kategorieë: WenkeSkoonheid

Berei so voor vir jou troue: Kenners se top-skoonheidswenke

Berei so voor vir jou troue deur Corné Greeff.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak gereed vir jou troudag!

Jou troudag is baie spesiaal en elke bruid wil net die beste hê en op hul beste lyk. Daar is soveel aspekte wat jy in gedagte moet hou as jy jou groot dag beplan dat jy soms oorweldig mag voel. Ons het ’n paar kenners in die troubedryf gevra oor hulle beste wenke sodat jy op jou mooiste kan lyk en voel op jou groot dag. Hier vir raad vir van haarsorg en velsorg tot raad vir mooi hande en sagte voete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drie belangrike dinge om te onthou

Alles wat jy daagliks doen en inneem het ’n invloed op jou vel, hare en gesondheid. Daarom is dit baie belangrik om ook hierdie drie stappe te volg saam met ons ander wenke:

1. Kry genoeg slaap

Probeer om minstens 8 uur elke nag te slaap, veral in die laaste paar maande en beslis die aand vóór jou troue.

Lees ook: Hoe om ‘n slaapdagboek te hou vir ‘n beter nagrus

Foto: Pexels Berei so voor vir jou troue

2. Drink genoeg water

Jy behoort ten minste agt glase water per dag te drink.

Lees ook: Drink water volgens die horlosie

Foto: Pexels

3. Leef gesond

Maak seker jy oefen gereeld en eet gesond. So sal jy nie net meer energie kry nie, maar jy sal ook beter voel. Oefening is ook ’n baie goeie manier om van stres ontslae te raak.

Lees ook: Voed jou vel met groente en superkosse

Lees ook: Velsorg en Oefening

Lees ook: “Plank”: Die een oefening wat almal moet doen

Lees ook: Waarvoor wag jy? Dit is tyd om weer fiks te word.

Velsorgwenke vir jou groot dag

Jou troudag is die dag waarop alle aandag op jou en jou aanstaande gerig is. Almal neem foto’s van julle en dit is hierdie herinneringe waaraan jy vir die res van jou lewe gaan vashou. Velsorg is dus beslis een van die dinge waarop jy bietjie meer geld kan bestee!

  • Een van die beste wenke as dit kom vir voorbereiding vir jou troue: Begin al ’n jaar voor die tyd met ’n goeie velsorgroetine, stel Cheryl Parker, grimeer- en haarstilis voor.
  • Gaan ’n jaar voor jou troue reeds na ’n dermatoloog om jou te help met die regte behandeling vir jou vel.
  • Cheryl stel ook voor dat jy nie met nuwe produkte eksperimenteer kort voor jou troudag nie. Jou vel kan sensitief teenoor nuwe produkte reageer.
  • Die beplanning en drama wat gepaard gaan met troues is baie stresvol. Stres kan veroorsaak dat jou vel puisies kry, uitslaan, droog raak of selfs olierig begin voel. Jou vel is ’n orgaan, jou grootste een, en gaan beslis negatief reageer op faktore soos stres.
  • Gebruik ’n produk wat jou vel sal beskerm teen omgewingsfaktore.
  • Wanneer jy wel ’n puisie of twee kry, gebruik ’n goeie velsorgbehandeling wat aktiewe bestanddele bevat. Dit sal jou help om vinniger van puisies ontslae te raak.
  • Bevogtig, bevogtig, bevogtig! Cheryl stel voor dat jy gereeld jou gesig moet bevogtig, ook op die dag van jou troue. Jou grimering gaan op sy beste lyk wanneer jou vel goed bevogtig is.
  • Moenie vergeet van sonskerm nie. As jy buite trou is dit veral baie belangrik dat jy jou sonskerm aanwend voordat die grimeerkunstenaar jou grimering doen. Jy wil beslis nie rooi brand nie.
  • Skilfer jou vel af. Raak ontslae van droë velletjies, swartkoppies en dooie selle deur jou gesig twee tot drie keer per week af te skilfer. Was dit dan direk daarna.  Kies ’n produk wat sagkens op jou vel is en dit nie gaan irriteer nie.
  • Gaan gereeld vir gesigbehandelings of doen dit self by die huis. Dit sal jou help ontspan en bydra om jou vel mooi glansend en gesond te laat lyk. Jou laaste gesigbehandeling moet ten minste twee weke voor jou troue wees.

Lees ook: Gesigwas 101

Haarsorgwenke:

Daar is soveel faktore wat jou hare kan beskadig as jy nie mooi daarna kyk nie. Daar is ’n gesegde: ‘belê in jou hare, want dit is die kroon wat jy nooit afhaal nie’. Dit kan nie meer waar wees nie.

Hier is ’n paar wenke om te help dat jou hare glansend en gesond lyk op jou spesiale dag.

