kategorieë: VelsorgSkoonheid

Beskerming teen blou lig

Beskerming teen blou lig deur Suzanne Kotzé. Hooffot0: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deesdae word ’n groot ophef van slaap gemaak en hoe noodsaaklik dit is om genoeg te slaap. Volgens slaapkundige dr. Dale Rae het die ontdekking van die gloeilamp ons sirkadiese ritme deurmekaargegooi omdat daar nie meer natuurlike lig en donker is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Mites en feite oor slaap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Pexels

’n Groot deel van daglig bestaan uit blou ligstrale, en energiebesparende LED-liggies en elektroniese apparate soos skootrekenaars en slimfone straal ook ’n groot hoeveelheid blou lig uit.

Wanneer ons aan blou lig blootgestel word, skei ons liggame nie serotonien af wat ons help slaap nie.

Vir jou vel om te herstel het dit genoegsame slaap nodig (nie minder as ses uur nie, maar ook nie meer as 12 uur nie). Terwyl jy slaap, maak jou vel nuwe selle en die menslike groeihormoon word afgeskei (baie kenners bestempel dié hormoon as die “fontein van jeugdigheid”). Die menslike groeihormoon (human growth hormone) herstel en vernuwe alle weefsel, ook jou vel, terwyl jy slaap. As jy nie genoeg slaap nie, onderbreek jy die afskeiding van die hormoon. As jou sirkadiese ritme versteur word, lei dit ook tot oksidatiewe spanning wat veroudering aanhelp.

Wat kan jy doen om beter te slaap?

Foto: Pexels

  • Vermy koffie en alkohol saans.
  • Vervang blou gloeilampe, veral in jou slaapkamer, deur geel gloeilampe.
  • Keer straatligte wat in jou kamer inskyn met gordyne of blindings.

Lees ook: Wat jy kan doen wanneer bekommernis oor werk jou wakker hou

  • Sommige Anroid-slimfone, soos Samsung bevat ook ‘n “blue light filter” waar jy jou foon se liggie heeltemal na ‘n warmer kleur kan stel.

  • Belê in goeie beddegoed.
  • Hou jou kamer aan die kant en rustig sodat klere wat rondlê en ‘n chaos jou nie laat dink aan wat jy eintlik nog moet doen voordat jy gaan slaap nie.
  • As jy geneig is om te jeuk, smeer ‘n strelende lyfroom (sonder bestanddele soos parfuum en alkohol) aan voordat jy gaan slaap.
  • Hou die temperatuur in jou kamer gemaklik (nie te koud of te warm nie).

Sommige dermatoloë meen blou lig-radiasie kan ook tot pigmentasie en aknee lei.

Die oplossing? Gebruik produkte wat anti-oksidante bevat om jou te beskerm.

Foto: Pexe;s

Probeer die volgende produkte

SkinCeuticals

SKINCEUTICALS PHLORETIN CF (R2 864) is ’n gunsteling van baie dermatoloë en is een van die eerste anti-oksidantserums. Velsorgkenners weet anti-oksidante soos floretien en vitamien C is wenners. Saam beskerm dit jou vel teen onder meer UVA-, UVB- en infrarooistrale, blou lig en besoedeling.

Dermalogica

DERMALOGICA SOUND SLEEP COCOON (R1 295) bevat anti-oksidante soos vitamien C, en Persiese syboomekstrak wat vrye radikale beveg. Dit bevat ook laventel wat jou lekker laat slaap.

DERMALOGICA PRIMSA PROTECT SPF30 (R1 099) dien as ‘n dagroom en beskerm jou vel teen die son en besoedeling en is ryk aan anti-oksidante en laat jou vel mooi glansend lyk.

Payot

Die Payot Blue Techni Liss-reeks is spesifiek ontwerp om jou teen blou lig te beskerm. PAYOT BLUE TECHNI LISS JOUR (R765).

LANCÔME

LANCÔME ADVANCED GÉNIFIQUE SENSITIVE ANTI-OXIDANT SERUM DOUBLE DROP (R1 050 VIR 20 ML) bevat bestanddele wat jou vel teen omgewingsfaktore soos besoedeling, blou, rooi en UVA-strale beskerm.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.