kategorieë: Fiksheid

Bergfiets met die regte klere

Brrrr!

Die Britse avonturier en skrywer, sir Ranulph Fiennes, het gesê daar is nie iets soos slegte weer nie, net verkeerde klere. En hy behoort te weet, want hy was die eerste mens wat na die Noord- en Suidpool gestap het. Hou dit in gedagte wanneer jy weer verskonings oor die weer en oefen uitdink. Beloon jou dié winter met die regte klere en jy sal sommer lus wees om te gaan oefen en terselfdertyd knus en gemaklik voel. Die windfaktor kan dit ysig koud op ’n fiets maak, maar gelukkig is daar oplossings hiervoor. Dié klere van Fox is spesiaal vir vrouefigure ontwerp, en is onder meer in ’n lieflike pruimkleur beskikbaar. Dra dit saam met arm- en beenverwarmers en ’n ligte baadjie wat die wind breek en jy is reg vir pret. Die helm is van uvex.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klere beskikbaar by Cycle Lab. Besoek die webblad hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vroue-bergfietsdag

Bergfietsry is opwindend, maar om kort-kort jou nerwe af te val is minder plesierig. Dis ook nie lekker wanneer jy by elke steil afdraand of hindernis moet afklim omdat jy bang is jy val nie. Die winter is die ideale tyd om jou vaardighede op te skerp en dit gaan daardie volgende uitstappie of wedren net baie lekkerder maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

rooi rose en die PwC Bike Park span saam en bied op 31 Julie ’n opwindende vaardigheidskursus vir vroue by die PwC Bike Park in Bryanston aan.

Jy het nie ’n bergfiets nie? Geen probleem nie. Vir R100 ekstra kan jy ’n fiets en helm vir die dag huur. Fietsryers word in twee groepe verdeel: beginners en meer ervarenes sodat elkeen nuwe vaardighede gaan leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bergfietskursus

Wanneer: Sondag 31 Julie; 08:00 – 13:00.
Plek: PwC Bike Park, Libertasstraat 1A, Bryanston.
Koste: R300 (jy kan ’n bergfiets en helm vir R100 ekstra huur). Die prys sluit in cappuccino/tee en muffins wanneer jy opdaag en versnaperings en cappuccino/tee agterna, asook ’n geskenksakkie vir elkeen met uvex-sonbrille en fox-handskoene ter waarde van R800. Besoek hul facebookblad by PwC Bike Park (010 591 9273).
Wen ook pryse ter waarde van R14 000.

• Besprekings: kyk by caxtonevents.co.za vir meer inligting en hoe om te bespreek, asook bepalings en voorwaardes.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.