  • Cheryl Parker stel voor dat bruide al ’n jaar voor hulle troue begin met haar-behandelings, óf by die die salon óf by die huis. Indien jou hare in ’n baie slegte toestand is, is dit beter om eerder ’n afspraak te maak by ’n haarsalon.
  • Biosense Professional waarsku dat dat jy jou hare kan oorbehandel. Oorbehandeling kan ook erge skade veroorsaak.
  • Moenie enige dramatiese veranderings maak aan jou hare kort voor jou troue nie.
  • Indien jy jou hare wil kleur, begin al ’n jaar voor die tyd met die proses. Sorg dat jou laaste kleursessie op die laatste ’n week voor jou troue is, stel Biosense voor.
  • Maak betyds ’n afspraak by jou haarstilis, sê Cheryl. Dit moet ten minste ses maande voor jy trou gebeur. Neem foto’s saam en wys vir hom/haar presies hoe jy dit wil hê.
  • Vind ook uit of jy vir daardie styl jou hare die dag voor jou troue moet was of nie.
  • Een van Biosense Professional se beste wenke vir gesonde hare is, om vir jou ’n satynkussing aan te skaf om op te slaap.
  • Jy sal ook jou haarpunte so twee weke voor jou troue moet laat sny, stel Biosense Professional voor.
  • Biosense Professional stel ook voor dat jy direkte hitte soos van stileerapparate op jou hare voor jou troudag vermy om te keer dat jou hare beskadig en breek.
  • Op jou troudag is dit belangrik dat jou ma of strooimeisies presies weet hoe om jou sluier vas te steek, sonder om jou haarstyl te vernietig.

Lyfsorgwenke vir ’n bruid

Dit is nie net jou gesig wat glansend en gesond moet lyk nie, maar die res van jou lyf wat gaan wys ook. Natuurlik tel dit vir jou bene ook, al hulle nie sigbaar nie.

As jy goed voel sal jy natuurlik meer spontaan en vol selfvertroue wees.

  • Laserbehandelings om ongewenste hare op jou bene, onderarms of bo-lip te verwyder is al baie lank gewild. Indien dit iets is wat jy graag sou wou oorweeg stel The Laser Boutique voor dat jy reeds ses maande voor jou troue begin met laserbehandelings.
  • Waks kan baie ingewikkeld raak, veral op delikate plekke. Moet eerder nie iemand gebruik wat jou nie ken nie, maar bly eerder by die persoon wat dit altyd doen. Vier dae tot ’n week voor jou troue is die perfekte tyd om hiervoor te gaan, afhangend van hoe vinning jou hare groei.
  • Pasop vir te veel sonbedsessies in ’n kort tydjie. ’n Rooi gebrande vel wat afdop gaan nie juis mooi lyk nie, of hoe?
  • Vir ’n sagte, gesonde vel moet jy gereeld bevogtig. Begin ’n jaar voor jou troue om soggens en saans jou lyf met ’n bevogtiger in te smeer.
  • Skilfer af voor jy die bevogtig aansmeer, want dit sal help dat die bevogtiger vinniger in jou vel intrek.
  • Om natuurlik te lyk is deesdae ’n baie groot tendens. Daarom is dit nie eers nodig om selfverbruiner te gebruik nie.
  • As jy wel selfverbruiner gebruik beveel Cheryl aan dat jy ’n kundige inspan. Gaan ook vir ’n toetslopie ’n maand voor jou troue.
  • Skinny Tan SA beveel aan dat jy jou vel afskilfer voordat jy gaan vir ’n selfverbruiningsessie.

Lees ook: Hare op verkeerde plekke: Ons toets laserhaarverwydering

Lees ook: Beste wenke vir selfverbruining

Lees ook: Bikini-wasgids: 20 goed wat almal met weet

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Wenke vir jou hande en voete

Die laaste ding wat jy wil hê op jou troudag is gebarste hakke en droë hande.

  • Begin drie maande voor jou troue om gereeld vir manikure te gaan. Dit sal help om jou hande sag en sonder velletjies te hou.
  • Wend gereeld room aan jou hande.
  • Moet nie van jou voete vergeet nie. Spa-behandelings pas dalk nie almal se sak nie, maar jy kan sagte, versorgde voete kry deur net elke maand ’n masker te gebruik en jou voete gereeld af te skilfer.
  • Wend ook gereeld room aan jou voete en hakke voor jy gaan slaap.
  • Gaan eerder vir  ‘n jel- of akriel-manikuur voor jou troue. Dit is wel duurder, maar beslis die geld werd. Gewone naellak hou nie so lank nie en kan dalk ’n kap of twee kry en nie meer so mooi lyk nie.
  • As jy oop skoene dra, verf jou toonnaels of gaan vir ‘n behandeling en pedi by die salon.

Lees ook: Hou ‘n pamperlangdag met jou vriendinne

Lees ook: Kruie vir jou voete

Lees ook: WEN N SPROKIESTROUE

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.