkompetisie. Ons wou ’n storie maak oor twee ouens wat in diep moeilikheid beland. Ek het nog altyd gedink ’n wassery is ’n cool plek en het besluit om dit daar te laat afspeel. Vandaar was dit net nodig om hulle in ’n regte moeilike situasie te plaas en myself so in ’n hoek in te skryf dat ek self nie weet hoe hulle uit die moeilikheid gaan kom nie …

Wat is jou gunstelingtoneel in die film?

Waar ek, Bouwer en Stiaan Smith se karakters sit en gesels om te hoor of hy (Stiaan se karakter) ons sal help. Dan stap sy dowe meisie in en hulle begin ’n vingertaal geveg reg voor ons.

En jou gunsteling “one-liner“?

“Kom ons sê maar net iemand met athlete’s foot het my op die gat geskop.”

en

“Dankie dat jy hier was.

Wie het die meeste ge-corpse* tydens die opname van hierdie film?

Dis ’n close call tussen my en Eduan Kitching, ons kinematograaf. Bouwer is meestal verantwoordelik daarvoor.

*Corpse is wanneer iemand uit karakter breek tydens verfilming en begin lag wat veroorsaak dat die toneel weer geskiet moet word.

Jy is goeie vriende met meeste van die akteurs in die film. Hoe was dit agter die skerms?

Meeste van die akteurs was betrokke by die kortfilm. So dit was regtig lekker om almal weer betrokke te hê met die tweede rondte. Almal het presies geweet watter tipe fliek ons maak, wat regtig baie gehelp het. Dis ’n absolute voorreg om saam met vriende films te kan maak.

Jy en Bouwer ken mekaar al lank en het al baie saam gewerk. So ook jy en Tim Theron.

Ek, Bouwer, Tim en Stiaan se paaie het almal onderskeidelik op die PUK gekruis. Ek en Bouwer het eers aan die einde van ons universiteitloopbane vriende geraak. Ek en Tim was saam in ’n improvisasie komediegroep en ek en Stiaan het teen mekaar koshuistonele geskryf en afgerig. Die res van die mense het ek so langs die pad ontmoet soos ons die projek aan die gang gekry het.

Lees ook ons onderhoud met Tim Theron oor Vuil Wasgoed.

Hoekom het julle besluit om ’n vollengte film te maak? Vertel ons ook van die Silwerskermtoekenning …

kykNET het na die sukses van die kortfilm ontwikkelingsgeld gegee om ons film in ’n groter projek te ontwikkel. Hulle wou aanvanklik ’n TV-reeks maak, maar ek wou graag ’n fliek daarvan maak. Hulle was baie oop vir die idee. Om die toekenning te wen was ’n massiewe oomblik in my lewe.  Dit het deure baie vinniger oopgemaak as wat ek ooit voor kon wens. Dit is as gevolg van daai klein film wat ek vandag die voorreg het om te doen wat ek doen.

Wat is jou beste wasgoedwenk?

Was jou klere in kussingslope. Dit verniel minder en geen waspoeier kom op jou klere nie.

Kyk hier na die lokprent van Vuil Wasgoed.

Jy het onlangs stand-up comedy begin doen en jy was deel van die komediegroep Lagnes. Vertel ons meer van hierdie ervaring.

Stand-up comedy is die mees vreesaanjaende ervaring wat ek al ooit gehad het, maar gelyktydig ook een van die lekkerstes. Ek wil dit baie graag aanhou doen. Improvisasie verskil baie van stand-up. Dis altyd groep-georiënteerd en dis wonderlik om saam met goeie vriende te doen. Ek is gek oor beide en is gelukkig nog nooit geheckle nie.

Lag jy ooit vir jou eie grappies?

Ja, ek doen. Skaamteloos. As dit nie vir my snaaks is nie, hoe moet dit vir iemand anders snaaks wees?

Waaroor sal jy nog ’n fliek of reeks wil maak?

Ek sal nog ’n paar komedies wil maak, maar moontlik later aanskuif en ’n ander genre uitprobeer net vir die lekker.

Wat is die lekkerste ding wat jy al ooit vir ’n fliek of reeks moes doen?

Om te leer om te surf saam met Edwin van der Walt, Vilje Maritz, Arno Greeff en Reine Swart vir Die Pro!

Lees ook ons onderhoud met Arno Greeff

Lees ons onderhoude met Reine Swart hier en hier

As jy enige raad vir jou jonger self kon gee, wat sou dit wees?

Wees minder hard op jouself en begin vroeër om te probeer uitvind wat is dit waaroor jy regtig passievol is. O… en moenie te lief raak vir soetgoed nie. Die goed is verslawend.

Jy het al baie gereis. Wat is jou gunsteling-bestemming en watter plek wil jy nog graag sien?

Ek was onlangs in New York en dit is so ongelooflik soos almal sê. My gunstelingland is wel Spanje. Ek wou nog altyd gaan en het Barcelona ontsaglik baie geniet. Die kos en die mense is baie spesiaal! Ek wil nog graag Vietnam besoek.

Bennie was rooi rose se rooiwarm man in ons Desember 2017-uitgawe, lees gerus hier om meer oor die talentvolle man te leer.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.